
Die Groot Verwoester
Bonsende hart, knieë swak
oë en oordeel verdof
is die lewe
in liefde verward.
Bedink, gevoel verwoord
gesoek gestroop,
in tydelike belustigheid
vir ń liefdes
taak en maat.
Elke liefde vervat
ń strewe weg
van die muwwe
nou realiteit
ń hunkering na
ń nuwe nou.
Liefde verdoesel
die eie pad
van self reis
in eie waardes
deur verlief te neem
met anders.
Liefdesversugting na ander,
eie belang ten spyt
verjaag die eie haat
met ‘n nuwe Judas kleed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.