Jongste aktiwiteit:

Die ewige Lig

Die ewige Lig

*

O Betlehem, hoe verlate is jou weivelde,

eensaam jou herders in die val van stille nag,

uit ʼn enkele ster skyn ʼn helder gloed van lig,

stip-staar na belofte wat uit Jakob sal kom,

¨

ja, die beloofde Lig wat vir die sondaar kom,

die nag luier stil met ʼn goue straal wat verlig,

alles op een slag van wonderlike prag, net hier,

engele koor besing die koms van die Messias,

¨

die Heiland is gebore, die kosbare Lig vir ons,

vir elk van ons wat verlore is in die sonde-nag,

iedere een bring lof en eer aan die Kindjie klein

in die donker tye van sonde wat elk versmoor,

¨

salig diegene wat Hom het as ewige Verlosser,

hul sal in der ewigheid nooit beskaamd staan

wanneer die storms om hul gedurig woed.

*

©Arnold.

18 Nov. 2024 om 16h58




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed