Jongste aktiwiteit:

Piet Potlood
vir

Piet Potlood

As magistraat het ek met kommandodag op Prieska reeds baie mense met die hand
gegroet toe meteens ‘n klein verskrompelde mannetjie voor my staan.

Hy word voorgestel: “ Mnr. Piet Beukes.” “Mnr. Piet Beukes?” vra ek.

“Ja, burger Piet Beukes, of sal ek sê, Piet Potlood?” “Piet Potlood, my wêreld man, is dit jy?”

Ek draai na die kommandant. “Vriend, ek sal later verder groet, nou moet ek eers gesels.” Hy lag.

“Daarom het ek vir Piet laaste bekendgestel.” Ek druk die mannetjie
in ‘n stoel langs my: ” Warempel kêrel, dis ‘n verrassing! Wat het van jou geword
nadat jy die tronk opgeblaas het?”

Hierdie Piet was ‘n welgestelde met ‘n gawe familie maar as kind het hy baie swaar
gekry. Ek onthou hom nog: ‘n jammerlike voëlverskrikker van ‘n kêreltjie, so krom
en maer soos ‘n verkluimde windhond.

Met die uitbreek van die Engelse Oorlog was hy omtrent 15 jaar oud, met sulke ou
dun armpies en bene. As jy met wil baklei dan hardloop hy weg. En tog kon hy meer
optel as die grootste seun en twee groot seuns kon hom nie vashou as hy wou
wegkom nie. Sy vernaamste kenmerke daardie tyd was oë wat altyd rooi was en ‘n
neus wat altyd gedrup het. Eintlik was die gedurige gesnuif maar van pure
senuweeagtigheid. Piet het by ‘n oom gewoon, ou Carel Vlotsma, die dronklap
van die dorp.

Maar nou moet ek eers ‘n paar woorde oor ons ou dorp Potchefstroom sê, die
eerste hoofstad van ons ou Republiek.

Dit was ‘n waardige dorp met ‘n goeie landros. Wes-waarts het die pad na
Klerksdorp se kant toe verby die tronk gegaan, toneel van Piet se kordaatstuk
toe hy….maar wag ons kom nog daarby. Kort duskant die Noorbrug het daar
‘n pad die dorp verlaat in die rigting van Ventersdorp. Hierlangs het die
“burgerregte” gelê, watererwe wat vroeër uitgedeel is aan burgers wat aan
die kafferoorloë deelgeneem het.

Dit was arm maar goeie mense wat hier gewoon het. Dis hierv waar Piet Potlood
se vroue-kommando wat die Engelse gestorm het toe …. nou ja, waar hul vandaan
gekom het.

Ou Carel en Piet het in die een ‘ondergedeelte’ van die dorp gewoon, naby die
Vlei, ‘n woesteny van water en riet. Hier was ook die Duiwelsgat, ‘n grusame plek
met water so swart soos ink en so dik soos etjiesop. Geen seun wou ooit binne
honderd tree van dié plek af kom nie, behalwe….. Piet Potlood.

Dis hier waar Piet die berugte Zulu-spioen Nyati …. Ieder geval, kort voor die oorlog
het Piet sy eerste werk gekry as aflewerseun by ou Garlick, die winkelier. Hy was nou
skoon, sy hare was gesny en vir sy drupneus het hy ‘n behoorlike sakdoek gehad.

Maar alewig was daar, nes die hoofklerk van die winkel, ‘n potloodstompie agter sy oor.
Vandaar sy permanente bynaam ‘Piet Potlood’. Met die uitbreek van die oorlog het Garlick
se winkel egter gesluit en Piet was weer op straat. Gedurende die eerste maande van
die oorlog het ons hoera geskree maar toe begin dinge misloop. Eendag was die
Engelse daar. Die gewapende burgers in die dorp was moedeloos en het ‘n eed
geneem dat hulle nie weer sou veg nie. Voor die landroskantoor moes hulle
wapen neerlê en kon dan huistoe gaan.

Die hoop geweers is met lampolie aan die brand gesteek. Die houtkolwe het
natuurlik verbrand maar die lope en slotte was ongedeerd. Weke lank het die hoop
ou yster daar gelê en stilletjies al minder geword. Die Engelse het ‘n aanval van
Genl De Wet verwag en was te besig om hieraan aandag te gee. Een môre toe ons
wakker wordwas die Boere weer daar.

Die meeste burgers sluit dadelik weer aan. Maar waar is die stukkende geweers
dan nou? Hulle kort tog net ’n kolf om weer te kan skiet.

Lubbe, wat reeds een geweer reggemaak het, sê skielik: “Piet Potlood moet weet. Hy
het elke dag daar rondgestaan.” Piet word gehaal. “Ja, ek het hulle vir die Boere
gebêre!” Almal lag. Piet ‘n volks-held?

Maar die geweers is herstel en drie weke later op die plein aan Genl. De Wet oorhandig.
Hy het ‘n kort toesprakie afgesteek en toe roep hy: “Piet Beukes!” Van agter het Piet
deurgedruk tot voor die Generaal. “Piet, jy het ‘n knap ding gedoen! Potchefstroom
behoort trots te wees op sy seun!”

Vir Piet was dit die begin van ‘n nuwe lewe….

Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed