Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Vraag

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 27 Julie 2021 Aantal woorde: 67 91 Kere gelees 3

vlae
in sale
hang aan pale
wapper slap in vals wind
belangrikheid word hier geweeg

geheue
lê soos elke hand
vyf wyshede is al wat klou
uitkomste eweredig versprei
belangrikheid word modieus ondergeskik

teoriëe
vasgelê deur kulture, wysgere…
individueel goed gefundeer
in massa uniform geherprosesseer
belangrikheid word gekompromitteer

ek rol rond
sonder rigting vasgevang in
daaglikse take vereffening
en die belangrikheid
om nie ń vraag te vra




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 553
Kommentaar telling: 81

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 526 gaste aanlyn

Bydraes – Argief