BLOM VAN LEVUBU
Marthie Joubert (2245 woorde) Mei Projek
Verwonderd staan Amarilda van Eeden by die ingang van die Pietersburg Munisipale gebou. Sy staar na die netjiese uitleg van die tuine voor haar. Na Pappa se skielike dood, het sy dadelik aansoek gedoen vir die pos en is in ekstase dat haar aansoek geslaagd was.
Ai, dis so hartseer om Mamma nou alleen op Levubu agter te laat, arme Moeks, dink sy en vee die rooikrul uit haar oë, maar anders kan dit nou nie.
’n Songebruinde jongman, geklee in kort kakiebroek en opgerolde hempsmoue, kom die trappe twee, twee opgedraf met: “Haai daar,” groet hy en draf deur die swaaideure.
Haar belangstelling lȇ in die rigting van Landskapargitektuur, dis hoekom sy in die parkeafdeling wil werk om soveel moontlik ondervinding op te doen as wat sy kan. Haar geboorte dorpie, Levubu, is ’n pragtuin opsigself.
Dieselfde vent kom weer uit, woerts by haar verby en spring die trappe drie-drie af met: “Nog hier?” Vra hy en hol hy voort.
Ingedagte dink sy aan haar lewe. Sy’s laat skool toe en het dus eers op negentien matriek geskryf. Gelukkig is sy aanvaar by die Pukke. Dit was nogal ’n aanpassing, sy was die oudste van die groep maar het dit terdeë geniet. Pas haar eerste jaar voltooi, toe die ramp hulle tref! Pappa se dood!
“Goeie môre skoonheid, is jy hier geplant of soek jy iemand,” vra die aan-treklike langbene, toe hy weer terugkeer en die trappe twee- twee vat en voor haar tot stilstand kom.
“Môre Meneer, ek is geholpe dankie,” antwoord sy beleefd.
“Pasop vir vasgroei nȇ, dan voed en water ons jou net hier.” Laggend kyk hy oor sy skouer:
“Die deur werk so hoor,” gly hy tussen die swaaideure deur.
“Vlieg man!” snou sy saggies. Verbrande vent, dink hy sy’s onnosel? Sy hak die handsak oor haar skouer, dink hartseer daaraan dat dit nou haar tweedejaar op Universiteit moes wees, maar nouja. Sy stap deur die swaaideure.
“Sien jy’t dit reggekry,” lag hy en draf aan die anderkant deur.
“Verdomp weer hy!” Sy kyk rond of iemand haar nie hoor nie.
“Goeie môre,” groet sy die dametjie agter die ontvangstoonbank. Emmie Scheepers, kyk op vanaf die leër voor haar, “kan ek help dame?” Vra sy vriendelik.
“Amarilda van Eeden, ek is hier vir die Sekretariële pos in die parkeafdeling?” Sȇ-vra sy.
“O ja, ons verwag jou, sien jy staan en staar so oor die tuine,” lag sy vrolik.
“Kom ek vat jou gou op na die tweede vloer toe, dit sal jou nuwe tuiste wees hier, die res ontdek jy maar so op jou tyd, oukei?” Sy vat die voortou en Amarilda agterna.
“Ek haat huisbakke,” sȇ Amarilda toe hulle by die huisbak kom. “Die tweede vloer sȇ jy? Ek kry jou daar.” Ingedagte begin sy die trappe opdraf en loop haar vas in ’n paar lang bruingebrande bene.
“Kan jy nie kyk waar jy loop nie,” sy kyk op in ’n paar laggende katgrys oë.
“My vader, ek het nie geweet sulke mooi potplante kan beweeg nie,” hy hou haar ’n oomblik vas. “Jammer dit gaan maar haastig vandag hoor,” hy laat haar stadig gaan en draf verder af.
“Daai ding met die deure wat so oop en toe gaan is ’n lift hoor, hy gaan so op en af dan laai jou af waar jy wil wees,” lag hy en draf hy verder.
“Nou gebruik die ding dan, voor jy jouself verongeluk,” sny sy agter hom aan. Vir ’n oomblik staan sy doodstil, “dis wraggies weer die trappe vent.” Sy haas haar na bo.
“Wie dink hy is hy?” Uitasem stop sy. “Jammer man,” vra sy om verskonig, “amper loop die simpel vent my van die trappe af,” sê sy vies.
“Dis seker Eben, hy hardloop altyd.” Gesels Emmie en wys haar die groot teekamer aan die linkerkant van die gang, met ’n groot gesamentlike kantoor net langsaan. Die kleiner kantoor langsaan daai kantoor regs, is joune,” beduie Emmie.
“Hoop jy sal gelukkig wees hier, ons is eintlik maar net een groot familie.”
“Baie dankie,” bedank Amarilda haar. “Ek’s bly dat hier groot vensters is, ek haat klein donker plekkies.”
“Kom, ek gaan stel jou eers voor aan die ander dames,” sy stap voor tot in ’n groot kantoor oorkant hare. Die gebabbel hou ’n oomblik op en almal word aan al-mal voorgestel.
“Ester Brits, is die hoofdame hier,” word sy aan ’n statige dame voorgestel.
“Sy sal jou verder touwys maak,” handig Emmie haar oor. “Laat ek terugkom by my toonbank, Sarel antwoord net fone jong, hy weier om die navrae te doen,” lag sy en draf terug.
“Kom,” nooi Ester, en begin vooruit stap in die rigting van haar nuwe kantoor.
“Dankie Mevrou,” begin sy…
“Nee spaar my daai een asseblief,” lag Ester, heelwat ouer as Amarilda. “Noem my gerus op die naam.”
“Moeilik vir ’n plasie soos ek hoor, ons glo nog maar aan die tien jaar en ouer storie.” Al geselsend hang sy haar handsak oor die stoellening en bekyk die kantoor vol leërs. “Genade waar op aarde begin mens?” Sy begin blaai deur die een wat ooplȇ.
“Nee wat, dit is nie so erg nie…,” begin Ester, maar word in die rede geval…
“Hoe lyk dit met ’n bietjie tee, Es,” kom ’n mansstem van die deur se kant af.
“Net ’n oomblik Eben, ons bring nou-nou antwoord Ester.
Eben, sy het die naam al gehoor. “Wie is die Eben vent?” Vra sy sonder om op te kyk. “Is dit die vent wat soos ’n warrelwind is. Genade waar kry hy daai lang tan bene wat tot onder sy arms strek?” Vra sy en blaai aan sonder om op te kyk.
“Ek vertel jou,” kom dit weer van die deur se kant af. “As jy my sȇ waar jy daai prag-tige naam kry, en waar kruip jy die hele tyd weg?”
Sy kyk op, vas in dieselfde katgrys oë. “Man, het jy nie ȇrens om heen te hol nie, wel vat dan die pád,” sonder meer begin sy verder blaai, kyk aandagtig na die datum en sê half verbaas.
“Die leër lê al ’n geruime tyd hier.”
Ester verstik amper langs haar, sluk ’n slag en begin dan stout lag. “Los eers dan gaan wys ek jou waar ons die tee maak.”
Geduldig volg sy haar Senior. “Die verbrande vent het regtig ’n cheek, wat doen hy, is hy ’n bode of wat, hy’s net ooral?” Sê-vra sy en klink vererg.
Ester wys haar ’n blikbeker, ’n enamelmelkbekertjie en suikerpot, oorhandig aan haar ’n regte erdeteepot en ’n ronde blinkskinkbord met die woorde:
“Vat maar eers vir jou baas, hy’s in die kantoor net langs joune, dan kan jy hom sommer ontmoet.” Die stout glimlag klou aan die ouer vrou se mondhoeke.
“In ’n blikbeker?” Vra Amara verbaas. Wel as dit inlywing is, speel sy saam. Sy sal hulle wys.
Met ’n skalkselaggie steeds om die ouer vrou se mond, sit sy Amarilda agterna.
In die deur van sy kantoor steek Amarilda vas. Weer hy! Onhandig stamp sy teen die deurkosyn en stort die hele skinkbord vol. “Jy! Hemel is jy oral?” Stotter sy.
“Amarilda laat ek jou voorstel aan ons hoof, meneer Eben van Zyl.” Vir al die tee in China, kan Ester haar lag nie hou nie. “Sorrie man, ek dog jy weet,” troos sy. Dis ’n erg ontstelde jong dame wat terughardloop kombuis toe, skinkbord en al. Bloedrooi, loop sy terug na haar kantoor toe, gryp haar handsak en tranerig sê sy:
“Nee wat, hier sal ek nie deug nie!”
*
“Jongdame, waar dink jy gaan jy heen?” Vra die stout stem agter haar.
“Huistoe, as jy moet weet.” Swaai sy haar rooihaarlok agtertoe.
“Dis nog nie vyfuur nie en as jy jou kontrak gelees het, sou jy gesien het dis driemaande kennis, so sien jy’s vas.” Hande gevou oor sy bors en ’n glimlag wat tot in sy oë strek, staan hy daar. “Jammer jong, ons ontmoet met so ’n gestortery, maar dis nie so erg nie, jy’s nog net so mooi en in diens, oukei?” Hy tree weg.
“Wag ek loop liewer,” koes hy kamstig met, “lyk my jy’s baie lus en gooi my met daai handsak en ek het nie meer siekteverlof nie,” gee hy pad.
As hy maar weet hoe reg hy is, dink sy wrewelrig, as ek wraggies nie die geld so nodig gehad het nie, en wat van Mamma? Daar was nie ’n goeie piesangoes laas jaar nie, en Mamma wil graag die plaas behou, dit was maar met Pappa se siekte dat dit bietjie verwaarloos het. Daar’s nou ’n goeie voorman en sy is seker alles sal nou weer regkom, maar nou is daar eers ’n geld nodig. Sy moet ook bymekaar
maak vir haar verdere studies. Moedeloos sak sy agter die tafel neer. Sit ’n oomblik met haar kop in haar hande.
Verdomp, sy sal hom wys! Beslis staan sy op, skud die rooi haarlok agtertoe en stap kombuis toe, maak ’n vars pot tee, dek ’n skinkbord met melk, suiker, blikbeker en al en stap na sy kantoor toe.
“Mag ek maar inkom,” vra sy gedwee.
Hy bedewing die lag wat vlak sir, netnou gooi die rooikop hom rrig met iets.
“seker wil jy nie saamdrink nie? Nooi hy vriendelik’
“Daar’s net een beker soos u kan sien.
“Ag nee mens ek is jammer jou eerste dag skop so goor af.” Hy klink so boetvaardig dat sy skoon kinderagtig voel.
“Kan ek vir u skink?” Vra sy ewe onderdanig.
“Asseblief twee suiker en roer dit sommerlinksom dankie” sê hy stout.
“Sal ek dit vir u drink ook?” Kyk sy hom skeef aan, draai om en stap uit. “Verbrande vent,” sy haal diep asem. “Nogal aantreklik, wat ’n dag!” Brom sy onderlangs.
***
“Trek lekker gemaklik aan môre, juffrou, of mag ek jou maar asseblief Amarilda noem en ek’s Eben, wat sȇ jy?” Vraend wag hy vir haar antwoord terwyl hy in die kantoordeur bly staan. Hy kyk op sy horlosie: “Pak maar op jong, daai goed is nie eendag se werk nie,” wag hy nog op ’n antwoord. “Ons kyk later watter regtig eerste gedoen moet word, dit sal ook afhang van wat ons ontdek môre.”
“Wat bedoel jy met gemaklik?” Sy frons verbaas.
“Sommer jeans en platskoene…,” verder kom hy nie.
“Kantoor toe?”
“Nee, ek wil jou van die parke gaan wys, wat onder ons beheer val, daar’s glo ’n paar probleme en dit vat baie loop, sien jy kans?”
“Enigiets, om in die buitelug te kom sal welkom wees, baie dankie,” stem sy nou gemoedelik in.
***
Met ’n rooihaarlok oor haar skouer, geklee in ’n pragtige pienk-bloesie en bloujean met pienkseilskoene, daag sy die volgende dag op.
Eben gee ’n wolwe fluit. “Ek hoop nie ek verloor jou tussen die blomme vandag nie,” sȇ hy en maak die motordeur gelant oop.
Sy bloos bloedrooi, nie seker of sy haar moet vererg, of hom moet bedank vir die kompliment nie, sȇ dan maar net, “dankie,” en skuif in.
Hulle ry deur die dorp. Eben beduie wat hulle werk behels. Sy luister aan-dagtig. Hy laat alles so opwindend klink. Hulle bereik die eerste park. Sy is so opge-wonde as sy na die rye rose kyk, dat sy sonder seremonie uitspring en na die eerste boom hardloop.
“O, dis pragtig!” roep sy vrolik uit toe sy die roosboom by die ingang van Ivy park sien, ’n diep amper fluweelrooi roos. Sy hardloop nader. “Kyk net die mooi kleur,” roep sy opgewonde uit en buk vorentoe. “Eina!” Skree sy en klap sy teen haar nek.
***
“Hemel Suster, hoelank gaan dit nog vat?” Hoor sy deur die waas.
“Amarilda!” Vȇraf hoor sy stemme.
“Word wakker mens, moet asseblief nie nou iets oorkom nie,” sy voel die koel lap op haar voorkop. “Kom terug man, ons het dan nou-net ontmoet en ek wag so-lank al,” neul hy.
Hoor sy reg, lewe sy nog? Wat het gebeur, waar is sy?” Verbete probeer sy onthou. Hoekom sluk sy so swaar? Wat’s in haar neus…? “Waar is ek?” Kom dit hees. Haar geswelde hande gaan na haar neus toe maar ’n paar sterk koel hande vat hare vas.
“Nee los eers jong, ek roep die Suster, wag nou, los die drup!” Hy lui die klok-kie asof die wȇreld vergaan.
Die Suster kom met ’n spoed die saal binne. “Wat’s hier aan die gang?”
“Sy’t bygekom, dankie tog, ek dog sy word nooit weer wakker nie,” dis ’n erg benoude stem hier langs haar. “Dankie Vader,” Eben buk vorentoe. “Het jy geweet jy’s allergies vir bysteek?” Vra hy bekommerd. “Jy kry dadelik ’n ‘Medi Allert’ arm-band verstaan!” Klink hy streng.
Sy skud net haar kop heen en weer en voel hoe hy weer ’n koue lap om haar geswelde keel vou.
“Amarilda, skoonste lelie, word asseblief beter!” sy kop sak op haar arm.
***
“Meneer van Zyl, jy kan gerus nou maar gaan rus, jy sit al heelnag hier,” hoor sy die Suster. “Ons sal mooi na haar kyk.”
Heelnag? Wonder sy verward, heelnag? Stadig kom die gebeure terug.
“Skoonste lelie, belowe jy word gou beter en kom terug na ons toe.” Saggies soen hy haar op haar hand. “Ek gaan gou vir die spul in die kantoor sȇ jy’s terug by ons, hulle sal baie bly wees.” Moeg staan hy op en rek homself lánk uit.
Skeef glimlag sy, want dis hoe sy haar naam gekry het: Pappa het vergeet op watter naam hulle vir die baba besluit het, want sien, almal het ’n seun verwag. By die blomwinkel steek hy toe voor ’n pragtige bloedrooi Amarilla lelie vas, koop dit vir Mamma en kondig toe ewe droog aan: “Amarilda, is haar naam, ons pragtige liefste lelie!” Dit vertel Mamma haar later.m
“Is daai glimlag vir my? Hoop so!” Saggies vee hy ’n rooihaar weg en soen hy haar teer op ’n geswelde voorkop. “Word gou beter skoonste lelie.”
Ällergies vir bysteek?” Mompel sy deur ’n geswolle keel en sluk moeilik aan die hap koue jellie. Hy is die pyn deur en deur werd! Glimlag sy en sluimer in.
Lank staan hy nog in die deur en staar na die skoonheid voor hom. “Die wag was die moeite werd!” Sug hy moeg-tevrede.
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek