DIS EK
DIS EK
‘n Miljoen gedagtes om te prossesseer soos bye
dag vir dag loop ek deur veldpaatjies
die eina en die ontsteltenis en die dorings
grawe sere in my wese en ek vergeet om die natuur om my te sien.
Maar, dis ek, die rots
nie gekies, nie gevra, net die wêreld wat my slaan…
plat partykeer
Tog val die seëninge van reën druppel vir druppel
en ek herroep myself om te aanvaar dat my wêreld anders lyk
want dit is ek. Dis ek die rots.
My pyn, my gedagtes, myself, my wêreld is ek…
Jaar in en jaar uit bloeisel en
staan ek sterk.
Vra my vrae aanhoudend want die tweeling slaap nooit.
Tog bly ek aanvaarbaar vir natuur en vir die heelal wat weet.
Dit is ek…nogsteeds…
gelukkig en geseënd.
‘n Wêreld van kleur.
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Gerhard, ek vind die lang sinne ritmies steurend. By plekke is die gedig té kripties en dit mag lei tot misverstand by die leser. Ek sal graag saam jou hieraan wil werk en timmer. Gee vir my 'n aanduiding (via 'n inboks boodskap asseblief) of jy daarvoor te vinde is. Skryfgroete IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
Dis baie mooi. Verstaan dit goed!