Jongste aktiwiteit:

Die Son Sak

soldate draf
kamp en oorlog toe
oë onder stof
senuwees oopgeskok
een vra koeëls
ander rus

skuldige skuifel
op sement vloer
gevang in vuil verlede
gees en lyf hang
een vra kos
ander rus

oumens skuifel
asem hyg vlak
die kort pad
is baie baie lank
een vra hulp
ander rus

beeste draf stap
kraal en water toe
die maag een kant
spene ander kant
een vra melk my
ander rus

alle beweging
herwaats en derwaarts
doelbewus of nutteloos
uitkomste verskil
een ń nekslag
ander gee rus




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed