Jongste aktiwiteit:

Toom
vir

Toom

Lees meer oor Toom

Junie 2019 projek

2. 2: MET, OF HEUNINGWYN 

Die winter is n regte man, 2: MET, OF HEUNINGWYN
[245 WOORDE]

Die koudste koud wat ek ooit gekry het was die Kersfees toe ons kleinkinders met al die besoekooms en -tantes ‘n „sneeuwandeling” gemaak het en die dowwe „Opa” moes saam. „Koud is die windjie en skraal, en daarbuite. . .” En daar­buite kom Opa amper om in die hel, die yshel, die sewende hel, die aller, aller sewendste yshel.

Die trane het in my wimpers saamgevries, my wangbene, vingertoppe, tone, alles wat ‘n bietjie van my lyf afstaan, het afgebreek en gekraak soos wynglasies in ‘n renoster-arena. En terwyl die Duitse familie al sneeubal­werfend, vertellend wat hulle in die jaar beleef het, self na niemand luisterend, met die kinders skertsend, oor die diepvriesvlaktes van die voorhel gekuier-kuier het, het ek huistoe gestruikel en op my knieë vallend, my hande tussen die ribbe van die verhittingsstel [woordeboek] in-ge-druk-so-ver-as-ek-dit-moont-lik-kon. En my gesig daartéén. Die hele personaal en slaafhouding saam met aanverwante skoonfamilie, inklusief skoonvrou, kon niks tot belaafnis doen nie, totdat Sofia die briljanteste idee van haar lewe kry: „Met”, warm heuningwyn, met suurlemoen en, van kop tot voet in twintig sentimeterdikke veerbeddens ingewikkel, warm in te neem, daarna Kersfeesgans, warm uit die oond. Het gehelp, maar die parallelstrepe op voorkop en wange het tot na nuwejaar gebly.

Die manne van die Witwatersrand is hard. Ja-ja, weet ons al. Maar ek sê julle, daai man met die ystervlees wat nog soet nog suur is, is héél-wat harder as hierdie Benoni-boytjie. En ook die meeste ander Vaalpense ook nog, skat ek.

Toom




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed