Jongste aktiwiteit:

Daardie sleutelgat Woorde 775

Daardie sleutelgat

*

Die Skot Alexander Graham Bell is op 3 Maart 1847 gebore. Alec se ma was doof en later sy vrou Elisha Gray ook. 1870 in Ontario Kanada, op die ouderdom van 23 het hy begin eksperimenteer met klank, en toestelle soos die harmoniese telegraaf om veelvuldige boodskappe oor draad te stuur. Die fonoutograaf om klank op te neem. Hy wou soveel as moontlik die wetenskap van klank bestudeer om dowe mense te help. By baie mense het Bell as die vader van dowe bekend gestaan.

In 1872 begin hy by Clarke School for the Deaf in Northapton vir dowes onderrig gee. Op 26 jarige ouderdom word hy professor in vokale fisiologie en elokusie, hoewel hy geen universiteitsgraad gehad het nie.

Bell wou die telegraaf verbeter wat alreeds 40 jaar bestaan het. In 1875 ontdek Bell dat klank ook deur ʼn telegraaf oorgedra kan word. Alexander het op 14 Februarie 1876 aansoek gedoen vir telefoon ontwerp patente. Bell se aansoek op papier is glo eerste ingedien, en die ink was skaars droog, toe daar meer as 600 regsgedinge teen Bell begin word. Vyf regsgedinge draai in die Amerikaanse hooggeregshof. Bel se patent is vyfde gelys terwyl Gray s’n 39ste gelys is. Op 10 Maart 1876 is daar vir die eerste keer ʼn telefoon gesprek gevoer tussen Bell en Thomas Watson.

Tussen 1877-1878 word die eerste telefoonlyn, met ʼn skakelbord, gebou. Drie jaar later is 49 000 telefone in gebruik. In 1885 word die reus AT&T gebore uit Bell en ander maatskappye.

Antonio Meucci ʼn Italiaanse immigrant het in 1871 ʼn voorbehoud (uitvinding) ingedien, maar het nie genoeg fondse gehad nie, eers op 11 Junie 2002 is sy werk vereer.

Bell het sy eie uitvindsel as steurend beskou in sy studeerkamer.

Daardie bekende skakelbord wat so mooi pryk as ʼn duursame meubelstuk, se ereplek is deesdae in museums te vinde.

Ek onthou daardie eerste dag, so vêr terug as 1978. Daardie nuwe ervaring, waarvan ek geen kennis gedra het nie, het soos ʼn berg voor my gelê. Die telefoniste het ook maar net gewonder oor my aanleg, om al daardie sleutels en kabels van die skakelbord onder die knie te kry. Eers verwonder ek my hoe al daardie kabels soos brons soldate in hul eie plek, in ʼn duursame hout kabinet, ingeryg staan.

“Is jy nog hier groentjie?” Dan sien ek hoe die kabel uit die sleutel getrek word en teruggly na sy eie plek hier reg voor my oë.

Ek is spraakloos oor hoe kalm sy daar op haar pos is. Dis net trieng-trieng en ʼn gelui in verskeie toonhoogtes … alles is net te vinnig vir my onervare oë. Ek probeer tel hoeveel kabels en sleutels daar is. So vinnig as wat ek kan tel verwissel daar al weer een kabel na ʼn ander sleutel. ‘Ag! Ek sal later weer probeer tel.’

“Jy moet onthou en nog maal onthou … hierdie sleutel is die Brigadier se sleutel en privaat hoor!” Daar is nie eers meer ʼn duidelike nommer om elke sleutel van die ander een te onderskei nie. Soos al die vorige operateurs sleutels gemis het, sal ek ook aandeel hê in die mis korreling na die sleutels op die paneel. My woordeskat is beperk tot my alledaagse gebruik, wat nog van al hierdie nuwe terme.

Sy staan op, strek van die lang ure se konsentreer en laat my voor die skakelbord stelling inneem. Twee oorfone word bo-oor my skedel gehaak, sodat my ore nou elke gesprek in my klapperdop laat indring. Daardie krom pyp met sy mikrofoon neem stelling in voor my mond. My hart wil uit ritme klop oor die nuwe ondervinding. ‘Ag! Hierdie ou se stem klink soos ʼn verwonde buffel s’n.’ “Kom groentjie … jy is hopeloos te stadig … laat jou mond en hande saamwerk.” Deur al die aarsel en mik … besef ek een ding: hierdie telefoniste se ore luister fyner as muis ore. ‘Wie sal nou daardie een wees wat soos ʼn kapokhaantjie so al om sy stem pronk?’

Ek sien hoe sy haar handsak vat en loop. Hier wag die sekondes nie vir jou. Per ongeluk maak ek die lyn oop … net om te hoor hoe die stem soos ʼn verwoede seekoei aan die anderkant van die lyn weerklink. ‘O, geduld, op geduld, aan die ander kant van die vervlakste sleutelgat is nog minder verdraagsaamheid.’

Met die koms van die eerste selfoon netwerk in 1993, begin ook die era waar landlyne al meer die nekslag toegedien word. Die selfone het by die dag al slimmer geword, met jou hele menswees wat ontbloot word tot in die fynste besonderhede; verslaaf en ʼn slaaf vir die moderne tegnologie.

*

©Arnold

8 Mei 2024 om 17:13

Woorde 775




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed