Jongste aktiwiteit:

DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 5

Tienuur die oggend is daar n klop aan Chantal de Beer se woonsteldeur. Sy het nog nie weer werk gekry nie, ook nie gesoek nie, want sy sal wel sorg dat sy genoeg druk op Stefan plaas dat sy, na die begrafnis van Laurika, weer haar ou pos waaruit sy geskop is, kan terugkry en dan kan sy Stefan met mening begin inkatrol.

Toe sy die deur oopmaak staan Langes Naude voor die deur. Sy nooi hom in en hy gaan sit: “Jy weet seker dat ek jou opdrag suksesvol voltooi het en ek kom net die R2500 haal wat jy my nog skuld”.

Asof hy sy stelling wil bewys oorhandig hy die koerant aan haar, oopgevou waar die berig van Laurika se noodlottige ongeluk verskyn.

Chantal was dit te wagte en sonder n woord staan sy op en gaan haal die geld, wat sy die oggend gaan trek het, in haar kamer. Woordeloos oorhandig sy dit aan Langes wat vir haar dankie sê en dan opstaan om te loop.

Sy maak die deur oop en steek Langes in die deur vas. Hy bekyk Chantal op en af en dan merk hy op: “Ons gaan dalk weer vorentoe gesels as jy Stefan Botes ingepalm het want my gesonde verstand sê vir my dit is hoekom jy haar uit die pad wou hê”.

Chantal word yskoud want op daardie oomblik besef sy dat sy weer van Langes gaan hoor en dat hy weer geld in ruil vir sy stilswye gaan eis.

Ook Stefan Botes word yskoud toe hy die berig lees. Hy het dit wel oorweeg om Laurika uit die weg te ruim maar iemand het hom voorgespring. Wie dit is weet hy nie maar hy kry die gevoel dat hierdie storie vir hom lelike nagevolge gaan hê en dat hy beslis nou die nommer een verdagte gaan wees as Dreyer moet uitvind van die polis.

Hy tel die telefoon op en ontbied Marie na sy kantoor toe om met haar oor die berig te praat.

Toe Marie in sy kantoor inkom wys hy haar om te gaan sit en wys hy haar die koerantberig. Dit is of daar n swaar stilte tussen hulle neersak.

Dan praat Stefan met haar: “Marie ek gaan jou vra om nie n woord van die verhouding wat tussen my en Chantal was te rep nie en ook nie van die gesprek tussen jou en Laurika nie. As Dreyer daarvan moet weet gaan dit van my n nommer een verdagte maak en ek kan jou verseker ek het niks hiermee te doen nie. Dit moet iemand anders wees wat n wrok teen Laurika het, dalk een van haar werknemers of kliënte vir al wat ons weet”.

Marie antwoord Stefan nie maar die minagtende kyk wat hy van haar af kry spreek boekdele. Sy staan op en kyk Stefan vierkantig in die oë: “As dit jy was Stefan sal jy wel uitgevang word. Ek sal stil bly maar die vader weet, as dit nie jy is nie is dit daardie klein teef wat jy Laurika mee verneuk het. Ek sal nie uit my eie uit na Dreyer toe gaan nie maar die vader weet as Chantal weer haar voete hier sit of ek kom agter dat die verhouding tussen julle gaan aan gaan ek dit wel doen”.

Toe sy uitloop besef Stefan dat hy nou met n gevaarlike vrou te doen het. Sy sal die swye opgelê moet word en vinnig ook. Nie net is sy nek op die spel nie maar vyf miljoen rand ook as die versekering nie betaal nie.

Ook die makelaar van die versekerings maatskappy wat die polis aan hulle verkoop het, Jack de Vries, lees die berig. Hy maak dadelik n fotostaat van die berig en stuur dit met n dekkingsbrief deur hoofkantoor toe sodat hulle nie sommer net sal uitbetaal as daar n eis kom nie.

Kas wag nie lank op Koos Roets nie. Met Koos se terugkeer oorhandig hy n fotostaat van Langes se ID saam met n vel papier waarop Langes se adres geskryf is: “Hier is dit kaptein, ongelukkig is daar nie n telefoonnommer beskikbaar nie”.

Kas sien dadelik dat dit n agterbuurt adres is en kom hy tot die gevolgtrekking dat hy hier met die skuim van die stad te doene het maar besluit hy om dadelik n besoek aan die adres te bring.

Toe Kas voor die adres stop wat aan hom verskaf is trek hy sy asem stadig in. Dit is n verwaarloosde plek maar hy klim uit en stap na die verroeste hekkie toe wat skeef aan n paal hang. Aan die hek is n verwaarloosde, geroeste bord met die woorde “Nellas Boarding House” daarop.

Toe hy aan die afgeskilferde deur klop word die deur na n paar oomblikke op n skrefie oopgemaak en word hy deur n vet vrou met n verslete rok aan deur die skrefie begroet met n: “Ek is vol, kan nie nog loseerders vat nie”.

Kas beskou haar n paar oomblikke. Hare deurmekaar en die verslonste rok hang op die voete met n rokende sigaret wat in die pap mondhoek hang. Sy wil die deuir toedruk maar Kas is te vinnig vir haar en keer hy met sy voet dat sy die deur kan toestoot.

Kas antwoord terwyl hy sy polisiekaart toon: “Ek is kaptein Dreyer van die polisie en ek is op soek na Langes Naude wat hier by jou loseer”.

“Hy bly nie meer hier nie”, kom die antwoord en word die deur in sy gesig toegeslaan want hy het sy voet weggevat.

Weer klop hy aan die deur en word die deur weer op n skrefie oopgemaak: “Ek het jou gesê hy bly nie meer hier nie, ek het hom uitgesmyt toe hy nie meer betaal het nie”.

“Weet u dalk wat sy telefoon nommer is of waar hy nou bly”, vra Kas ewe beleefd”.

“Nee”, en weer word die deur in sy gesig toegeslaan.

Kas haal dit net vir die perskonferensie en word kwaai deur kolonel le Grange aangekyk wat al begin gereed maak het om die konferensie te hanteer. Kas is nou bly oor die konferensie want nou kan hy dit noem dat hy na Langes Naude soek en gaan n koerant berig maak dat hy iemand hom erken en die inligting van waar hy nou is deurgee. Hy oorhandig die fotostaat van Langes se ID aan le Grange wat dadelik daarmee verdwyn om fotostate van die gesig te gaan maak om aan die persmanne uit te deel.

Kas begin die pers dadelik toespreek: “Mense dankie dat julle gekom het. Laurika Botes is wel vermoor en was die botsing veroorsaak deur n half afgesaagde rempyp wat mee gegee het toe sy rem getrap het om agter die vragmotor by die rooi robot stil te hou.

Ons is besig met n ondersoek maar is dringend op soek na n mnr. Langes Naude wat by “City Mini” as tegnikus werksaam was en ook nie by sy laaste bekende adres opgespoor kan word nie omdat hy nie meer daar woon nie Hulle kan ook nie n nuwe adres verskaf nie.

Ek sal, sodra kolonel le Grange terug is, vir julle afskrifte van sy ID gee wat julle kan gebruik om ons te help om die man op te spoor. Dit is al mense geen verdere kommentaar nie”.

Die persmense oordonder Kas met vrae of daar binnekort n arrestasie kan verwag word, is daar al n motief vir die moord, maar hy hou net sy hand op en dan deel hy die fotostate wat kolonel le Grange gebring het aan hulle uit met die opmerking: “Mense julle sal op hoogte gehou word met die vordering van die ondersoek”.

Na die perskonferensie sit kolonel le Grange en Kas koppe bymekaar en is le Grange se eerste vraag; “Kaptein wat is jou eerlike mening oor die saak of dink jy dat Naude alleen in hierdie komplot is”.

“Kolonel dat hy die skuldige is is verseker. As ek hom in die hande kry is hy dadelik onder arres maar dit gaan nie die einde van die saak wees nie. Iemand het hom betaal om met mev. Botes se kar te peuter en dit is die groot vraag, wie was dit. My nommer een verdagte is Stefan Botes maar wat was die motief. Was hy in n verhouding met n ander vrou want ek twyfel of dit geld is. Ek was by sy huis en hulle stink van die geld?”

Kolonel le Grange krap sy kop: “Kaptein dit sal ons gou uitvind maar ek twyfel of dit n ander vrou is. Dan kan hy haar mos maar net geskei het, tensy hy haar wel wou skei maar dat sy eise stel wat hy nie voor kans sien nie.

Ek wonder of hier nie groot geld by betrokke is nie, n versekeringspolis byvoorbeeld maar ons kan nie die moontlikheid van n derde party, behalwe Botes, wat Langes gehuur het, uitskakel nie. Dit bring ons by die moontlikheid van n minnares wat nou te groot drome begin droom en dalk met of sonder Botes se medewete besluit het om Laurika Botes uit die weg te ruim. Ek dink jy moet bietjie navraag doen onder die kantoordames wat by Botes werksaam is. Vroumense praat onder mekaar en as dit iemand in die kantoor is sal iemand wel daarvan weet. As dit n buite minnares is sal dit moeilik gaan maar ek kry net die gevoel dat iemand in die kantoor dalk besluit het hy is n goeie vangs, sy sekretaresse miskien”.

Kas dink so n oomblikkie na en skud sy kop: “Kolonel ek dink ons kan na al die moontlikhede kyk. Terloops ek sien die begrafnis is Vrydag. Ek gaan die begrafnis bywoon, wil graag sy optrede sien en dalk is daar iemand anders ook wat my aandag vang”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed