diskant
duskant my duin staan wit huisies
altyd spierwit en mooi skoon
effetuintjies groei groen
seegeluide spoel
rieël daarom
klanke
diskant geluide
teen agtergrond van koraal
klankhelder in bostem sopraan
sing van vreugde en geluk
in die warm weskus son
golwe getooi in bas
meeue in diskant
maak my duin
‘n simfonie
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek