Dis die kroon beloftes.
Uit die innerlike
word woorde gebore.
Bome laat val
nuwe blare,
knoppies word blomme
dis die kroon beloftes.
Soms word woorde
doodgebore.
Stormsterkte vee die
uitgediende misvormde
droë blare
lig sonder moeite.
As die gedig kan
skep dit ʼn tornado
dreineer die strominge,
ontstaan net ʼn utopia
met dié woorde
meer as oortuigend.
16/10/2014 om 21h00.
4 Kommentare
-
-
Anze
ek wil amper se hierdie is die beste gedig wat ek nog van jou gelees het Arnold.. dis pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hierdie gedig het my getref