Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die edik in my woorde

Deur Anze
Datum gepubliseer: 2 Mei 2016 Aantal woorde: 138 1151 Kere gelees 11

JY, die eens held
van my kinderdrome
en die redder van my vrouwees vrees
het jou verwerping louwarm
teen my siel se binnenaat kom lê
dit was toe die ongestotterde woorde
in dade voelbaar was
wat die stilswye skerp
soos dolke deur my
kon priem

deur ontkenning van my bestaan
is my drome in flardes gebreek
en het my trane (tesame met
jou ongestorte liefhê-woorde)
in die kleur van granaat
deur my hart se vloer geval
wyl dit erosie slote skeur
deur eens geborge wand

dis dan wat ongebore sinne
vergete bloedsirkels trek
op my brose menswees
sodat my seer soos rooi
proteas kelk
en die edik in my mond
kopsku hang soos die sonneblom
(as die saad moet swel)
in aandskemer se
verlepte geel

© Anzé Bezuidenhout

 

*Digter staan buite inhoud van gedig (slegs teenstellings uitgelig)




TEMAS
8 Kommentaar
  1. Kiekies

    2 Mei 2016

    Puik puik puik voorwaar!

  2. neels

    2 Mei 2016

    Sjoe Anze dit is n pragtige hartseer gedig van n verlate liefde in hartseer gedompel

  3. Koekekranka

    2 Mei 2016

    Ek moes werklik hierdie werkie drie maal aandagtig oorlees (…eers met die oog, toe met die hart en toe met die siel!) voordat maar net ‘n skramsheid van jou boodskap van verwerping my tot absolute bewustheid daarvan koud kom vasklem het. “n Puik werk gevul met keurige en passende gebruikmaking van metafore.

  4. Arnold

    2 Mei 2016

    Ek dink dis een van jou bestes wat ek al gelees het, die manier hoe jy die verwerping van ‘n onskuldige maatjie se vertroue wat teen die grond gewerp is, uitbeeld.

  5. Anze

    3 Mei 2016

    Baie dankie Kiekies, Neels, Arnold en Koekekranka vir julle goue spore en dieplees hier op my werf, ek waardeer dit baie

  6. Viooltjie

    3 Mei 2016

    Die gedig werk pragtig om die tema na vore te bring, Anze. Baie goed gedoen 🙂

  7. Evelyn van der Merwe

    3 Mei 2016

    Hierdie is uitsonderlik gepen. Hou daarvan.

  8. Anze

    3 Mei 2016

    Baie dankie Viooltjie en Evelyn vir julle goue woorde ek waardeer baie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 288
Kommentaar telling: 3222

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 2 kleinseuns en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 365 gaste aanlyn

Bydraes – Argief