Jongste aktiwiteit:

Die regte tyd Woorde 509

Die regte tyd

*

Traag is die voete en gemoed in hierdie karmosyn lewe wat soveel uitdagings bied. Te besig om jou eie lokvalle te stel vir die wis en onwis in die lewe … te besig om te wys dat jy enigiets vir iemand kan beteken … te selfbewus van jou eie ego wat jy graag wil hê dat ander mense dit vir jou streel. Daardie sogenaamde belangstelling in doodskis-spykers, met geen emosie vir daardie gesneuwelde opponent van my, lê hierdie tergende hede nie net voor mý deur nie.

Ek het my vrugbare saad gesaai dat jy hier verniet kan kom oes, ongelukkig het jy dit elke keer van die hand gewys. Die saad wat gesaai was met ons ‘te besige lewe’ het nou hul leë-belowende-vrugte in ondankbare hande laat bloei. Die doodsengel loer nie net op my kosbare lewe nie. Gewis, loer hy eers op dié se lewe wat naaste aan jou verwant lê. Verbrou of nie verbroude kanse kruis menigmaal ons weë … tot op ʼn tydstip waar verspeelde tyd uitgeloop het. Baie vrees vir daardie ses voet ysige grafkelder wat die uitgang versper deur gevoellose klam grond. Daar gaan ons alleen ons lê moet kry met geen omdraai kans nie.

Jou gewete gaan jou nie troos daar by my oop graf wat net eenmaal op my pad sal kom. Menige male die verwyt: Plaas ek meer tyd gespandeer het terwyl ons golf-frekwensie herhaaldelik onderbreek was. Verwyte kan die gewese tyd nie terugkoop nie, so ook nie jou venyn woorde wat op die hart geëts is. Nuwe woorde wat die lig sal sien vir hierdie vergange lyf, sal ék gewis nie kan hoor nie, maar wel diegene wat luister na jou onsimpatieke gevoellose woorde daar langs my graf.

Ja, daardie kamma wens of skynheiligheid het niemand al gepatenteer om daaruit geld te verdien nie. Daardie empatie van jou … of ek wel in die paradys gearriveer het, sal jy nooit van kennis dra nie. Daardie kosbare dae, wat elk die laaste paar sekondes probeer inhaal om die tyd tot stilstand te bring, het geen vrugte afgewerp nie, want ons was te besig in ons eie uitmekaar-val-lewe. Hartverskeurend is die werklikheid … nie een van ons wou graag tyd maak om mekaar te sien nie. Jy wat agterbly … hoe gaan jy my sien daar anderkant van die koue-dood, wat nog van om my daar te vind?

Kom, laat ons nou mekaar se besoedelde-stof-gebore-spore vind dat ons die saak hier kan uitklaar. Ons albei leef net eenkeer in hierdie verbygaande wêreld van uiterstes.

So maklik word vinger gewys: ‘haal eers die balk uit jou oog om beter te kan sien’. Dis waar! Tog weet ek dat ek nie perfek is nie, daarom probeer ek my gebrek perfek te verwerk en aanvaar.

Die graf neem graag sonder om te vra, die dood kan nie jou boodskap aan my oordra, al bid jy hoe hard vir daardie laaste stonde.

Daar is nooit ʼn perfekte tyd, dis nou of nooit, koop nou die tyd uit, terwyl die bloed nog vars in die are pols.

*

©Arnold

10 Julie 2021




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed