Jongste aktiwiteit:

Breinrokke

flits van lig
fluister van ń stem
oopvlek van ń landskap
maande se hongerly
gebeure stryk geheue
voue in sagte
breinkleed

tyd in nano sekondes
bou op na millenniums
belewenisse herleef
in digitale rekords
individu geheues
ontvou uit sagte
breinkleed

gebeure nou beleef
herhinneringe van legendes
onbetwisbaar werklikheid
in tydelike mode kleed
skeur een onthou
in duisende
breinrokke




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed