Jongste aktiwiteit:

DIE HELER.

Omdat U neerbuigende goedheid
innig warm in tederheid ontvou
kon U my in hierdie koue nag,
dieper onder U hart in vou.

Omdat U ontklee, in géseling gehoon
wreedheid gely het van ‘n wêreldse verloën,
trek U my nader teen U bors,
en uit gesweepte sielsfonteine
stroom die lewende water
vir my dors.

Omdat U die trane ken
van elke meedoënlose pleit,
wat krete deur die liggaam skeur –
soos korrels wat weerloos bloedbars en versamel in ‘n kuip
haal U my versigtig weer daar uit.

Maar nogtans sal ek jubel
want net U kon in foltering helend bedek,,
stukke van my vlees skielik uit my hart geruk –
en met letsel hande ewig daaroor buk.

MCDb




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed