Jongste aktiwiteit:

Palet (Suzette Strydom)
vir

Palet (Suzette Strydom)

Lees meer oor Palet

September 2018 – Spyse vir die siel projek

3.Drome word waar 

Onverwags kry Willemien ‘n oproep van ‘n ou bekende vriend, sy is so opgewonde sy kan skaars behoorlik praat op die cellfoon . “Hi Shaun, wat ‘n verrassing om weer van jou te hoor. Net nou die dag sit ek en wonder hoe gaan dit nog met jou, ons het laas so vinnig gegroet net nooit die tyd weer gehad om behoorlik te kon kuier nie “ Shaun lag aan die anderkant, “ ek het darm aan jou ook gedink en gewonder of jy al verloof of getroud is?. “Nee jong! Waar sal ek tog nou iemand kry wat met al my nonsens opgeskeep wil sit jy weet ek kan maar ‘n handvol raak met tye, “Willemien trek oudergewoonte haar groot bruin oë op ‘n plooi vir haar eie uitlating. “Ons moet plan maak iewers te gaan koffie drink, weer op te vang oor al die gebeure die laaste 5 jaar.“ “Beslis sal lekker wees,” sê Shaun met ‘n breë glimlag en met ‘n vonkel in sy oog.

Twee weke later ontmoet hulle in die mall by ‘n koffie kroeg. Willemien het haar hare ekstra mooi gesny en gestilleer vir die geleentheid, en in haar denim en gypsy bloes lyk sy asemrowend mooi. Sy kyk rond of sy nie vir Shaun iewers gewaar tussen die menigdom en gedrom van mense, dan vang haar oog die lang donkerkop man. Haar hart spring so paar keer wild in haar borskas en haar bene voel effens lam, nog steeds net so aantreklik dink sy by haarself en ‘n effense gloed sprei rooi oor haar wange soos sy bloos. Sy loop na hom en glimlag breed toe sy voor hom staan . “Hallo Shaun, man dis lekker om jou weer in lewende lywe te sien. “Shaun kyk met sagte oë na haar, “ Jy lyk nog net so pragtig soos altyd, verander ook niks soos my ma altyd sê vrouens verouder soos rooiwyn raak net beter en ryper met tyd.“ Hy glimlag vir haar, en gee haar ‘n stywe drukkie. Willemien snak na haar asem en glo hy kan hoor hoe wild haar hart nou klop, effens selfbewus loop hulle na die naaste tafeltjie , waar hy regoor haar gaan sit. Hy gee ‘n bossie vrolike blomme vir haar wat hy in die verbyloop by ‘n winkel gekoop het. “Dankie Shaun hulle is baie mooi,” jy is nog net so romanties soos altyd. “

Na ‘n gesellig kuier groet hulle mekaar, “ Sien jou gou weer Willemien, die keer moet ons nie weer so lank wag nie.” sê Shaun met ‘n ernstige toon in sy stem. Willemien stem saam, verseker wil sy nou gereeld kontak hou met hom en meer dinge saamdoen, hy is ook baie avontuurlustig en sy wonder of sy hom nie dalk moet saamnooi na haar wildtuin vakansie wat om die draai is. Die volgende week stuur sy ‘n whatsapp vir Shaun, “ Hi Shaun, wil jy nie saam my gaan vir ‘n paar dae net wegbreek uit die stad vir ‘n bietjie rus en vrede in die bosveld?” “Dit sal heerlik wees dankie, kan nie wag nie.” Sy lig hom in van die datums wat sy bespreek het en waar,” afgespreek dan,” sê Willemien in ‘n opgewekte stemtoon. Die volgende drie weke het gesloer, en hoe nader dit aan die tyd kom hoe meer benoud voel sy. Sy gaan saam hierdie man vir tien dae in die bos wees, sy ken hom nie behoorlik nie net vriende op whatsapp gewees vir paar jaar. Die kere wat sy hom gesien het was maar min, te kort tyd om iemand te leer ken.

Die dag vir hulle vertrek het uiteindelik aangebreek, dit is vroeg die oggend toe Shaun voor haar huis stilhou hy het aangebied om met sy kar te ry. Willemien nooi hom in vir ‘n koppie koffie en sy het reeds ‘n smaaklike ontbyt voorberei. “Mmm, wat ruik so heerlik ek is sommer nou vreeslik honger,” spot hy met haar. Sy glimlag verleë, ”net ‘n vinnige ietsie aanmekaar geslaan voor ons die pad vat.” Hy het omtrent die ontbyt geniet, “ dankie dit was heerlik Willemien.” ” Groot plesier, nou is ons reg vir die groot avontuurtog wat vir ons voorlê.” Hy pak haar bagasie in sy kar, glimlag vir al die tasse en kos. Vrouens pak omtrent hulle hele hangkas al gaan hulle net weg vir ‘n paar dae, teen sy rugsak lyk dit omtrent of hulle vir maande weggaan. Die pad het gou gevlieg, voor laatmiddag hou hulle by die kamp stil”. Dis ‘n lielike plek, met netjies toegeruste charlets vier in een kamp. ‘n Klompie bosvarke heet hulle welkom uitgehonger vir bietjie mens kos, “ hulle is omtrent mak sê Willemien terwyl hulle begin afpak.” Ja, die mense bederf hulle met gewone kos, maar wees versigtig hulle bly maar wild,” waarsku Shaun haar. Die kamer het twee enkel beddens wat styf teen mekaar staan, in die hoek staan ‘n tafeltjie met ‘n ketel en paar koffie bekers, sy sit haar tasse op die een bed neer.

Hulle het besluit om later uit te pak, wil eers alles gaan verken om hulle. “ Dis altyd so rustig in die bosveld,” sê Shaun terwyl hulle ‘n ent met die grondpad oploop. “Ek ontspan so lekker in die bos, niks gejaag of lawaai, mens se siel het nodig om soms net te ontlaai.” “ Dit is waar Willemien, ons het so min tyd net om af te sluit en weer vrylik asem te kan haal.” “Ek hoop jy gaan die verblyf saam my geniet Shaun.” “Verseker, ek voel al sommer klaar ‘n ander mens, meer ontspanne niks jaag mens hier nie.” Daardie aand maak hulle ‘n vuurtjie en braai vleis, hy skink vir haar ‘n glas droë rooiwyn en kry vir hom ‘n bier. Dit is ‘n lieflike aand, eintlik nog winter maar die klimaat is soveel warmer hier dat hulle tot laataand nog buite sit en gesels. Al die geluide om hulle, die gekwaak van ‘n brulpadda, die sterre wat helder skyn in die hemelruim dit is so mooi die skoonheid van die natuur hou sy eie bekoring in . Daardie nag slaap Willemien met mooi gedagtes, en sy droom van ‘n lang donkerkop man wat haar hart wild laat bons.

Vroeg die volgende oggend is hulle in die wildtuin, so halfuur sy ry van hulle kamp af. Wanneer hulle oor die krokkedil rivier ry voel dit vir Willemien eintlik nog ontwerklik. Sy kan nog steeds nie glo hy het ingestem om saam haar te kom nie. Shaun sien dat sy baie vêr dink en raak saggies aan haar hand, sy skrik wakker uit haar droomwêreld en kyk na hom baie bewus van sy aanraking. “Ek hoop ons is gelukkig en sien sommer baie diere,” probeer hy die ongemaklike stilte breek. Laat daardie middag hou hulle ‘n trop olifante dop wat langs die pad loop, “Dis darm maar mooi om hulle so naby te sien,” sê Willemien met bewondering in haar stem en neem ‘n paar foto’s. Hulle vergeet skoon van die tyd en merk later op dat dit al heelwat laat is. “ Gaan ons betyds wees vir die hek?” vra Shaun. “Ek dink so, ons moet nou net nie verdwaal nie hulle sluit die hekke al half ses en laat niemand dan uit nie.” “Ek het gehoor daar is plekke wat hulle mens laat oorslaap by die hek vir die wat nie betyds daar is nie,” se Willemien met ‘n terg in haar stem. Na ‘n hele ent hou Shaun stil, “ jong ek dink ons gaan hier slaap in die bos vanaand die grondpad voel darm nou te lank ons moes al lankal by die teerpad aangesluit het.” Willemien probeer op die GPS kyk vir die roete maar die opvangs is swak. Gelukkig kom daar ‘n motoris verby en hulle stop hom, “ Goeie dag meneer,” groet Shaun. Kan u asseblief ons help met die rigting na die naaste hek.” Hy neem hulle padkaart en trek vir hulle ‘n sirkel om die plek waar hulle nou is. “Nog so tien minute dan is julle in die teerpad dan so vyftien minute tot by die hek.” “Dankie meneer,” bedank altwee hom gelyk baie verlig dat hulle wel nog op die regte pad is. Dit was ‘n wonderlike dag, hulle het dit vreeslik baie geniet. Gelag, geterg baie gesels, heerlik piekniek gehou by ‘n uitkyk punt waar hulle onder in ‘n droë rivierloop twee seekoeie en ‘n kameelperd gewaar het. Die wildtuin is droog die tyd van die jaar, en die diere is beperk met watergate . Naby die kamp stop hulle by ‘n winkel en koop paar los goedjies, na hulle elkeen ’n drankie gedrink het by die restaurant is die al amper weer donker . Dit was ‘n plesierige dag en na ‘n heerlike aandete in die buitelug stap hulle terug na die charlet.

Dis Vrydag aand en Willemien is besig om slaai te maak vir die braai terwyl Shaun in ‘n lawwe bui is. “Kom ons dans,” hy soek gou op sy cellfoon ‘n lekker opgewekte dans liedjie, en sit dit kliphard aan. Gelukkig is hulle alleen in die kamp waar hulle is iemand kan kla nie. “Jy’s verspot,” lag Willemien Shaun trek haar nader en begin dans. Hulle lag so hard want dit is ‘n groot gesukkel om mekaar se ritme te leer kort- kort trap hy op haar tone. “ Ons moet meer gaan dans, ek geniet dit baie en dis goeie oefening ook,” ek stem sê Shaun. “Wag ek net asem skep,”Willemien gaan sit by die tafel sy lag so vir die laffigheid dat die trane rol. Van pret was daar geen einde daardie aand, foto’s is geneem van mekaar op die snaakste plekke en maniere.” Staan hier onder die takke dan loer jy vir my onder deur daai prieël, Willemien probeer tussen die blare deurkyk. Dit lyk vreeslik snaaks en Shaun kan nie help om uit te bars van die lag. Willemien dink dis vreeslik snaaks sy giggel aanmekaar. “Hang bietjie om die paal Shaun, dan neem ek jou af,” Shaun kyk met ‘n terg in sy oë vir haar en sy besef so in die stilligheid dat dit ‘n baie mooi man is, sy voel vlinders in haar maag en neem vinnig ‘n foto voor hy haar gedagtes kan lees. Na ‘n paar foto sessies langs die swembad hoor hulle skielik ‘n geritsel in die gras en ‘n benoude geskreeu van ‘n bosvark sommer hier naby hulle. “Wat was dit?” vra Willemien met groot oë, “ ek dink dis daai verdwaalde leeu wat hulle van praat hier in die park,” sê Shaun half onseker e nook skrikkerig. Sonder om te huiwer halrdloop hulle na veiligheid van die charlet en loer saam die donker nag in. Hulle het nog lank daarna gesit en lag vir al die pret daardie aand, na ‘n smaakvolle ete ruim hulle op en keer terug na die charlet. Hulle ontdek die beste en mooiste van mekaar ‘n kosbare tyd saam en hulle benut dit ten volle.
“Ek is lief vir jou Shaun,” hy trek Willemien tot styf teen hom en beantwoord haar met ‘n lang innige soen. Twee harte wat mekaar gevind het daardie nag, het een geword. “ Ek is reeds lankal lief vir jou ook,” sê Shaun met ‘n vonkel in sy oog. Hy trek haar styf teen hom en hulle lippe raak aanmekaar. Passievol soen hulle , ‘n lang verlore liefde wat ontdek is en hulle weet nou drome word regtig waar. In mekaar se arms raak hulle aan die slaap, ‘n nuutgevonde avontuur van liefde het ook vir hulle begin hier in die bosveld. Elke dag was ‘n nuwe belewenis vir hulle, die tye in die wildtuin langs die braaivleis vuur en nuwe dinge wat hulle van mekaar ontdek het. “Vandag is ons laaste dag hier, kom ons gaan bietjie na Kaapsehoop,” stel Willemien voor. “Ja dit sal lekker wees, ek was nog nooit daar nie het al gehoor van die sprokiesagtige dorpie net anderkant Nelspruit.” Dit was ‘n fantastiese dag, die dorpie met die wilde perde wat oral rondloop al die mooi winkeltjies al was dit ‘n koue winderige dag het dit hulle glad nie gepla nie. Elke oomblik het hulle geniet, elke uur van elke dag was onbeskryflik lekker, Willemien is nie vir ‘n oomblik spyt sy het Shaun saamgenooi nie dit was alles die moeite werd.

Vroeg die volgende oggende pak hulle, “ dankie Willemien vir ‘n wonderlike tyd saam jou ek is so dankbaar ek het die geleentheid gehad om saam jou te kon kom.” “Dankie vir jou ook Shaun dit was die beste vakansie wat ek nog ooit gehad het, ek sou dit nie anders wou hê.” Soveel mooi dinge het hier gebeur , en die mooiste van alles is dat hulle besef het hulle lief is vir mekaar.

Einde

Palet (Suzette Strydom)

Junie 2019 projek

3.’n Koue wintersaand (498 woorde)

Lank staan Werner op die balkon, en kyk hoe die koets in die donker verdwyn. Dit is ‘n knerskoue wintersaand Junie 1833, die mis hang laag oor die berge met die son wat sy laaste goud daaroor verf. Hy draai om, en stap in sy studeerkamer in. In sy boonste laai haal hy ‘n swart boek uit, maak dit sorgvuldig oop, soek versigtig na woorde en begin skryf.

Liewe Adelle

Ek mis jou vreeslik baie, elke dag voel soos ‘n ewigheid sonder jou. In die nag vlug ek vir die donker, en in die dag kruip ek weg vir die sonskyn. Al die herinneringe wat eens was, al die mooi is al wat ek wil onthou van jou, ons almal maak foute maar om te vergewe is soms so moeilik.

Dit is nou ‘n jaar wat ek jou laas gesien het, die egskeiding is nie maklik nie. Dit was ‘n moeilike jaar, ek besef mens kan nie alleen deur die lewe gaan nie. Om hardkoppig te wees vererger net dinge, ek wil graag omverskoning vra vir alles wat ek verkeerd gesê het. Tyd kan mens nie terugdraai nie, maar tyd is kosbaar om net so weg te gooi.

My verlange raak groter, en die leemte in my bestaan is ondraaglik. Ek het vandag ‘n lang ent langs die see gaan loop, my kop probeer skoonkry van al die vrae. Al wat ek vra, is nog een laaste kans. Soms is daar nie ‘n reg of ‘n verkeerd, maar wat in jou hart aangaan is al wat tel. Ek is lief vir jou.

Liefde groete
Werner

Hy skeur die bladsy uit vou dit toe, en sit dit in ‘n koevert. Nog lank het hy daar gesit tot die kers se vlam versmoor.

Vroeg die volgende oggend vertrek hy te perd na die dorp om die brief te pos. Dit is ysig koud, die sneeu lê spierwit oor die berg se rug, die snerpende koue sny deur hom. Die sonsopkoms vang sy oog, en hy bring sy perd tot stilstand.

“Dis darm maar mooi, Pegasus.”

Die perd runnik sag, so asof hy verstaan wat in sy baas se kop aangaan. Verlangs kan Werner sien hoe die son se strale in die branders speel, dit gooi ‘n goue baan oor die water. In ‘n droom sien hy Adelle, met haar blonde hare en vinnige stappie. Hy sien hoe sy tussen die branders speel, vrolik lag en vir hom waai.

“Ek wens jy was hier, ek wil jou wys wat in my hart aangaan. Ek wil jou vertel hoe mooi is jy vir my, met jou sprankellende persoonlikheid en positiewe uitkyk in die lewe. Winter het koud in my hart kom lê, en ek voel soos ‘n boom se kaal takke weerloos in hierdie koue seisoen. Ek pos vandag ’n brief vir jou, en al lyk woorde klein op papier stuur ek vir jou emmers vol geduld, bokse vol liefde en die wêreld se omgee saam met dit. Ek mis jou baie.”

Palet

Oktober 2020 – OOP Projek

2.Disa-blom

Dit is ‘n bedrywige dag op oom Sampie se plaas, vandag is die groot dag waaroor hy al soveel jare droom. Hy trou vandag met tannie Cotie van Hexsrivier vallei se kontrei. Vandat hy ‘n seun was het hy al probeer om haar sy meisie te maak, maar tannie Cotie was altyd baie onvriendelik teenoor hom. Hy was ma ‘n lelike seun, baie sproete met rooi hare. Almal het hom altyd gespot daaroor, hom ‘Wortel’ genoem. Een ding Wortel het hom nie laat onderkry deur al die boelies nie, hy het uitgeblink in akedemie en sport.

Hy het dan ook na skool gaan verder leer, maar na sy graad het hy besluit hy gaan boer op sy oupa Stefaans se plaas. Sy oupa kon nie meer boer nie hy was te oud, Sampie het na sy oupa se dood die plaas ‘Bergsig’ geërf. Dit het ‘n beeldskone uitsig oor die Hexrivier en berge. Nog net die donkie inspan voor die karretjie, maar hy sukkel om vir Wouter die donkie te vang, hy is weer steeks vandag. Na ‘n groot gesukkel het hy hom voor die ingespan. Hy het alles blink gepoets, selfs Sampie het ‘n yslike bloedrooi strik om sy nek gekry, en ‘n yslike strooihoed op sy kop.

Ongeveer agt uur vertrek hy na die onthaal, dit is ‘n wolklose dag en baie warm. Halfpad rus hy onder ‘n groot boom, vat ‘n groot sluk van sy wyn en geniet een van die vetkoeke wat sy buurvrou vir hom gegee het vir padkos, dit is ‘n vêr pad en sy ken Sampie hy hou van eet. Wouter gevaar ‘n wyfie donkie so paar meter van hulle af, hy gee so skop en hardloop na haar toe. Hy sleep die wa wat omgeslaan het agterna, en jy sien net stofwolke.

“Hokaai! jou verdomde donkie.” Skree Sampie, sy stem raak skoon hees van die stof en spoeg. Die donkiekar rol al in die rondte, en jy sien net bier bottels trek deur die lug.

“Nee! Wat ‘n gemors, dit is ‘n ramp hierdie. Wat gaan ek nou doen? skree hy baie benoud.

Die troue is oor drie ure, daar gaan nie tyd wees om weer bier te gaan koop nie, wat nog van sy vuil klere. Hy gryp sy kop vas tussen sy hande, begin hardop te huil sonder trane. Intussen hardloop Wouter nog steeds agter die wyfie aan, mens sal sweer hy’t nog nooit ‘n wyfie donkie gesien nie, sover soos wat hy hardloop balk hy kliphard.

“Gee my krag Heretjie, dit moet ‘n nagmerrie wees dit wat ek nou sien gebeur is nie waar nie.”

Hy vee sy oë ‘n paar keer uit, maar sy sig bly dieselfde, en so ook die skokkende prentjie voor hom. Na ‘n uur kom Wouter tot stilstand, sy tong hang behoorlik op die grond so moeg is hy, Samie, probeer die waentjie se wiel aansit, dit het losgegaan toe hy omgeslaa het. Wouter stink op ‘n afstand hy is sopnat van die salpeter, hy lyk skoon bekaf oor sy verlies, die wyfie het hom ‘n behoorlike gatskop gegee. Sampie se klere is vol stof, hy probeer dit afskud maar maak net ‘n groter gemors. Sy hare is deurmekaar, en het ‘n vuilkol oor sy wang. Hy besluit om maar te red wat daar te redde is, en hervat sy reis. Hy daag laat by die kerk op, Tant Cotie is ‘n stresbal, sy het al gedink hy het koue voete gekry.

“My genade Sampie. Was jy in ‘n oorlog? My liewe aardetjie tog, kyk hoe lyk jy en Wouter.”

“Dit is ‘n konsternasie op ‘n ander stasie gewees Cotie, die meneer het mos besluit om agter ‘n wyfie aan te hardloop, Die waentjie het omgeslaan, na ‘n gespook en spartel kon ek die wiel weer vassit.”

Die troue het egter voortgegaan, met tye het die gaste uitgebars van die lag want oom Sampie het vreeslik gelyk. Dominee het egter sy pous gehou om nie te lag nie. Ten minste weet Tant Cotie dat haar man een is wat sy woord hou, ten spyte van wat gebeur het, het hy nog steeds gekom. Oom Sampie is altyd ‘n bok vir sports, hy het homself behoorlik geniet met al die aandag, en sy vrou was nog altyd beeldskoon vir hom gewees. Hulle slaap oor by ‘n vriendin se gastehuis, dit is hulle trougeskenk van haar. Na ‘n lekker bad en skoon klere voel hy weer perdfris, en kan vir die eerste keer saamlag vir die donkie mannewales. Na ontbyt vertrek hulle terug plaas toe, hulle ry ‘n ander pad want Sampie is bang dat Wouter weer daai wyfie gaan gewaar. Het hulle maar geweet wat wag vir hulle…

Later die middag begin dit te reën, in die Quado-bergreeks, naby De Doorns. Die roete is naby oom Sampie se plaas, so paar kilometer verder met ‘n kronkelpad is ‘n afdraai na Hexrivier. Deur renosterveld en karoobossies, is dit ‘n baie moeilike pad met ‘n donkiekar om te ry. Die wind het erg gewaai, dit is ‘n rotsagtige, klipperige bergreeks. Oom Sampie se keel trek sommer toe want hy besef dat hulle skuiling sal moet soek, hy weet ook dat die aande baie koud word, en dat hulle kan verkluim. Hy probeer kalm bly en nie vir tannie Cotie opwerk nie, sy is ook reeds baie gespanne oor die sitausie.

“Sampie, jy moet versigtig wees die pad is glad, netnou tuimel ons hier in die afgrond af.”

Dit is erg onweer en die blitse weergalm deur die klowe, die volgende oomblik skrik Tant Cotie so groot sy skree kliphard. Langs die pad staan ‘n vrou met ‘n spierwit trourok aan, sy het lang blonde hare wat wild deur die wind verwaai is. Sy is sopnat gereën, en staan stoksiel alleen. Sy waai vir hulle en wys om te stop. Sampie stop langs haar, en kry ‘n yskoue rillings teen sy ruggraat af. Wouter begin onrustig rond te trap, en sy oë is so groot soos twee pierangs. Sampie kan nie mooi hoor wat die vrou sê nie, sy mompel iets en dit klink baie onduidelik.

“Goeie dag dame, wat is fout?”

“Ek, soek na ‘n motor waarin ek gery het, my man was ook daarin. Ons het hier om die draai gekom, toe verloor hy beheer oor die kar, en stort hier in die afgrond af. Dit is ons troudag vandag, en ons was oppad na sy huis toe.”

“Hartjie, kom klim in die wa jy gaan dodelik siek word om so in die reën te staan, kom ek gee vir jou ‘n kombers dan hang jy dit om jou.” praat tant Cotie met ‘n huiwerige stem. Die onbekende vrou klim in die waentjie, en gaan sit lang tannie Cotie. Sy is baie mooi, maar spierwit en bleek soos ‘n spook. Na ‘n hele rukkie stop oom Sampie, hy klim uit die wa, die dame het gesê sy wil afklim sy hoor iemand roep na haar. Dit is egter nie moontlik om iemand te hoor in die swaar weer nie, die jong vrou loop ‘n ent op in die pad, en verdwyn soos mis voor die son. Oom Sampie skrik hom boeglam, hoe is dit moontlik sy het nou net daar geloop nou is sy net weg.

“Hallo, hallo!” roep hy onseker na haar.

Hy hardloop tot waar sy gestaan het. Daar is geen teken van die bruid nie, die volgende oomblik hoor hulle net ‘n geskree van ‘n vrou wat klink of sy vêr val. Hy besluit om terug te ry tot waar hulle haar gekry het, en sowaar daar staan die vrou weer. Weer help hulle haar tot in die wa, en ry dan verder. Alles gebeur weer soos tevore, sy klim af om die draai, en verdwyn toe sy wegstap. Tannie Cotie is eintlik met die helm gebôre, sy het vermoed dit is ‘n spook maar het stil gebly. Sy weet oom Sampie is erg bang vir spoke wat dwaal, die vrou het op haar troudag hier saam haar man verongeluk hulle is albei oorlede.

Oom Sampie het nie veel gepraat die res van die pad nie, hy was stom geslaan deur die gebeure. Hy kan nog steeds nie glo hy het ‘n spook gesien nie, sy was so duidelik spoke sweef mos gewoonlik in die lug, en het nie voete nie. Hy kyk kort- kort of dit tannie Cotie is wat langs hom sit, nou vertrou hy glad nie meer die vrede nie. Die arme vrou, dit moet seker hel wees om so rond te dwaal, en te bly soek na haar man. Dit is die eerste keer in sy lewe wat hy so iets gesien het, en hy hoop ook dit is die laaste keer sy hart sal dit nie hou nie.Toe hulle op die plaas aankom laat daardie middag, was hy en tant Cotie uitgeput, dit was ‘n onvergeetlike dag. Wouter, was baie onrustig, hy het geweier om in die stal in te gaan oom Sampie moes hom op die stoep van hulle huis laat slaap. Later deur die middernagure staan Sampie op en gaan sit op die stoep om sy pyp te rook, hy kan nie slaap nie die spoke jaag hom rond. Hy is so ingedagte dat hy nie tant Cotie hoor praat langs hom nie. Sy sit haar hand om sy lyf, hy skrik so groot gooi sy pyp dat hy doer trek.

“Grote griet my vrou! Amper dog ek dis daai spookvrou wat haar arm om my sit.”

Hulle lag so lekker die trane loop, later voel albei sommer baie beter. Daai spook was ‘n groot ontnugtering vir hulle gewees, hy het al gehoor die mense praat van haar maar het niemand geglo nie. Wel sien is glo, het hy altyd gesê nooit geweet sy woorde gaan waar word nie.

“Kom my man, kom ons gaan slaap hierdie was nou genoeg aksie vir ‘n hele leeftyd se onthou.”

Nou is oom Sampie baie verlig hy wou ‘n disa-blom vir tant Cotie daar in die kloof by Matroosberg gaan pluk het. Om saam met daai spookbruid rond te dwaal laat hom sommer van vooraf koue rillings kry.

Palet




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed