Jongste aktiwiteit:

DIE ONGEDULD IN WAG

Hier sit ek nou vir die tweede week en wag.
Ongeduld klop kort-kort aan my deur en dan bevind ek myself in n gejaagde onrustige gemoed. Mediesefondse is n goeie ding, maar die raad van trustees verander gedurig aan sekere konsepte op die opsies. Jy dink nog jy is veilig tot jy magtiging nodig het dan kom jy eers agter wat die groot druk gee vat die klein druk weg .
Jy betaal die vreeslike bedrag elke maand terwyl hulle elke finansieële jaar meer voordele wegvat of n kinkel in die kabel inweef sonder enige kennisgewing aan enige iemand.
Dit laat my agter met hande in my hare want waarvoor betaal mens dan nou eintlik elke maand .
Vir sekere voordele moet jy n groter pakkie vat en die tammeletjie in netwerk opsies. Dan lees ek hoe lyk staatshospitale en die mens se patetiese aanmerkings dat n mediese fonds of gesondheidsorg net vir ryk mense is.
Ek is nie ryk nie inteendeel kry ek baie swaar terwyl kanker se swaard oor my kop hang . Ek wag vir n baie groot rugoperasie waar hulle nou skielik bybetalings op het wat nooit daar was nie. Mens kan net die opsie neem wat jy kan bekostig en juis nou met my ondervinding kom ek agter hoeveel voordele is weggevat van verlede jaar af tot die jaar. Intussen is daar klaar n verhoging in elke maand se premie, maar wees op jou hoede jou voordele het gekrimp soos die rand.
Gebed versterk jou geloof , maar hande arbeid sit kos op die tafel. Nou vra ek net vandag weet ons hoe ons daagliks besteel word met alles wat net opgaan, kos, petrol en alles denkbaar het net onbekostigbaar geword.
Dan kan ek net vra, Here waarheen verder as pyn my daaglikse brood geword het.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed