Jongste aktiwiteit:

Blom Visioen

fyn tuine
blom onder fyn sproei water
om groen gemanikeerde grasperke
in optimale bemeste grond
vereis daaglikse versorg
om die blomkant voor te hou

growe tuine
het een styf toe agterdeur kraan
lappe karre op kaal stofgrond grasperke
kaallyf hoenders bemes die jaart
al groen een blou bloekomboom
om die blinkkant voor te hou

vet tuine
staan geduldig stil in winde
lappe grys styf saamgepak die grasperke
hier en daar ń wit hondedrol
grys aalwee al groen
om bietjie uniekheid voor te hou

tuine omring
almal se tuistes
paadjies is plooie uitgetrap
kleure smeer oor velle
maar onder lê rooibloed sweet
die tuingesig van mense

sagte velle is water verlief
growe velle is water sku
vet velle is water spaarsaam
bemesting is egter altyd nodig
vir die groen skyn
in elke tuin




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed