Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die rooimaan droom.

Deur Anria
Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 Aantal woorde: 81 1146 Kere gelees 16

… en dit was
so duidelik soos daglig
(al was dit in die aand)
dat die seer
wat ek gedink het gaan my breek
het my toe skaars geraak.

Jou houe
en woorde
en vloek op vloek op vloek
het nie die eerste laag
van my bestaan deurgedring nie.

… en met ’n glimlag om my mond
het ek onverskrokke
stil gestaan
dat vergifnis en vrede
met ’n slyp skerp mes
die besmette vel
stukkie vir stukke
van my lyf afhaal.

 

© Anria (22/02/2016)




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Evelyn van der Merwe

    14 Maart 2016

    Daardie vergifnis en vrede kan wondere verrig. Goed gepen.

  2. neels

    14 Maart 2016

    mooi geskryf Anria

  3. Kiekies

    16 Maart 2016

    Sjoe mens, dis treffend!

  4. Anria

    17 Maart 2016

    dankie julle xxx

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief