
Boeke Lewe
Boek Lewe
Eeue se dink
dink, skrifel saga
oor dink, hersien
weer skryf, gepen toe getik
gebore op ń besige lessenaar
ń manuskrip.
Versend in afwagting,
ontvang in druk besigheid
geallokeer toe geredigeer
versend na drukkers
met ń onderliggende
besigheids plot.
Baseer op vinnig lees
spreek resensies boekdele
buiteblad vang die oog
als om lesers te verlei
so verkope,
te gelei.
Onder stof en spinnerak,
ongeag die skoonmaak,
staan soldaat
duisende blaaie gebind
in buiteblad
ongelees
alleen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.