Donga
As die son die verre kim oorklim en wolkies kleur
het kaalbas Tswanna-seuns saam met die bees geloei
bang in die vlakte van jou waterpoel kom stoei,
gebombarie, gelag, aan tyd hul nie gesteur,
want jy lê meer as tagtig jaar so op jou rug
met uitgegrawe binnegoed van klip en grond.
Maar slaaptyd trap die nag oor dor krappote rond
as vlieswolkies voor kilte van die na-nag vlug
en die maan sku sy natlyf ná die winterreen
verby sigmente van menig gestorwe duisenpoot
in klamheid van die nanagdou verby jou stoot.
(…En in die vleigras broei ’n kolgans siel-alleen…)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe jy praat diep met my natuur hart!! Jy skilder altyd die mooiste woordskilderye!