Jongste aktiwiteit:

BRENDIN KIND

Brendin die kind wie se siel deur sy oë glimlag
dan wonder ons oor jou laaste minute gedagtes
jy het teen n oornag baklei
geworstel teen die dood wat geweld in swart letters uitspel
jy is ons land se bittereinder
jy het gestaar in die oë vol haat
in sekondes gelees gedagtes van n barbaar
hande het ongenaakbaar na jou gegryp
demone in n veld teen n engelkind
jou regterhand was vergruis baklei
vir jou lewe wat in hul oë minder geag was as die tou waarmee jy vasgemaak was
elke koningskind salueer jou
jou naam is in die boek van die lewe
verewig sal ons jou naam onthou
sal ons die nagedagtenis van jou voete was
geregtigheid sal aan die hemel se klok hang
as die Groot regter op Sy troon gaan sit
tot dan blondekop kind
mag jy op Jesus se skoot sit
jou kleed dra God se naam die mantel van vergelding wat Hy om jou skouers hang
@Loret Zwarts
Bronsgradering




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed