Die keer gaan ek nie uitmis.
Ek slaan my oë op na die horison
soos die tyd aangerol kom
verskyn ʼn tonnel wolkkolom
in sy kleurvolle gewaad.
Die tonnel wolk draal
in formasie lae, van
witgrys
liggrys
pimpel-pers
ʼn prag van skakerings.
Glyvlieg die wolke lugstroom
van regs na links
sweef die bo formasie opwaarts
in ʼn aanstormende wolkegewelf.
In ʼn oogwink van ʼn sekonde
wig dit in ʼn ysterhoef formasie
die regterrand aan´t kom
met linkerrand in trurat aan
en die opwaartse formasie in gelit.
Somber aanstormende newels
versmelt tot ʼn sambreel -
Nog ʼn bewonderenswaardige tafereel
uit God´s hand.
23/01/2014. om 8h30.
8 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goeie beskrywing van 'n naderende storm. Baie goeie titel :-)
-
neels
Arnold die treffende foto rond hierdie pragwerk volmaak af
-
Meermin
Jou woorde beeld die storm perferk uit. Goed gedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige en gevoelvolle gedig