DIGTER AS MYNWERKER.
Gelamp voor jou hysbak,
werk jy nagskof vanaand –
in die middernagskag van taal.
Jou diepste wese is die vuur,
wat goue woorde risp,
en in are deur die rotse stuur.
Met jou pen as beitel
in gange en kamers versteek,
kloof jy ononginde gawes
in ploffings wat goudbrokke breek.
Woorde gewas, gewan, ‘n goudboket
word sorgvuldig papierdun geplet.
Stawe, in suiwer sinne geriem, ontrafel –
lê mynhope afvalpapier nou om jou tafel.
MCDb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.