Jongste aktiwiteit:

DIE VROEG-HERFSTREIN

Die Vroegherfs-Trein .

In hierdie ryper, amper goud en roesrooi jare — begin ons mekaar meer opsoek as kleinode.
Pluk ons saam in verwondering en met innige genot, van die seisoen se oulaas, nog weggesteekte vrugte.
Ons reik uit na mekaar, bo- oor gronde van vooroordeel en verdeeldheid, en rek en strek om by mekaar uit te kom.

Ons klim op sosiale sneltreine wat by verskeie platvorms aandoen.
Daar ontmoet ons mekaar.
Ons word verfris met kofi en allerlei, en gesels oor kos, koek, kerk, kinders, katte en strofes en die uitryg van derms en die stop van vleis in ‘n wors sonder ent.
Dan onthou ons weer alles wat eenders was, die tyd en die plek toe ons kinders was.

En ek beloof vir jou ‘n ruiker vrugtebloeisels per WhatsApp — om jou te herinner dat daar nóg is wat ingelê gaan word.
Margaret CDb




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed