Daar staan die wind ook stil.
Ek dwaal deur sterrestelsels
en delwe in sy voorhowe
van angs en donkerheid
opsoek na die waterkelders
die hemel deure is gesluit
sou ek dit noem,
bitterheid slotte
vir geen antwoorde
daar staan die wind ook stil
in die holte van wolke
ontdek ek ʼn opening in sy bank
starend van waar ek kom.
08/10/2015 om 2h11.
6 Kommentare
-
-
Anze
baie mooi Arnold
-
Koekekranka
Arnold, beslis baie dieper as maar net 'n natuurversie!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
arnold hierdie werk het n ongekende diepte