Die feite van die lewe.
Ons leef in ʼn kunsmatige
hoedanigheid
die lewe is nie meer so danig
dit is ʼn koop vandag
en ʼn weggooi môre.
Die lewe het sy status verpand
en alles is nou uit verband.
Die eie ek, lewe in my eie baan
vas geval in die lewens wentelbaan.
Vra ek om hulp
kan hý homself nie help
dus die lot in lewensdryfsand
wat ons almal tot raserny dryf.
6 Kommentare
-
-
Kiekies
Sjoe, hierdie een laat my hart swaar voel. Is dit hoe die lewe dan geword het? Regtig? Goed bewoord om emosie te ontlok.
-
neels
Goed gestel Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie laat my dink aan die gesegde: Ons is so besig om te oorleef dat ons vergeet om te leef... baie goed gepen