Jongste aktiwiteit:

BOSORKES IN MIKROKOSMOS

Hoor hoe tjippertjirrr
van die sysies in die bos,
Hulle soek na kos
voor hulle woerrr woerrr weer,
die lug in op.

Rooibokke snork en snak
na asem
al langs die kobbel-kabbel
van ‘n waterstroom se wasem.

Veraf die dreuning van dromme se dawer
as swartwitpens pote skuifskuur
tussen takke en blare.

Met een opswaai van die stok,
het ‘n visarend a-simetries
die stuk beein”dig” van Bartok.

MCDb




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed