Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dans Skaal

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 25 Junie 2021 Aantal woorde: 65 170 Kere gelees 5

maag werk
sonder nood
sweet bars uit
sonder oefening
mond droog
sonder waternood
brein staan stil
bene wals
die liefde dans

maag werk
uit nood
sweet bars uit
deur oefening
mond is droog
in waternood
brein flits rond
bene ratel
die nood dans

lig en swaar word
universeel
in massa bepaal
skrik en lag
in oorsprong
onbepaald
geen een maat
vir hierdie
liewe lewens dans




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 570
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 211 gaste aanlyn

Bydraes – Argief