BIE VIR MY HART Hoofstuk1
BIE VIR MY HART
Marthie Joubert
HOOFSTUK 1
NA BAIE JARE
Elmey Furstenburg gly teen die kant van die groot Isuzu-beestrok af en beland voete eerste in die lang nat gras van die parkeerterrein van die Ark, waar die Boere vendusies maandeliks gehou word.
Waarom het sy nie haar gumboots of minstens haar lang stewels aangetrek nie? Hoe moes sy van daar bo af sien die flippen gras is nie gesny nie? Wonder of sny hulle die goed ooit nog?
“Dit alles lyk so vreemd, Daniël,” gesels sy, toe haar handlanger om die voorkant van die beestrok gestap kom.
“Ja-nee Mme,” gee hy toe, “dis lank se tyd terug, ek was ok nie weer hier na Morena Frans se afsterwe nie.”
Sy knik en trek haar jeans se nat broekspype vieserig op. In haar lewe het sy al baie dinge aangepak, maar hierdie is iets nuuts. Na haar egskeiding het oupa haar stadig maar seker by die boerdery ingelyf en haar ’n paar van die trieks geleer. Boer-dery is nie eintlik op haar lys nie, meen dis nou so ver van haar eintlike neëring af, as wat kan kom.
Haar byvoorbeeld gehelp nie vir die gespierde rooi afrikaner beeste, waarvoor sy ’n heilige vrees het, so bang te wees nie. Sy het selfs later ’n pragtige, wilde afrikaner-versie met ’n bottel groot gemaak en haar Salley gedoop. Gou het selfs die groot plaas-honde nie meer kans gesien vir Salley se stampe en stote nie. Ook Mamma se arme blombeddings het kwaai deurgeloop.
Sy en Salley het gehardloop en gespeel, die sweet tap naderhand, sy val plat en Salley spring oor. Een keer was sy bietjies te stadig en spog toe met ’n gebreekte arm.
Oupa sit sy voet neer. “Wat as sy vir jou raak getrap het?” Het Oupa bekommerd -kwaad geraas.
Was dit nou ’n tranedal! So is Salley toe verkoop en die geld in haar spaarreke-ning geplaas. En steeds voel dit vir haar na verraad.
SY VERKEN DIE TEREIN
Nou staan sy hier die bedrywigheid en aanskou. Sy moet erken, dis heel anders om hier rond te speel as kind en ’n ander storie om self te kom bie.
Sy slenter by die huishoudelike goed verby. Nee, sy is nie in rommel geïnteres-seerd nie, daarvan is daar oorgenoeg op die plaas. Gits, sy kan gerus daarmee kom smous, hier is ’n mengelmoes van alles en nog wat. Sy is egter hier met net een doel voor oë, om ’n melkkoei te kom koop.
By die krale staan ’n paar boere rond, kraë hoog opgeslaan, hoede laag afgetrek. Een van die manne is opvallend langer en jonger as die res, maar almal se baadjies is tot bo toegerits teen die koel oggendluggie.
Haar oë dwaal oor die malende beeste. Die gebulk heel agter in die kraal trek haar aandag. Daar staan ’n klompie pragtige diere rond. Almal jerseys. Een van daardie pragstukke sal ’n goeie koop wees, redeneer sy by haarself.
Haar oog vang egter die glimmende rooibruin afrikaner vers hier voor haar, sy skat haar sowat elf, twaalf maande oud, amper so oud soos haar eie twee jersey verse wat sy by oupa gekry het.
Dis nou nie eintlik waarvoor sy gekom het nie, maar méns, dit is ’n pragdier. Sy verkyk haar aan die trillings wat af en toe deur die dier se lyf gaan. Hulle kyk mekaar in die oog en onwillekeurig dink sy aan haar hansvers Salley en wonder opnuut wat van haar geword het. Seker maar geslag, is mos ’n vleisbees! Mompel sy vies.
“Mooi ding,” prewel sy teenoor die vers, “wil jy ook uitbreek soos ek al so dikwels wou doen? Ek dink ons twee sal goed oor die weg kom.” Hardop belowe sy: “Vandag gaan jy saam met my huis toe.” Vergete is die eintlik rede vir haar besoek aan die Ark.
Sy stap tot by die groep boere en skraap haar keel. “Môre, menere.” Die lang man is weg, merk sy. “Verskoon my, begin hulle die veiling nog steeds met die diere?”
Die manne kyk Elmey verbaas aan. Sy voel ongemaklik onder hulle takserende blikke en vervies haar. Wat is dit met mans en hul ewig dwalende oë? Net toe sy begin dink niemand gaan reageer nie, kom daar uiteindelik reaksie, maar dis nie die gewenste een nie.
“Het julle nie ’n program gekry nie?” Vra een.
“Is julle nuut hier?” Vra ’n ander.
“Eintlik wou ek net weet of die diere nog eerste opgeveil word, menere!” Ergerlik wip sy om en stap weg. Kan ’n mens nie ’n reguit antwoord op ’n simpel vraag kry nie en wat is dit met die ge-‘julle.’
SY TEL ’N BEWONDERAAR OP
Aan die ander kant van die terrein, by die koffiekroeg oorkant die biertent, is Roelf de Lange, op die punt om aan te stap met ‘n papierbeker warm koffie in die hand. Hy het klaar besluit waarin hy belangstel. Daardie rooi afrikanertjie is ideaal vir slagdoeleinde. Sy vrieskas is dolleeg en die volk is gewoond aan hulle porsie vleis elke week en hy kan beslis nie nou onder sy eie beeste begin slag nie.
Geamuseerd kyk hy na die verontwaardige stappie van die aantreklike vreem-deling. Hy kan nie anders as om dit ten volle te waardeer nie. “Ken jy haar, Dol?” Wil hy weet. Dol kyk op van waar sy besig is om die mense te bedien.
“Dis dan jou buurvrou, oorlede Frans se broerskind, al van Nuwe Jaar af hier, hoe dan nou?” Vra sy verbaas.
“Sy is ’n verfrissende briessie op hierdie vervelige vendusie,” mompel hy inge-dagte.
Elmey stap die kantoor binne en tel een van die vendusiepamflette op. Vind uit sy moet eers registreer en ’n nommer bekom vir die veilig. Met die uitstap kyk sy vas in die gesig van die lang man wat sy by die skaapkraal opgemerk het. Sy trek net aan haar pet en knik erkennend met haar kop na sy kant toe.
Roelf de Lange erken egter haar groet met ’n breë glimlag en ’n diep frons.
En die frons? Wonder seker ook soos die ouer mans wat ’n vrou hier kom soek, dink sy ergerlik. Sy kry die idee die manne hierlangs is nie gewoond aan vrouens wat ook kan boer en deelneem aan ’n bieëry nie. Sy sien hom terugstryk krale se kant toe. Waarin sou hy tog belangstel?
Die gesprekke verander en almal stroom na waar die skape, eerste onder die hamer kom. Ag vader tog, sy wou nog vir Daniël roep, nou moet sy maar alleen deurdruk. Haar denim span effens om haar bobene, daar waar sy teen die onderste dwarslat van die beeskraal trap en met haar elmboë op die boonste een leun. Aan-dagtig beskou sy die spul, maar wend geen poging aan om self te bie nie, luister net.
Nooit verwag sy sou erf nie, al was pa Frans vir haar soos ’n eie pa. Op ’n beter tyd kon dit egter nie gebeur nie.
“Hy voorsien ons van ons daaglikse brood Elmey, nie van die week se kruide-niersware nie. Jy sal ontvang wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het.” Oupa se sê altyd, onthou sy.
Die afslaer se stem is nou net ’n veraf gedreun. Sy vergaap haar aan die angstige bieëry by die klomp skape en hou hulle fyn dop.
Met ’n “Ag nee, verdomp!” spring sy eenkant toe. “Dit kom nou daarvan!” Swets sy saggies, toe een van die koeie haar stert lig en ’n miskoek netjies op haar skoen plant. Die gedreun van stemme is al amper by haar. Sy probeer ongesiens van die bol ontslae raak, maar toe sy opkyk, is dit weer in die spottende blou oë van dieselfde lang man.
Ruk jouself reg en maak skoon vrou. Dis nie nou tyd vir tjank of weghol nie, raas sy met haarself, want dis hoe sy nou voel. Jy’s hier om ’n koei te koop. Staan jou staan vroumens. Haar gedagtes is nou weer ten volle by die bieëry. Sy hou die bieërs fyn dop, maar treë tog effe terug.
Dis ’n nuwe veld besef sy, dis een ding om toe te kyk hoe ander dit doen, maar ’n heel ander storie om dit self te doen.
Die bod word toegeslaan op die lang man, wat nou net met ’n grinnik op sy bak-kies na haar gekyk het. Nogal netjies geklee, som sy hom op. Donker krulhare steek onder sy breërandhoed uit. Hy stap weg, die trotse eienaar van ’n stuk of vier pragtige ooie, sommige lyk swaar dragtig.
Dan kom die varke onder die hamer. Sy kyk hulle vieserig aan, trek haar neus op en won-der wie in hulle sou belangstel. Onwillekeurig begin sy rondkyk of sy die lang man gewaar. Ja, daar koop hy ’n uitgevrete sog.
Vandag is sy hier om haar kudde uit te brei met een melkkoei. Haar oë gly weer oor die jerseys in die verste hoek, maar die afrikaner vers trek haar aan soos ’n mag-neet en Salley is weer vars in haar geheue. Hoe het oupa nou weer gesê? Bou jou kudde stadig en leer hulle ken. Wel die grond kan so veertig beeste dra, sy sal dit ont-hou.
Daar is amper ’n wilde opgewondenheid in haar binneste toe hulle uiteindelik by die beeste begin. Die lang vent is hier ook, lyk my hy bie nou op al wat roer. Dink sy terwyl sy hom op en af bekyk.
Die afslaer skuif eerste na die afrikaner vers toe en begin die bot op twee-duisend rand. Outomaties vlieg haar hand op, nommer in die lug. ’n Doodse stilte sak oor die klomp manne neer. Selfs die afslaer hak vir ’n sekonde vas. Die langman staan effens nader. Hy kan sy oë en ore nie glo nie.
“Tweeduisend een,” kry die afslaer sy stem terug.
“Tweeduisend-twee het ek,” hy beduie na die man wat sy hand net effens lig.
Weer skiet die nuweling se nommer omhoog.
“Tweed- drie, twee- drie” dreun die afslaer se stem voort.
Vir wat lyk die man so geamuseerde? Sy vies haar toe die lang vent weer sy hand lig. Hy dink seker dit sal ’n lekker slagdier uitmaak, hy’t sommer die vark ook klaar gekoop om wors die te maak. Hierdie opkomende boervrou sal hom wys, alles is nie net vir slag nie, verwat anders sal hy op dieselfde vers as sy bie? Sy weet dis’ n vleis bees, sy moet net die arme dier red.
“Tweed- vier, twee- vier,” draal die afslaer se stem.
Vererg kyk die swartkop na haar opponent, haar pet nou in die hand, ’n swartlok val oor haar skouer
“Dis my koei daai,” sê sy vies en weer vlieg haar nommer omhoog. Sy mis die ondeunde glimlag om sy mondhoeke.
“Twee-vyf het ek, twee-vyf,” dreun die afslaer voort. Dink die vent dis ’n speletjie? Wil seker kyk wie gaan wen? “Salley ek sal nie nog n afrikanertjie laat slag nie,” belowe sy saggies.
Met ’n glimlag wat strek tot in sy blou oë, lig hy sy hand weer effens.
“KOEI” Hoor sy hom stik.
“Tweeduisend en ses, tweeduisend ses…” dreun dit voort.
Sy weet nie wat daar is om oor te lag nie, daai smile op sy bakkies, vee sy van-dag af, hy geniet dit sowaar! Sy vrieskas sal vandag leeg bly, glo my.
“Sal jy verdomp nou ophou!” Snou sy saggies, met die wete sy kannie veel ver-der gaan nie. Die donker oë spoeg vuur, sy druk haar pet terug, donker krulle peul parmantig uit. In haar gedagtes sien sy nog hoe hulle Salley van haar af weg vat en laai.
“Dis mý koei daai,” sus sy vies en weer vlieg haar vinger vasberade omhoog. Sy kyk rond, nee dis net hulle twee wat bie.
Die afslaer kyk vraend na die ander bieër, Roelf skud sy kop net effe en knik met sy kop na haar kan toe.
“Tweeduisend sewehonderd, vir die eerste maal, vir die tweede maal, die derde maal. Bod toegeslaan op nommer 148.” Kom die hamer neer.
“Yes!” sȇ sy saggies en kyk haar opponent oorwinnend aan.
Met ’n tergende glimlag knik hy net sy kop. Sy kry die indruk hy weet iets waar-van sy nie bewus is nie, of dalk is dit net suurdruiwe. Sy het gekry waarvoor sy gekom het, sy gaan Daniël soek.
Waar sou die ou siel wees? Wonder sy en begin rondkyk. Sy sien haar regter hand by ’n klomp afvalyster staan. Onthou skielik, hy het haar vanoggend gesê, hulle benodig so ses pale om die hoek net onderkant die dam te herstel. Sy weet nie wat sy sonder hom sou doen nie. Die ouman en sy vrou Henna werk jare al by Pa en ken die boerdery van binne en buite. Sy stap haastig in sy rigting, hak vas en struikel oor ’n graspol. Voordat sy egter haar balans heeltemal verloor en neerslaan, kry ’n paar hande haar stewig van agteraf beet.
“Versigtig nou! Jy kan nie noual jou nek breek nie, wat van jou koei?” Sy kyk om, vas in ’n paar spottende blou oë en voel ‘n warm gloed teen haar wange opskuif. Sy voel sy son-warm lyf teen hare.
“Dankie vir jou besorgdheid oor my koei, Meneer…”
“Roelf, noem my Roelf,” nooi hy haar.
“Roelf,” sy kyk op na hom. Hy hou haar steeds aan haar elmboë styf teen hom aan.
“My arms asseblief, meneer Roelf,” stadig laat hy haar gaan.
“Dankie, moenie dink ek sal jou lig vergewe vir die hoë prys wat ek moes betaal nie.” Roep sy oor haar skouer toe sy wegstap. Sy hoor hom lekker agter haar aanlag. Daniël staan nog by die hoop ysterpale en wag.
“Daniël, ek het vir ons ’n pragtige vers gekoop,” deel Elmey hom mee. “Dink jy hierdie pale sal werk?” Alles so in een asem, wyl sy na die hoop kyk.
“Hulle sal werk, Mme, hulle sal werk,” hy buk af en sit nog ’n rol binddraad by.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.