DOOD DEUR ‘N PAAR DONKERBRUIN Oë
DEEL 1
DOOD DEUR ‘n PAAR DONKER BRUIN Oë
1943:- WEESHUIS TOE
Pappa is net na die ander huis toe
Ek en my twee boetjies, Willie en Hansie staan saam met Mamma in ’n groot kamer, Hansie sit op Mamma se heup en klou nes ’n apie. Daar is ’n lang bruin tafel in die middel. Die tannie agter die tafel lyk groot en vreeslik verskriklik kwaai. Ek hou Mamma se rok vas en Willie hou my handjie, wat soek ons hier?
Ons is oorlog kinners hoor ek die tannie sê en ons moet hier bly. Nou hoekom kan ons nie na Pappa hulle toe gaan nie? Wat is oorlog kinners? Weeshuis noem hulle die plek, dis vir kinners wie se pappas weg is, nes ek en my boeties sin.
Hulle weet nie Pappa en Oumie is net na ’n anner huis toe nie, so sê die mense. Nou hoekom moet Mamma vir ons ’n anner plekkie gaan soek? Pappa-hulle het nie eers goebaai gesȇ nie, ok nie gesê wanner hulle terugkom nie. Nou gaan Mamma ok weg. Sy gaan ons net hier los! Ek het mos vir Jesus sorry gesȇ omlat ek Likkie la skrik het. Ek klou vas, ma Mam-ma sê mos sy kom terug.
Hulle vat Hansie en Willie weg en los my alleen ek kannie sam hulle gan nie, nou tjank ons almal. Hulle sleep Hansie want hy wili saam gan nie en skreù hard. Willie wil hom troos soos Mamma altyd, maar hulle vat hom na ’n anner plek toe.
Hulle sê ek moet kom, ek staan net, want waarheen wil hulle my nou vat, hoekom kan ek nie saam my boeties gaan nie? Die groot vrou vat my arm en sleep my agter haar aan.
Sy sit my in ’n groot kamer met baie beddens en sê ek moet onthou watter ene myne is, hulle lyk dan almal eeners
DIE BRUIN SAK
Ek het nou al amper een hand se vingers klaar opgetel, soos pappa my met stokkies geleer het, Pappa sê ek’s slim, mà Mamma is noggie hier nie. Ek sit alleen teen ’n harderooimuur, trek my beentjies hoog op. Die lelike ou geel rok, issie eers myne nie. Ek trek dit styf oor my kniege, hy voel soos in te groot. Ek druk my ruggie styf teen die hardemuur vas, wil sommer in die muur wegkruip, só bang is ek.
My maikie is binne in daai bruin sak. Sy’s baie klein en val nog baie nes Hansie. Sy dra ok nie meer ’n doek nie, want sy kan al loop, Hansie ok. Die babas sit op potjies, An is te stadig, sy val as sy hardloop dan piepie sy haar nat. Toe druk daai groot tannie-vrou haar in daai sak en hang haar op…
My ogies brand, maar ek bly kyk na die sak. Maikie roer nie meer nie, sy maak nes my Honne as hy seerkry. Ek word so moeg, trek my kniege nog opper tot hoog. My kop is so baie deumekruis. Ek weet niks meer nie. Ek druk my hanne styf teen my ore, dan hoor ek nie die kerm uit die sak nie
O gonna, die sak is nou stil, is my maikie ok weg?
Eendag het pappa nie huis toe gekom nie. Almal huil, net ekke nie. Die tannies sê dan hy is net na ’n ander huis toe saam met Jesus, en Pappa hou van Hom. Hoekom moet ons hier vir hom wag? As Pappa nou hier was, kon ek hom vra om my maikie te loop uit-haal! Màa, Pappa-hulle is nog nie terug nie. Toe kon ons ok nie by ouma gan wag nie, sy’s sam pappa. Mamma het ons hier gelos omlat sy moet werk, hoekom kan ons nie by haar bly nie, dan hoef pappa ons nie te soek nie.
Dis net, lat ek en my boeties nooit ooit mag samspeel nie. Hansie mag nie by Willie bly nie, want hy’s klein. Ek hoor hom huil as ons gaan eet. Hulle is darem nie weg nie, hulle eet an daai anner tafel. Die tannie het my geslat omlat ek op ’n stoel wou klim om vir hulle te waai anners kan hulle my mos nie sien nie.
Vir wat het Pappa-hulle na ’n ander huis gan soek? Ons lekker in ons ou huis met die groot bome gebly. Dit staan op sulke houte en Wagter slaap onner die stoep, ek kan ok inkruip, mà Mamma sê ons sal seerkry. Honne kom lek my altyd, ek verlang hom, hier’s nie honne nie.
Pappa, het annerdag vir Likkie by die rivier gekry, toe ons twee gaan vis het. Ek skrik my poegaai en val amper uit my vismankie, pappa sit my daarin, hy’s bang ek val in die water, ek’s nog klein. Pappa sê die snaakse ding is nie ’n vis nie, sy poot is bloede, toe maak pappa hom onner die boom vas en dokter sy bloedpoot en noem hom Likkie. Hy gee hom elke dag klomp eiers voor hy gan werk. Ons mag nie, sê pappa, ons is klein, hy sal ons ving-ers afbyt.
Dis ‘n lekker huis naby die rivier. Met groot bome. Vir wat vat Pappa-hulle so lank om terug te kom? O, my kop voel so swaar…
O gonna, daar kom swaar voete aan. Ek druk my lyfie styfver teen die muur vas. Ek’s bang, vergeet sommer om asem te haal. ’n Groot tannie kom om die hoek en loop vinnig tot by die sak. Ek wonner of sy weer vir my maikie met daai groot speld gaan steek soos netnou!
“Het jy nou klaar geskreeu?” Praat die tannie met die sak, die sak is baie stil.
“Ek vra of jy klaar geskreeu het?” Sjoe die tannie klink erg kwaai.
Bang kyk ek hoe die tannie aan die sak stamp, nog niks nie. Ek hou my vingers voor my ogge, loer net. Sy pluk aan die toue wat die sak vashou.
“Liewe Jesus sien jy my maikie? ‘Seblief moenie lat my maikie ok weggaan nie,” Ek knyp my ogies styf toe en vra baie mooi. “Seblief liewe Jesus, ek was nie weer stout nie!” Ek tjank sommer! Nee byt ek my lip vas. As tannie sien ek tjank, hang sy my sowaar ok op en pappa sallie weet waar ek is nie.
Ag hemeltjie tog, hoekom is Oumie ok saam? Wanneer kom Mamma van die werk af? Sies die bloede proe sleg, ek’t my lippie stukkend gebyt, vee dit sommar vinnig met my vuil handjie af. Sjoe, my ruggie is nou seer, die muur is baie hard. My kop draai om en om en om.
Ek loer deur my vingers, die tannie la die sak sommer val. Sy dop hom
- My klein maikie val uit en lê opgekrul soos ’n wurm op die grond. My asem is op. Die tannie lig my maikie sommer aan haar een arm op en maak haar staan. Sjoe, haar wit haartjies is vuil en opgebonnel, haar gesiggie is ok vuil van al die tjank. Maikie lyk baie bang, sy kyk net voor haar op die grond.
“Gaan jy weer in jou broek piepie?” skreeú die tannie kwaai. “Liewe Jesus sien alles onthou. Hy sal my vertel as jy dit weer doen!”
An is klein, die tannie lyk soos ’n groot reus. My maikie kyk dom op die grond en skud haar kop heen en weer.
“Nou kom dat ons jou gaan skoon kry.” Sy vat An aan die hand en sleep-dra haar saam.
“Kan ek seblief saam bad tannie? Kyk!” Ek spring gou en wys my twee handjies. “Ek’s ok vuil? Ek is so bly Maikie is olraait. Ek hol vinnig saam toe die tannie haar kop knik.
An se kort pokkel-beentjies vat net hier en daar grond. Die tannie loop so vinnig ons hol agterna.
Dis niks lekker om te bad nie, maar vandag worry ek nie, want ek en An bad saam. Ons sit doodstil in die bad, met net bietjie water om ons boudjies nat te maak. Die tannie sȇ ons moet opstaan, sy skrop ons met die rooiborsel en stink groenseep. Ek sluk my trane dat dit in my maag val Ek is so bang la my maikie weer gaan huil. Ons voete is bloedrooi van die grond en sonder nonsens word ons voete een vir een onder die groot arm vasgedruk en rooi geskrop. Dis so seer ek piepie sommer self. An is doodstil en vat die ge-skroppery sommer net so. Sy het seker al haar trane opgehuil? As ek na haar kyk trek ek my gesig en wens sy wil bietjie lag. Sy lyk so wit, nes wolke.
Ek wonder waar my mooi jamas is wat Mamma vir my gemaak het? Jig, ek kyk na die lelike géles wat ek moet aantrek. Ek hou niks van geel nie, net geel blommetjies wat ek en Pappa vir Mamma pluk. Ek het mooi rooi jamas met wit beertjies saamgebring. Nou slaap ek altyd met anner kinners se klere. As ek vra waar my jamas is, sê die tannie, ek is ’n onbare slak of soiets, nou wonder ek hoe ’n slak lyk? Ek sal maar vir Mamma vra as sy van die werk af kom. Die werk is seker baie ver. My een hand se vingers is al almal opgetel, nou moet ek die anner hand vat.
Die groot kinders is sommer simpel. Gaap ek, hulle sê: Ek en my twee boeties gaan hier bly, soos tot in verewig! Maar ek wèèt as Pappa-hulle trugkom, sal Mamma ophou werk en dan gan ons sam na die ander huis toe, dan gan oom Pietie wee lank kom kuier. “So wê!” Sluk ek die woorde vinnig in, ons mag nie praat as dit slaaptyd is nie.
Ek begin tel een vir een. Die bedjies is in ’n lang ry en lyk almal eners, maar ek moet net tel tot my een hand se vingers klaar is, dan’s dit myne. Die tannie het my die anner aand hard geslat, omlat ek in die verkeerde bedjie klim en daai kind so vreeslik skreù!.
MAMMA KOM KUIER
Dis Sondag: Ek wil sommer tjank! Die erg sleg pap kry ek nie gesluk nie, silke bruines, maa ons moet als opeeët. Ons mag niks los nie, al is dit rèrig sleg. As jy nie self wil eet nie, voer hulle jou groot lepelsvol tot jy naar is, maar niemand gooi op nie, want jy moet dit self opvee. Tannies sê: kos groei nie op hulle rugge nie..
Stadig vee ek oor my hare en sluk… wonder hoe lyk tannies met kos op haar rugge? Ek maak silke prentjies in my kop… sluk, dit gan makliker.
Die tannie-vrou sê ons moet skoon bly, want ons ma’s gaan netnou kom kuier vir die hele marrag. Sy weet nie ek gan huistoe nie, ek gan nou my tanneborsel en goedjies bymekaar kry. Net dalk kom Pappa saam, dan gan ek en my boeties sam na die nuwe huis toe, wonner of daar bome is? Wonner of oumie koekies gebak het…? Droom ek
Ek gan Mamma vra om my Maikie sam te vat, sy het nie ’n mamma nie, sy het net ‘n pappa. Sy is seker hier gebore. My maikie weet net van die mooi tannie in die groot huis en van die oom wat skeef loop met sy kierie. Ek was eers bang vir hom, maa hy lag altyd en vryf my hare demekaar. Hy is olraait. Pappa loop ok skeef maa nie met ’n kierie nie. Ek is so bly, ek kannie wag nie!
MAMMA KOM ALLEEN
Ek steek vas. Mamma kom alleen. War’s Pappa? Ek sien hom nie! Mamma se arms is oop, ek huil en storm na haar toe. Haar arms is wyd genoeg vir Willie en Hansie ook. Ek kruip weg teen haar sagte bors, sy druk my vas tussen my boeties. Ek ruik Mamma en wil nooit ooit wee la sy weggan nie. Mamma hou ons styf vas en die soentjies reën op ons gesigte en hare. Mamma tel Hansie op en ons gaan sit op die bankie dan kan ons altwee op haar skoot sit, Willie staan teen ons, my asem raak op.
“War’s pappa?” Huil ek.
Mamma huil my haartjies papnat en praat wat ek nie kan hoor nie. Ek hoor net van Here. Hy’s seker Jesus se boetie want ek kan hom ok nie sien nie. Sy hou my te styf vas. My asem raak op. Sy laat my ‘n bietjie los. Ek kyk rond, met wie praat Mamma dan? Ek sien niemand nie.
“My liefste kind, Pappa is dood en bly nou by Jesus. Hy kan nooit weer terugkom nie liefie,” praat sy met my.
“Ek weet nie van dood nie!” Huil ek. “Bly dood by Jesus se huis? Pappa sallie my so los nie. Hy’t nie koebaai gesȇ nie! Ek’s kwaad vir Jesus, Hy vat my pappa en vertel die tannies alles, dan slat hulle ons!” Skreeù-huil ek.
Mamma sus my soos toe ek baie klein was. Boeta hou my hand styf vas, Hansie begin ok huil, ek dink hy weet ok nie.
“Ek het nie gesien dat hy saam met Jesus weg is nie,” snik ek.
Willie begin ok vertel van oom Pietie wat sê Pappa gan nie weer kan terugkom nie.
“Issie, issie issie,” skreeù ek.
“Hulle noem dit dood, sê Oom Pietie, my voëltjie gaan ok nie weer terugkom nie.” Hy lyk baie slim.
Willie sê hy is nou die man in die huis, hy moet Mamma help met my en boetie. Ek glo hom niks, hy’s klein. Willie het ok nie vir Jesus gesien nie.
Hansie spring af en hy ryg die sagte pienk en wit lekkers, wat Mamma gebring het in.
Ek snik, wonder wanner ek my goedjies kan gan haal solat ons huistoe kan gan. Ons hou Mamma vas, ons is bang sy raak weg…
Skielik lui die groot klok hard soos in rye staan. Mamma hou ons styf vas. Sy vee trane af en kyk na ons gesiggies.
“Julle moet nog net ‘n rukkie hier bly hoor” probeer sy verduidelik.
Nou tjank ons aldrie. Hansie gaan sit op die grond en skreëu “Wili, wili, neé!” Die groot vrou staan nader, lig hom aan sy arm op en vat ons twee met haar groothand en trek ons weg. Ek draai amper my nek af om nog vir Mamma te kyk. Mamma hou haar hand voor haar gesig, en waai met die anner ene. Haar gesig blink.
Ek ruk los toe ek Mamma teen die boom sien, wil na haar toe hard-loop, maar die tannie se groot hand gryp my aan my rok en sleep my saam.
***
MAANDAG BYBEL KLAS
Ek’s vies in die klas wa die storie Jeffrou van Jesus vertel. Ek hou van tannie Ester, sy het sagte oë, en vertel vir ons altyd stories. Ek wil nie hier wees nie, wil net huil, ek’s so baie hartseer. Mamma sê my pappa gan nooit wee terugkom nie en ek is baie kwaad want hy bly by Jesus in die anner huis en het nie koebaai gesê nie.
Na watter huis is hulle dan? Hemel sê die storie tannie, is waar Jesus bly en da’s baie plek. Vir wat kom vat Jesus net ons pappa en oumie en la Hy Mamma werk. Ek en my boeties moet in die vrèèslike plek bly, met die lang donker gange, kamers met baie beddens, ek moet op my vingers tel om myne te kry.
Ons eet by groot baie láng tafels, sit op jou regte eie stoel, anners kry jy nie kos nie. Vir wat vertel Jesus alles vir daai tannie wat ons oppas?
Ek sal my vingertjies styf in my ore druk. Ek wil niks van Liewe Jesus hoor nie, want Hy is nie lief vir my nie. Hy vat my Pappa en Oumie en die tannie raas en raas en raas…
Pappa het gesê, dis okay as jy jammer sê as jy stout was, mens moenie jok nie. Ek het mos skuus gesê oor likkie. Ek het hom net saggies la skrik, nie aan sy bloedpoot gevat nie, wou net dat hy bietjie roer, skuus hy’t so groot geskrik.
Boeta sê ok liewe Jesus gaan my straf. Maar likkie het nie seer gekry nie en issie dood nie! Ek weet, want oom Pietie het hom rivier toe la gan, toe Pappa nie terugkom nie
Dit was nie só erg dat Jesus vir Pappa en Oumie moes saamvat nie. Ek druk my ore styf toe. Dalk is dit oor die eiers wat ek gebreek en met grond toegegooi het? My kop.draai… Ek sal net so stilsit, dan sal Jesus sien ek’s jammer.
Tannie Ester kom langs my sit. Gonna, seker is die klas klaar. Ek druk my ore en
oë styf toe, netnou vra sy my wat sy vertel het en ek weet rèrig nie
“Toemaar,” troos sy, “ek het gehoor my ou donkerkoppie die heelnag gehuil en wil nie praat nie.”
Ag dis lekker sag, nes teen mamma se bors. Sy vra niks nie, ek’s bly. Saggies vryf sy oor my hare. Sy praat ook met Jesus nes Mamma, en ek druk my ore stywer toe.
Ek skrik wakker in my bedjie. Hoe het ek hier gekom? Die tannie sit nog langs my bed. Voel of ek lank geslaap het, ma die son skyn nog. In die plek word niemand voorge-trek nie. O vet, ek hoop nie die tannie kry groot moeilikgeid nie.
My witkop maikie An, met haar vet lyfie kom nader, steek haar handjie na my toe uit, sy praat nog nes ’n baba, want sy’s nog klein, nes Hansie.
“Maijie maijie ” slups sy, haar ogies blink so lat ek sommer opspring. Ons bou altyd stokkie-huise. As ek speel vergeet ek dat Jesus vir my kwaad is. Ek’s bly vir my maikie, want ek mag nie sam met Willie en Hansie speel in die plek nie.
“lom,” lag sy.
Die tannie lag en tel my van die bed af, waarsku: “Trek eers jou speelrokkie aan en wag vir die etenstyd klok voordat julle gaan speel. Ek moet nou eers huis toe gaan.”
Die klok lui skaars, ons twee hol vir die hoop bougrond, anners vat die anner dit. An slaan neer.
“Olraait, olraait, moenie huil nie,” smeer ek spoeg aan soos mamma altyd maak. “Kom,” vat ek haar handjie, “Ons maak boomtakkies en stokkies bymekaar ok?
“Pappa sin,” slups An vou haar beentjies onder haar in en begin paar stokkies indruk
“Mamma sin.” Druk ek nog ’n paar stokkies in.
“sleetjies, sleetjies,” lag An vrolik sit blare regop in die sand en klap haar hande. Dis ons storieboek veetjies.
“Jy’t ’n papa, ek’s baie hartseer. Liewe Jesus vat myne, ek het likkie la skrik, en. eiers gebreek. Ek’t sorry gesê. Seker is Hy’baie kwaad, toe vat Hy sommer Oumie ok.” Ek trek kringe in die sand en wonner. “Hulle sê dis dood, weet jy?” Ek kyk na An . “Weet jý hoe dood lyk?”
Sy frons en skud net haar kop heen en weer. “Hu, hu Mamma wég!” waai sy met haar pofferhandjie in die wind. “Pappa lif ek.” Ongeérg druk sy nog ’n paar groen stokkies in. “Wass lool”? Slups sy en kyk my vraend aan .
“Dood? Dan vat Jesus jou pappa as jy stout was, vêr weg,” hou ek my slim en wonner… “Weggooi, is dood, net anders…” Ek wonner oor weggooi. An’s dan ok alleen. An knik met haar kop, lyk of sy bly is ek’s so slim. Sy druk nog takkies in, haar kop sak soos in slaap.
Ek klap my hande saam, slaperig begin sy met haar een hand paatjies maak van ons huisies af tot by die hekkies.
“Mye Pappa lif ek,” slups sy: “Jesus lif ek…”
“Sjoes jong!” Maak ek haar stil. “Netnou hoor Hy ons. Die tannies sê Hy het baie oë en hoor alles en straf jou rêgtig egtig erg!” fluister ek, Maikie skrik erg, kyk rond en bly doodstil. Sy’s nes Hansie hulle kannie r sê okie t nie. Hulle kan net van pappa en mamma en pap en van die storieboek veetjies onthou…
Ons twee verstaan niks van niks nie. Die klok lui. An val weer ’n slag oor haar voete. Sy is amper twee vingers oud. Ek smeer so bietjie spoeg aan haar stukkende kniege nes mamma maak.
SKROPBORSEL EN GROEN SEEP
Ek is eintlik jammer omlat ons weer in die rooi sand gespeel het, nou is dit weer die skropborsel en groenseep. “shuut, anners gan ons nie sam bad nie, shuut…,” fluister ek, “jou kniege sal nou-nou alraait wees hoor?” An onthou die sak, knik met haar kop en byt hard op haar tanne.
Die tannie-vrou staan en wag. Ons tweetjies staan tjoepstil en wag om te bad in die bietjie water.
Slaaptyd. Dis weer daai lelike geel jamas. Ek tel, vyf vingers, dan is ek by my bedjie. Nog twee by dan kom Mamma weer.
***
HUISTOE VIR DIE LANGNAWEEK
“You bring children here tomorrow?” Sê-vra Katz met ’n glimlag sodat Fransie kan sien hy is nie vies omdat haar aandag so dwaal nie, hy verstaan.
“You go now, all right?” Hy kyk op sy horlosie, dis net na een. Hy vat haar speels om die skouer. “Go fix place for babies tomorrow.” Hy oorhandig haar handsak aan haar sodat sy kan sien hy is ernstig. Dankbaar stap sy uit.
“Lucky its a long week-end, an other four weeks would be just to long”. Antwoord Fransie hom dankbaar.
“It is holiday one of these days” stel Katz haar gerus
“I dont know what I am going to do in the holidays.” Antwoord sy terwyl sy uitstap.
I wil ask my vader if my jonger brother can help me out.”
***
“Hannes dit soos ’n miernes.” Stammel sy, haar hande bewe en benoud kyk sy rond vir haar kinders, hy hou haar hande ’n oomblik styf vas.
“Ek wonder of daai kinders van een gesin is? En sy wys na die drie dogters en twee seuns wat eenkant op ’n bondel staan. Ek skat hulle so tussen twee en tien.” Met die kom Mart ewe statig om die hoek.
Sy sien haar ma en daar is geen keer nie, sy vergeet van nie hardloop reël en storm op haar af, sy slaan haar armpies om Fransie nek. Die twee seuns storm ook nader en dit word ’n gedrukkery van alle kante af, elkeen wil ’n deel van ma hê. “Mart, stadig nou, netnou val ons almal op ’n hoop,” lag Fransie gelukkig. Opgewonde wys Mart na die blonde koppie in die hoek, waarna Farnsie staan en kyk het.
“Daar is sy, Mamma! Dis my sussie-maikie wat nie ’n mamma het nie. Sy is weggegooi,” babbel sy onskuldig. “Kan ons haar maar saamvat, seblief Mamma?”
Fransie kyk na haar dogter, en besef dat Mart dood ernstig is.“Weggegooi? Ag nee Mart, mens praat nie so lelik nie, grootnooi, mammas gooi nie sommer hulle kinders weg nie.”
“Mama dis regtig egtig,” hou Mart vol. “Kan ons haar ‘seblief saam-vat?” smeek ’n paar donker oë.
“Nee Liefie,” maan Fransie. “Hoe dink jy sal haar mense voel as sy nie huis toe kom nie? Dis lank voor ons julle weer vir die hele naweek kry, miskien volgende keer hoor.”
“Hannes stop eers by die winkel asseblief, ek het die ou Jood belowe.”
“Kom ek gaan wys vir julle waar Mamma werk,” sê sy terwyl Hannes die twee uit die bakkie help. Klein Hansie sit op haar heup en klou vas asof hy nooit weer gaan los nie. Mart kruip agter haar rok weg en wil niks weet van groet nie.
“Leave her, she’ll be allright,” keer hy toe Fransie verskoning maak. Willie is nie skaam nie en groet die man darem beleefd, maar hou sy sussie se hand styf vas.
“Nog altyd die ouboet “ sê sy trots en vryf Wiile se hare deurmekaar.
Hulle word lekker bederf met koeldrank en lekkers, Mart ontspan en is nie meer so bang nie, sy los Willie se hand.
“Net kyk kinders,” maan sy. Daar is sulke mooi goed en so baie, dit maak die
kinders baie nuuskierig en hulle begin rondkyk.
Mart se hele gesig straal as sy voor die poppe vassteek. Sy streel oor die papier, haar hele gesig straal. Fransie glimlag en bedank Katz weereens, met die wete dat ‘n identiese ene vir Mart by die huis wag. Hulle groet, Mart glimlag darem al vir meneer Katz en Fransie prys haar dat sy haar mooi gedra.
“Something for the children.” Hy gee ‘n pakkie met kruideniersware aan Hannes
om in die bakkie te gaan sit, voordat sy kan teëstribbel. Sy kyk hom dankbaar aan, wil hom
nie in die gesig vat, deur die geskenk te weier nie.
“Thank you,” bedank sy hom saggies.
***
DIE NUWE HUIS-NAP HUIS
Willie kan nie wag nie. Hy hardloop uitbundig vooruit tot op die stoep, vlieg om, gryp Mart aan die hand en trek haar stoep toe.
“Ons eie nuwe huis!” Skree hy bly.
Sy sit Hansie neer en sluit die deur oop. Willie gryp sy boetie en tiekiedraai hom om en om op die gladde rooi stoep. Hansie kraai dit uit van plesier.
Mart staan gevries by die voordeur.
“Is dit die nuwe huis Mamma?” Vra sy. “Is dit waar Jesus vir Pappa gebring het? Pappa!” roep sy.
Hannes sien die kind se verwarring raak en roep haar. “Mart,” Hoe verduidelik hy nou vir die kind, wat nounog steeds nie verstaan, dat haar pa buite haar bereik is nie. “Mart dis nou vir julle wat Mamma die huis gekry het.”
Mart, die kind wat voor haar derde verjaardag soveel veranderinge ondergaan, soveel verloor het? Sonder om totsiens te sê. Almal is net weg!
Die tannies probeer troos met, “hulle is net na ’n ander huis toe.” Dink Hannes, hy sal moet help.
Terwyl Fransie besig is om die twee seuns tot bedaring te bring, Vat Hannes Mart al geselsend die huis in. Hy stap met haar die sitkamer binne.
Mart kyk met groot oë na die twee lewensgroot foto’s teen die sitkamer muur, reg teenoor die voordeur. Een is van haar Pappa en een van Oumie. Hulle oë kyk vir haar en glimlag.
Mart woel haar los uit Hannes se arms en loop tot by die foto van haar pa, ogies vasgenael op sy gesig. “Kom uit Pappa, ek’s nou hier, ek wag jou hoor. Likkie is nie dood nie, weet Pappa?” gesels sy, “ek’s rêrig egtig jammer, ek wou net lat hy bietjie roer. Liewe Jesus het my rêrig groot la skrik jong, Boeta-hulle is ok hier, kom nou maar uit. Hi Oumie” Waai sy met haar een hand.
Sy staan op haar tone en rek om by die gesig uit te kom. Dis bietjies te hoog. Stadig draai sy om en gaan sit met haar rug teen die muur onder die foto. Sy trek haar knieë op, rus met haar ken daarop en wag.
Fransie dog haar hart gaan staan, sy bekyk die petalje en sê: “Kom my kleintjie, Pappa sal altyd by ons wees al kan ons hom nie sien nie.”
“Maar Mamma, ek is rêrig jammer omlat ek likkie la skrik het, hy is nie dood nie!” snik Mart verwese en bly sit.
“My liefste kind!” Sy gaan sit langs Mart op die vloer, met haar rug ook teen die muur, tel die kleintjie op haar skoot. Fransie druk haar gesig in die sagte haartjies van haar seer kind en huil hartverskeurend saam. Nog net drie geword en verstaan nie alles wat nou so vinnig op haar afkom nie.
“Dis nie oor die likkewaan of enige iets wat jy gedoen het nie, Liefie, Pappa het baie, baie seer gekry en is toe dood.” Sy sus Mart heen en weer.
“My arme liefste kleintjie, dis nie oor iets wat jy gedoen het nie!”
Hannes kyk die twee stil aan en sluip geluidloos uit. “Ek sal hulp moet kry want Fransie gaan dit nie maak nie,” praat hy hardop, draai weer terug. “Ek en die seuns ry net gou ’n draai,” sȇ hy saggies.
“Kom julle, ek het ’n verrassing vir julle,” roep hy die seuns.
Fransie is dankbaar vir haar broer se begrip. “Veilig ry boet.”.
Hoelank sit ons al so” wonder sy hardop, my trane het al opgedroog Sug sy kliphard.
Mart se lyfie ruk nog dan en wan van ’n droë snikkies. Fransie neem haar gesiggie in haar hande. “Onthou jy toe jou hondjie ophou speel en net bly lê het? Pappa het jou mos vertel hy baie seer gekry het en opgehou asemhaal, onthou jy?” Sy vee saggies oor die donker haartjie.
“Julle twee het hom in die grond gebêre en blommetjies vir hom geplant, sulke mooi pers lommetjies en die hondjie het nie weer teruggekom nie.” Onthou jy Mart knik net haar kop met betraande oë.
“My meisie, Pappa het ook baie-baie seer gekry en hy ook opgehou met asemhaal. Hy is ook dood soos jou hondjie en ons het hom ook in die grond gebêre, nes jou hondtjie. Pappa kan ook nie weer terugkom nie, my kleinding.”
Die sluise is van vooraf oop en Mart huil hartstogtelik! “Ek het hom nie gesien nie, ek wil net vir hom koebaai sê.” Snik sy hartseer.
Sy hou Mart styf vas totdat sy voel hoe die lyfie slap word in haar arms. “Hoe op aarde kom ek hier op,” sug sy moeg, as sy met moeite regskuif,” Vader help dat ek regop kom,” sy sukkel regop met die seer kind en al en gaan lê haar op die bed neer, met die pop styf teenaan haar genestel, trek die kombers tot bo teenaan haar hartseer kind se ken. “Rus my liefe, jy’s nou by Mamma,” saggies soen sy haar kind se natgehuilde gesiggie.
Sy gaan sit by die kombuistafel met haar kop op haar arms.”Hoe goed onthou ek nie die paar maande nie Here, hoe goed?” Moeg van die afgelope maande se ongelooflike verliese, eers haar geliefde, vir wie sy ook nie kon sien of groet nie, hulle het gereken dis beter as sy hom onthou soos hy was “Ek onthou Here, die seer sit nog vlak. Toe, my Moeder, na wie ek my toevlug wou neem. Maar genade Vader, is daar nie ’n ander uitweg met die kinders nie? Moet ek hulle werklik in daardie plek los In die genade van ander?” snik sy.
“Die kinders lyk vir my so verward. Die ewig laggende Mart is terug-getrokke en hartseer. Hoe kan ek die kinders weer terugneem Here?” Huil sy hardop.
“Ek is moeg Here, ek is so moeg! Hoe verduidelik ek iets aan die kinders wat ek self nie verstaan nie, Here. Hoe?” Snik sy.
“Ek het hom ook nie gesien nie, kon ook nie afkeid neem nie, weet net dat hy flenters geskiet was! Hoekom? wat het gebeur? Wie het ek begrawe Moeg en suf maak sy haar oë toe.
***
PEET PROBEER DOOD VERDUIDELIK
Peet verduidelik op pad terug, so goed moontlik wat dood beteken. Hansie net oor ’n jaar en half praat nog kwalik, Willie net-net vier geword.
“Ons moet almal eendag doodgaan en dan sal ons weer vir Pappa sien.” Verder kom hy nie…
“Oom Pietie wanner kan ons doodgaan?” Wil Willie dadelik weet.
“Ekke, ekke,” steek Hansie sy hand in die lug en aap sy boetie na.
Wat ’n katastrofe! Albei die seuns is gereed om dadelik dood te gaan.
Hannes hou langs die pad stil, “Ons moet eers dié sakie probeer beredder, Peet., genade ons kan beslis nie met ’n nuwe krisis by die huis aankom nie. Vir Mart se onthalwe. Ons moet die storie anders draai. Die Vader weet wat daai donkerkop nie sal aanvang om weer by haar pa uit te kom nie.”
“Wag nou, onthou nou, julle twee,” begin Hannes verduidelik.“ Julle pappa is altyd naby julle, julle kan vir hom alles vertel, al kan julle hom nie sien nie. Liewe Jesus het hom baie nodig gehad, en omdat ons almal aan Jesus behoort, sal Hy ons kom haal wanneer Hy ons nodig kry.”
Hy kyk vraend na die onskuldige bruin oë voor hom. Hansie steek kinderlik sy roomys in die lug. “lo, Pappa!” Lusp hy en lek voort.
“Oom Pietie het vir ons roomys gekoop, rooies nes Pappa, kan jy hoor?” Laat Willie nie op hom wag nie. “Oom Pietie sê Pappa sien ek’s groot,” hartseer sê hy. “Mamma werk, ons bly in daai plek,” lek hy eers. “Daai groot oom wili la ons Mart sien nie,” begin hy huil, “die anner kinders sê, Sussa tjank die hele nag!” Lek hy voort. “Hulle slat Hansie, hy mors mos as hy eet, hy’s nog klein, hulle wili la ek hom help nie!” Lek hy weer ’n slag, “hulle klap jou sommer,” sluit hy af en eet verder.
“Ai Peet die grootmense het ‘n onmoontlike las op sy smal skouertjies geplaas,” sê Hannes. “Dis beter as Fransie nie hoor wat Willie nou kwyt ge-raak het nie.”
“Luister Willie,” Hannes vat die twee handjies in sy groot hande vas. “Jy is baie dapper en jou pappa is baie trots op jou. Julle gaan nie vir altyd in die kinderhuis wees nie hoor, net tot Mamma ’n plan kan maak. Sal jy haar help tot dan?”
“Kinderhuis?” Vraend kyk hy na Hannes. “Hulle noem dit weeshuis, dis g’n niks lekker da nie, jy kry net pak en raas,” fluister Willie. “Olraait,” sê hy hardop. “As ons nie soos in verewig daar bly nie sal ek help, ek’s groot.” Skaars voor die huis stil gehou of hy storm na binne.
“Hoekom het Mart so gehuil?” Vra Willie. “Mamma, waar is Mart?” Roep hy, “is sy dood, is sy na Pappa toe?”
Vraend kyk Fransie na haar broers. Vinnig verduidelik Hannes wat gebeur het. Sy sug en sak op haar knieë langs Willie neer. Klein Hansie gebruik die geleentheid om op haar skoot te klouter, arms om haar nek.
“Nee liefie, sy slaap net, sy kom nou-nou saam met julle speel.”
OOM PIETIE KOM KUIER
Dankbaar kyk ek my twee broers aan. “Ek het nie vir een oomblik daaraan gedink jy sal al die pad Vereeniging toe ry om Peet te gaan haal nie”. Waarderend omhels ek hulle sommer altwee gelyk. “Baie dankie.” Haar rooigehuilde oë, van die verdriet wat sy weereens moes deurleef saam met Mart, ontgaan nie een van die twee broers nie.
“Dis laat! Waar is die dag heen?” Probeer Fransie die geselskap in ’n ander rigting stuur. “Kom ons gaan maak koffie.”
“Ek moet weg wees, Sus, ek kan nie my aanstaande laat wag nie. Magda stuur groete, ek het haar belowe sy kan die volgende kuiernaweek saamkom. Ek en Jean sal ‘n ander keer kom kuier. Peet sal hier bly vir die naweek. Hy het sy slaapsak saamgebring.
Ek het gedink jy kan doen met bietjie hulp. Ek kom kry julle Maandagmiddag.”
Hy soen haar liggies op die wang en gee die kinders elk ’n stewige drukkie. Hannes laat ’n verwese groepie op die rooi stoep in Evaton agter.
***
DIE VOLGENDE DILEM-MA
Later die middag bad Peet die twee seuns. Dis ’n geskater van ’n ander wêreld.
“Ai, hoe wonderlik is die klank van kinderstemme nie! Wat sou ek tog sonder jou doen?” Gesels sy waarderend. “Jy sukkel self nog om Jim se dood te verwerk. Van kleins af was jy elke vakansie en naweek by ons, is jy okay, Boeta?”
“Dis lekker om hier te wees ousus, bekommer jou nie oor my nie,” verseker hy haar.
“Dankie Here, vir my twee dierbare broers. Dankie vir my suster wat altyd by oupa is Ek het U so nodig
Mart nog in ’n fetus possisie, met die pop styf teen haar lyfie vasge-druk roep hard na haar Ma.
“Nou toe, my lief kind, het jy lekker geslaap? Kom ons gaan kyk wat maak hulle,” sê sy en tel haar af. Verbete klou Mart vas aan die pop en stap badkamer toe. Vir die soveelste keer is Fransie dankbaar vir Peet, dit lyk of die kind ’n tweede lewe kry toe sy hom sien.
“Hallo grootnooi!” Peet swaai haar uitbundig rond. “Gee my net kans om hierdie twee uit die bad te kry, dan gaan speel ons in die sitkamer.”
“Jippie jy‘s hier en dis ons eie huis, ons gannie ooit weer weg nie?” Juig Mart..
Benoud kyk Peet na sy sus. Wat sê hy tog vir die kind? “Gaan help jy vir Mamma met die broodjies jong, die twee kry nou koud en ek moet hulle gou help. Dan gaan rol jy sommer my die slaapsak oop, sal jy?” Omseil hy haar vraag, dit gaan beslis nie ’n maklike een wees nie.
“Kom Mart” probeer ek haar aandag aflei “help gou die grondboontjie-botter en stroop meng,” bietjie van ’n gemors, maar enige iets is beter as om van teruggaan te praat.
Die res van die aand verloop vlot. Danksy Peet, wat die twee seuns aan die gang hou, kry ek tyd om saam met Mart deur te bring.
Saam-saam rol en speel die seuns saam Peet wegkruipertjie, totdat Hansie eerste omdop. Willie wil saam met oom Pietie slaap, hy zip sy sak oop en trek Willie se kombers van die bed af.
Mart is in haar skik, sy trek vanaand haar mooi rooi en wit pajamas aan, saam met haar spik splinternuwe pop en slaap by Mamma op die groot bed.
Ai Mart is word November drie, dink Fransie hartseer en hou haar stywer vas. Willie net vier, hulle het werklik sommer oornag groot geword. Mart praat al vol sinnetjies party woorde maar krom en skeef maar sy kannie glo die kind het so vinnig groot geword nie. Willie pas sy baba boetie, wat regtig nie kans kry om baba te wees nie op, asof met sy lewe daarvan af-hang. Soos sy so tussen die lyne lees moet hulle maar oorleef.
Fransie skrik wakker uit ‘n droomlose slaap. Kinderstemme en ‘n vrolike gelag dring tot haar slaapbenewelde sintuie deur. Die bed langs haar is leeg. Sy lê vir ’n hele paar minute en luister na die klanke uit die sitkamer.
“Hoor jy hulle Jim? Ek wil hulle nie terugvat nie, maar ek het nie ‘n ander plan nie. Ek kan hulle nie alleen by die huis los terwyl ek werk nie.” Kla sy by Jim. Sy gooi die laken met gemengde gevoelens af. “Ek het nie van die graf gedroom nie,” dink sy hardop.g
Mart maak haarself tuis onder die groot foto van haar pa. Peet het haar op ‘n kussing laat sit, sy wil niks weet van saamspeel nie, sy kuier by pappa. Peet vol lus en tjank as hy hoor hoe sy met hom praat asof hy voor haar sit. Hy en die seuns lê nog en speel nadat hulle ‘n draai geloop het en dis ‘n gelag van ‘n ander wêreld’. Wat die kind af en toe vir haar pa vertel moet Fransie nie hoor nie
Die Sondagmiddag kook sy vir die kinders hulle gunsteling maal en verlustig haar in die manier waarop hulle alles verslind. Hulle het maer geword, merk sy op. Dalk is dit verlange? Miskien kry hulle nie genoeg kos nie?
Alles gaan voor die wind tot Mart sê: “Ons het ’n huis, óns eige huis, gannie weer weg nie.” Sy lek haar vingers sonder seremonie af en plaas die beentjies terug op haar bord.
Ek het vir Pappa gesê ek gaan net gou eet, gesels sy. Fransie frons en kyk haar broer verbaas aan, wat haar beduie om dit net te laat gaan.
Peet kom langs Mart sit. “Mart, Mamma moet in die dag werk en kan julle nie alleen hier los nie. Julle moet eers nog vir’n rukkie terug gaan.”
Mart huil nie weer soos hulle verwag het nie. Sy sit net haar vurkie
saggies neer en vou haar arms oor haar bors, en sê nie ’n dooie woord nie
die hele Maandag spandeer Fransie haar dogter besig hou, sy at twee klein tuinvurkies en roep Mart om haar te help.blombolle in die grond te sit. Bak koekies toe dit afgekoel het vat Mart een , pop onder die arm hardloop sy sitkamer toe om haar Pa te gaan wys hoe groot sy is en neem haar plek onder die foto in …die dag is om, tyd om hulle terug te neem,
“Here is daar nie ‘n ander manier nie?” Sug sy as sy haar dogter styf teen haar vasdruk.
LANGNAWEEK OM
Hannes hou maandag so teen halfvier voor die wit gekalkte huisie stil. Op die stoep staan drie klein bruin tassies. Hy sluk swaar aan die knop in sy keel toe hy Mart penorent langs haar tassie sien staan, met die pop styf teen haar lyf vasgedruk.
Hier is moeilikheid, daarvan is hy seker. Die twee seuns hardloop hom tegemoet en loop hom amper uit die aarde uit. Hy gryp hul een vir een en swaai hul deur die lug. Hy draai om, wil Mart optel maar sy stap reeds met haar pop kar se kant toe. Peet loop tot by haar, iets in daai donker oë waar-sku hom, maak liewer net die deur oop en moenie eers probeer verduidelik nie. Stil klim sy agter in, sê nie ’n woord nie, huil nie, sit net.
“Dink jy nie ek moet hulle maar hier hou nie Hannes?” Fransie se stem bewe so dat sy die woorde byna nie uitkry nie.
“Sus, my ou sus, Hannes hou haar styf vas, “dit sal beter word. Een van die dae is hulle weer by jou jong, net moed hou.” Hy weet hy praat eintlik teen sy beterwete, maar wat sê hy vir die stukkende vrou? Hy help Peet met die klein tassies, laai Willie agter by Mart in en troos hom daaraan dat Peet sal sorg. Hyself sal sy hande vol hê met Fransie en Hansie wat voor by hom ry.
Daar word nie ’n woord ge-uiter nie. Dit laat Hannes dink aan ’n klomp skape wat slagpale toe geneem word. Hy probeer ’n paar maal die gesprek aan die gang kry, sonder enige sukses en gooi naderhand touop. Hulle sal wel praat as hulle so voel besluit hy.
Agter in die bakkie gaan dit nie veel beter nie. Willie wil weet of oom Pietie vir hulle sal kom kuier en Peet belowe op sy beurt dat hy sal kom al is dit met die trein. Mart sit net in die hoek met die pop styf teen haar. Sy praat nie ’n dooie woord nie, ver weg in ‘n wêreld van haar eie.
SELFS POPLAP WORD AFGENEEM
By die kinderhuis aangekom, gaan staan ek saam met Mamma en die ander kinders, in die lang tou voor die kantoor.
“Ek wili hier wees nie,” sing dit in haar kop. “Die grootmense wili luister nie.” Sy kyk rond, moet gou lappop gaan wegsteek. Sy sluip koes-koes weg. Ek salie huil soos my boeties en die ander kinners nie, salie!” besluit sy. Ek salie aan Mamma se bene vasklou nie, salie, salie! Sluip sy verder. Moet poplap wegsteek voorlat die tannie dit sien. Vinnig slaapsaal toe, nie hardloop nie, maan sy haarself. Net loop voor lat hulle my sien. Waar’s my bed nou weer? Vingers tel, het hom! Poplap onder die matras indruk. Gou-gou terug hol. Mamma is al voor in die ry en soek rond na my, hulle huil nie meer nie. Wens ek kon soos Hansie aan Mamma vasklou. Die tannie, agter die tafel glimlag haar ooge lag nie, sien haar mond roer, hoor nie wat sy sê nie.
Die klok maak my ore seer. Mamma en my ooms druk en soen my en dan gan hulle weg, hulle los ons alenig. Nie huil nie, dit help nie. Pappa is weg, oumie is weg, Mamma is weg, oom Hannes is weg, oom Pietie is weg, almal is weg. Die tannie en Jesus hulle is hier…
Staan in die ry, bad, eet, borsel tanne, bed toe. Bed toe! Poplap wag Poplap! Wat maak daai tannie by my bed? Wat maak Poplap in haar groot hanne?
“En wat is dit dié as ek mag vra?” Die groot tannie klink heks kwaai.
Hoekom is die tannie so kwaad oor Poplap? Nie huil nie, sali huil nie. Probeer sê: “Oom Jood…”
“Hou op met jou gekerm! Ek vra wat is dit dié? Jy weet mos jy mag nie speelgoed saambring nie! Dan steek jy dit nog weg ook! Weet jy nie Jesus sien alles nie?” Raas sy.
Die tannie gaan vir Poplap vat! “Séblief tannie,” nou tjank ek en ek wil piepie!
“Dis my baba!” Skree ek. “Dis myne, myne.” Die tannie-vrou kannie poplap vat nie, ek sal dit terug vat. Ek spring op en gryp. Sy is heks groot, sy slat en slat, haar hande slat seer… Poplap is weg! Ek knyp, die sak…
Daar’s rooi merke oor my bene. Nie Mamma of oom Pietie is hier om my te help nie. Dis my pop! Snik snik, oom Jood sê ek kan met poplap praat, as ek verlang, nou’s daar niks nie!
Vir wat vertel Jesus vir die tannie waar poplap is? Ek wil niks nóóit ooit weer hê nie! Liewe Jesus laat vat al my goed! Hy vat alles!
MAANDAG
KLEI DAG
Dis weer klein skool…My oë volg die koggellissie wat teen die boomstam opkruip. Ek wil op sy rug spring en saam hom ry tot bo in die boom. As ek bo is sal ek Willie kan sien speel, wonner of hulle ok groot bande en ‘n sandput het en of hulle ok kan swaai, hierdie bome is nie vir klim nie net vir kinners ophang.
An hang onderstebo aan die klimraam. “ apie,” lusp sy en lag uit haar maag. “lom!” stik sy half. Mamma bring ons elke keer terug. Ek wili meer terugkom nie, maar Mamma sê kannie anders nie. An is darem hier. My kop draai en draai. An is ok nie groot nie, nes Hansie…“lier” lusp An en swaai…
Die klok lui. Ek en An is saam in die skool. Sy sit net in ’n annner klassie, ons spel altyd sam. Die klok lui en die klas begin:-
Ons moet diere maak vandag met rooi klei. Dis lekker sagte klei. Party maak honne, anner maak pérre maar die meeste maak slange, dis maklik.
Ek is baie besig, ek maak likkie, ek kry nie likkie se kop reg nie. Hande onder die ken wonder ek hoe sy gesig nou weer gelyk het, sy dik lyf en stert onthou ek, want hy slaan, slaan so… dalk as ek ’n mooi likkie maak en jam-mer sê, sal als wee regkom. Ek sukkel, dan frommel ek die spul vies op, ek kannie meer likkie se gesig onthou nie? Ek wip soos ek skrik vir die juffrou se kwaai stem.
“Jy het dan nog niks gedoen nie, juffroutjie! As jy dan nie wil saamwerk nie, gaan staan daar in die hoek met jou gesig na die muur toe!”
“Ek kannie…, ” probeer ek…
“Hoek toe met jou!” Skreú sy.
Juffrou wili luister nie. Niemand luister nie. Almal kyk vir my. Oë grond toe, hoek toe. Hoekom kan ek nie onthou hoe likkie se gesig lyk nie? Hoe lank sal ek hier staan? Die klok lui. Dankie tog, nou kan ek buite gaan speel en gaan piepie.
“En waar dink jy gaan jy heen?” Raas sy
Ek staan, ek hoor die anner kinners buite speel, ag ek wil pieppie! “Pappa, kan jy my regtig hoor? Ek wili huil nie, sluk die trane, ek wil piepie ok, Pappa, hulle hang jou in die sak op as jy in jou broekie piepie, Pappa hoor jy my?“
“Likkie is seker ’n vreeslike sonde, het Pappa geweet? Hier straf jefrou my alwee, net omlat ek Likkie se kop vergeet het. Die storie tannie sê die slang is die duiwel. Seker is Likkie, slang se boetie, die ene met voete.” Praat my kop… “Hulle het Poplap gevat, het Pappa gesien? Het jy dít geweet toe jy vir Likkie huis toe gebring het Pappa? Likkie was só oulik as hy so eiers eet, maar alles gan sommer verkeerd. Pappa is dóód, Oumie is dóód en sê hulle julle kannie terug kom nie. Likkie is weg. Mamma werk by oom Jood. Ek en boeties bly in diè plek, niemand hoor jou nie.” Oe, my beentjies. “Jy moet Jesus vra om by die huis te bly, Hy vertel hulle alles, weet jy? Dan kry jy raas en pak, die vreeslikste ergste is, hulle vat al jou goed!”
My beenties is vrééslik moeg. Wanneer kom die kinders terug? Ek hoor juffrou buite, die kinders sing ‘n liedjie… Hulle het my klaar vergeet. Wonder of die juffrou sal raas as ek sit en na die muur kyk?
Ek skrik wakker toe die juffrou my aan my arm regop tel. Dankie tog, my broekie is nog droog! Ek sal moet hardloop.
“Hemel kind, hoekom sit jy nog hier? Jou maatjies is al tehuis toe! Weg is jy!”
Ek wag nie, ek hol gou die badkamer toe. Kaplaks vas in ‘n tannie! Kry ’n hou op die been.
“Wat hardloop jy hier rond? Jy moes al by die eetsaal wees!”
Water loop teen my been af. Nééé, die bruin sak! Hardloop…en ek hardloop. In daai sak nee, nie ek nie! Iemand sal my na Mamma toe vat, ek sal hulle vertel, al is dit klik, die tannies wil my in die bruin sak ophang. Mamma toe…!
“Waarheen hardloop jy kleinding?” Dis die oom wat skeef loop met die kierie.
“Néé, neee!” Gil ek. Ek moet loskom die oom gaan die tannie help om my op te hang. Skop en skree, dit sal help.
“Kom groot nooi, kom vertel vir oom Gerrie wat jou so bang maak.”
Die oom klink nie kwaad nie. Hy buk af, moenie my optel nie…, hy sal voel lat ek nat is! Ruk, probeer wegkom. Die oom hou my te styf vas. Ek kan-nie los kom nie!
Iemand vat my gesig tussen twee sagte hande vas.
“Kyk na my, Mart.” Dis die oom wat skeef loop se tannie. Sy praat sag soos mamma. Haar oë is nie kwaad nie. Miskien sal sy my help om by Mamma uit te kom.
“Waar’s my Mamma, ek wil na my Mamma toe gaan seblief…”
“Toemaar grootnooi, ek sal nie dat hulle iets aan jou doen nie. Kom hier,” sȇ sy sag.
Woes keer ek toe die tannie my wil optel. Netnou voel sy lat my rokkie ok nat is. Die tannie vat my hanne en loop sam met my. Sy vat my na die badkamers toe. Die tannies is nou baie vriendelik, maar die sagte tannie stap sam en wag dat hulle my bad en aantrek.
“Sorg dat sy iets kry om te eet.” Sê die tannie en loop sam tot by die lang tafels, sy tel my op my stoel, die ander kinders is al uit.
Hulle raas en skreù nie eers as die tannie by is nie? Sjoe, dit was amper!
EK DROOM
Pappa hardloop vir my weg en likkie lag vir my. Ek word wakker en is papnat, maar nie van piepie nie. Ek byt op my tanne, ek moet net my oë oophou en vir die dak kyk…Likkie jaag my, ek hardloop en spring, ek val hard van die bed af. Sjoe dis seer, moenie huil nie, vee af die trane. Ek wil piepie. Dis donker, ek sal An vra, sy sal seker wakker word as ek saggies aan haar hand vat. Ek kruip in die donker, onder deur die beddens tot by An se bedjie sy slaap aan die kleintjies se kant..
“Kom piepie sam my seblief, ek’s bang!”
“Ollight,” lusps sy vaak…en val ok van die bed af.
***
DIE ROOI SKOOL
Die volgende dag in die Rooi skool, sȇ Juffrou dis Jesus in die prentjie. Ons moet dit inkleur. Sy oë lyk vriendelik en sag in die prentjie. Die prentjie laat my aan Pappa dink en an sy stories, dan hy sit die kleurmannetjie op my hanna en laat loop hom, dan kielie dit. Ek hoor sommer sy stem in my kop.
“Sien jy my meisie, Jesus maak, die voëltjies, miere en die visse wat ons vang. Onthou ons maak nie diere dood as ons nie honger is nie. Kyk nou vir Likkie.” vertel Pappa. “Ons voer en speel met hom omlat hy seer gekry het maar ons kan hom nie eet nie. Ons moet hom mooi oppas totdat sy poot gesond is, dan vat ons hom weer water toe, om hy saam sy maatjies te speel.” Praat Pappa in my kop.
Jesus maak ok die blommetjies wat ons altyd vir Mamma pluk in die veld. Ek’s hartseer, hier’s nie blommetjies om te pluk nie, dis ’n dood sonde…
“Het Jy dan nou oud geword Jesus?” Prewel ek sag. “Oeps,” netnou hoor iemand my.
Swart baard, swart hare, rooi oë. Jesus is nou oud en kwaai, nie meer lief nie. Hy vertel dan vir die tannies als dan’s ek in die moeilikheid. Bruin stok vir Sy kierie…
Die potlood vlieg uit my hand. Juffrou se harde stem maak my ore seer.
“Is dit nou wat jy van Liewe Jesus dink? Hoek toe met jou! Ek sal jou leer om so met Jesus te spot!”
Wat het ek nou weer gedoen? Sy stamp-stamp in my rug tot ek in die hoekie staan, rug na die klas, oë toe.
“Jesus, ek’s so jammer dat ek nie weet hoe oud Jy nou is nie, moet seblief nie een van my boeties vat nie, ek sal nooit weer nie!”
My lyfie bewe woes, ek kannie stop nie…
“Pappa, ek is bang, ek het Jesus verkeerd geteken. Séblief sê Hy moenie een van my boeties vat nie!”
Ek byt hard op my lip om nie te huil nie, sies dit proe sleg! Ek hoor die deur agter my oopgaan en die kinders wat fluister. Mag nie omkyk nie, wie’s daar?
“Wat maak daai kind in die hoek?” Vra die sagte stem
Ek loer skelmpies om. Dis die oom wat skeef loop se tannie. Die juffrou gee vir haar ‘n papier, is seker my prentjie van Jesus.
Nou’s dit sak toe! Ek kan die trane nie keer nie. Die trane kom net en kom net…
“Mart, kom vee af jou trane, ek gaan wys jou gou iets.” Die tannie se stem is sag, sy vat my aan die hand. Ons loop buite toe.
“Tannie,” snik ek, “ek wil piepie.”
“Goed liefie, kom ons gaan gou badkamer toe…”
Ek en die tannie kuier lekker, die tannie wys vir my al die mooi blomme en voëltjies en vertel sommer allerhande stories, sy praat nie eenkeer van die prent wat ek verkeerd gekleur het nie. Die groot klok lui.
“Weg is jy jong. Vinnig, maak dat jy in jou ry kom, ons kuier anderdag weer, ek wil hê jy moet met ‘n ander tannie gesels oor al die goeters wat jou so laat huil, sal jy?” Ek knik.
Die tannie is sag soos Mamma. Ek wil nie teruggaan nie, sy maak my vingers saggies los en stoot my na die ry.toe. Ek wonder hoekom die tannie se wange so nat is, net soos huil.
’n Vriendelike tannie kom elke Dinsdagmiddag vir my kuier, en prentjies saam met my teken en vir my stories vertel. Haar naam is tannie Ansie. Dit is lekker, want die tannie luister as ek van Pappa praat, sy word nie kwaad as ek sê ek verlang na Mamma en my boeties nie.
Ek wou nog vir die tannie vertel van poplap, maar dis klik. Dalk hoor Jesus. Sy sê dat Jesus is baie lief vir kinders, dat Hy verstaan dat ek kwaad en hartseer is. Ek bly maar stil. Sy weet nie Jesus hoor ons nie. Die groot tannie’s sê Jesus vertel hulle alles.
“Dis baie deurmekaar vanlat my pappa dood is,” fluister ek dat net sy kan hoor. “Dis net lekker as mamma kom kuier en ek met my boeties kan speel en met An ok.”
Die tannie kyk snaaks na my en vryf oor my hare. “Gaan nou eers terug ek kom weer,” belowe sy.
Party Woensdag middae, mag ons nou bietjie saam met ons boeties speel. Ek hou daarvan. Sarel is An se boetie en hy maak vir ons poppe van mieliestronke met mooi mielieblaar rokkies aan. Ons moes ok als wat ons ammekaar kon bind optel. Dan wys Sarel ons om te brei met twee stokkies en vir ons mieliepoppe klere te maak. Dis bietjie skeef met gate in. Sarel help almal wat wil leer. An se popklere maak hyself sy’s nog klein.
My klein boetie sit net styf teen my, as Willie klaar sy paadjies gebou het, soek hy die mooiste klippe uit vir karretjies, die drie van ons lê plat op ons magè en jaa reisies met ons klip karre tot die klok lui. Hansie jaag sommer skeef oor die paadtjies, hy’s nog klein.
Vier vingers voor mamma kom dan kan ons weer sam speel.
HOOFSTUK 2
DIE TWEE GESINNE KUIER SAAM
Dis al lank se tyd lat ons sam met An en haar boeties en sussies sam hulle se Pa, onder die groot ou boom in die verste hoek van die speelgronde kuier, nie by die sakboom nie, ons speel nie daar nie. Die twee sussies van An is ok groter, Toekoe is net so bietjie groot soos ek, en Tina is net bietjie kleiner en An kleinste. Die boeties is groter as Willie en Hansie, maar hulle is sam in een saal en is maats. Die drie sussies is saam met my in die saal. An met haar ronde lyfie is soos Hansie, sy’s is my sussie maikie, ons loop altyd saam
as die skool uit is.
Ek het mamma altyd vertel van die dogtertjie, haar se mamma het haar weggegooi, nou glo Mamma my darem dat dit nie ’n jok is nie, ek’s bly dat ons nou saam kuier. Mamma bring altyd baie koekies en vleisies en almal eet saam. Die oom Gert bring baie lekkers en koeldrank. Dit voel soos ver-jaarsdag en word minder erg om agter te bly.
HANNES WERK MAMMA VAT DIE TREIN
Dit was op so ’n kuierdag dat Mamma met die trein moes ry. Oom Hannes werk skofte en kon nie uithelp nie. Die weer is erg, Mamma weet dat hulle kan in die saal kuier wanneer dit reën.
Die families het al oral in groepies bymekaar gekom. Oom Gert Niemand en sy kinders ook. Ons drie sit bymekaar, ons oë kyk deur toe. Vergeet van moenie hardloop nie hol toe by Mamma by die groot deur inkpm, en elkeen gryp ’n hand of ’n rokspand of net iets om aan vas te hou.
“Ek het gewonder waar jy was,” laat oom Gert hoor. “Ek het jou klom-pie genooi om solank by ons te kom sit, maar verniet. Om die waarheid te sê, An wil net weet waar die tannie-ma is.” Die oom glimlag toe Mamma rooi word soos as sy gehardloop het
“’lo annie!” An se twee vet armpies gly om Fransie se nek, die oomblik toe sy sit en so begin die kuiery met Mart op die een been en An op die ander. Hansie staan vreemd eenkant en sy roep hom nader. Half sku kom staan hy by haar en sy sit dadelik die dogters neer om hom op te tel. Hy klou haar net om die been vas vir al wat dit werd is.
“Kom my grootman, het jy dan nie ook so baie verlang soos ek nie jong?” Sy wend weer ’n poging aan om hom op te tel, toe hy egter begin huil is dit Willie wat vir haar in die oor kom fluister dat sy boudjies seer is. Sy vra om verskoning en neem die twee seuns badkamer toe, Mart tou agterna. Sy trek Hansie se broekie stadig af terwyl sy al sussend met hom praat en kry amper ’n floute toe sy die rooi hale oor die klein maer boudjies sien.
“Wat op aarde gaan hier aan?” Vra sy met soveel trane in haar stem dat sy amper nie die woorde uitkry nie
“Hy het sy lepel laat val en toe stamp hy sy papbakkie om.” Willie begin ook sommer huil. “Toe spring Mart op om hom te help maar sy mag nie, toe slat hulle altwee”
“Toemaar, toemaar,” troos en huil sy gelyk.
Oom Gert kom kyk toe Mamma nie terug kom nie, hy klop saggies aan die badkamer deur en kom in hy sien mamma en ons drie kinders sit net en tjank langs mekaar op die vloer.
“Wat op aarde gaan hier aan?” Hy stap nader en tel Willie op wat deur sy trane vertel van sy boetie en Mart se pakslae.
Fransie vee haar trane met ’n sakdoek af, tel Hansie op en loop som-mer verby die oom.
“ Kom julle,” maak sy haar kinders bymekaar en stap reguit na die groot huis toe, waar die oom met n kierie bly.
“Verskoon my mev,” stop een van die tannies haar.
“Vergeet nou van die kantoor of wie ook al aan diens is. Nou vat ek haar kinders hier uit”. Mamma is kwaad soos in kwaad sy vat ons drie kinders en loop verby die vrou . Sy vat ons na die kierie oom Gerrie Wessels se groot huis toe. Hy maak die voordeur oop. Mamma groet nie, sy trek net Hansie se broekie af.
“Ek het my kinders hier gelaat vir versorging en beskerming en nie om mishandel te word nie! As julle hulle gaan doodslaan, sal ek ’n ander plan maak. Ek vat hulle nòù saam met my. Ek sal wel regkom,” borrel die woorde woedend uit.
Die sagte tannie kom ook die kamer binne toe sy die geraas hoor. Mamma, Hansie se boudjies is nog kaal, sy wys vir die sagte tannie die rooi-pers merke. Nou raas sy met die Tannie.
“Ek sal die kinders vandag nog neem as julle net hulle goed bymekaar kan kryHulle het nou kort hulle pa verloor, toe hulle ouma. Dit is vir hulle erg om van die huis af weg te wees en in hierdie omgewing aan te pas. Ek gaan nie toelaat dat hulle nog simpel geslaan word ook nie!” Mamma word nooit so kwaad nie
“Wat te erg is, is te erg. Die Tannie se oë word groot toe sy Hansie se boude sien. Sy vat Mamma aan die arm en laat haar sit.
“Wag ek gaan maak eers vir ons tee,” troos sy.
Mamma wil net wegkom, sy willi sit nie ok nie tee hê nie, sy weg kom. Die kierie oom se naam is Gerrie hy belowe Mamma hy sal die een wat dit gedoen het kry en hom straf. Die tannie se naam is Daleen sy bring salfie om aan boetie se seer te smeer.
Tannie Daleen belowe: “Ek sal self daarna kyk deur die week, die staf sal beslis onder hande geneem word, want dit kan net nie toegelaat word nie.”
Mamma, sê weet sy weet sy kannie anders nie, sê net dankie vir die oom en tannie en gaan terug na oom Gert en sy kinders wat vir ons staan en wag. Die hele middag is ons almal stil. Mamma hou ons kinders net styf vas, An kom ook eenkant stuif teen ons staan. Ons is sommer vies toe die groot klok lui.
Mart staan op die stoep en sien hoe die oom met ’n groot kar vir Mamma wag met ’n groot sambreel. Oom Gert wou haar dan stasie toe vat, het Mart gehoor. Wat nou?
“Ek was sommer lus om ’n entjie te ry en besluit toe om jou te kom haal, sodat jy nie in die reën hoef te sukkel nie.” Hy hou die oopgemaakte sambreel uit na haar toe. Sy is so verbaas en verdwaas, van die middag se gebeure, dat sy gedwee onder die sambreel inskuif.
“Hoekom gaan Mamma dan saam die oom.” Wonder Mart hardop.
HENK STEENKAMP LOOP N BLOUTJIE
“Jy is stil,” begin hy gesels, “hoe het jou middag toe verloop? Die kinders was seker bly om jou te sien. Ek wed jou hulle het gedink die reën sal jou weghou.” Hy draai sy kop effens na haar kant toe as hy geen antwoord kry nie.
“Ek moet hulle daar uitkry voor hulle doodgeslaan word!” sê sy en staar droewig voor haar uit.
“Jy moet jou dit nie so aantrek nie, dit vat nogal baie om so ’n klomp in toom te hou.”
Net dáár slaan Henk Steenkamp die spyker in sy kuierkis. Die uitdrukking op haar gesig vertel hom dit was die verkeerde reaksie.
Al het hy ook hoe hard probeer om te verduidelik, “ek het dit nou nie so bedoel nie hoor,” het sy hom net die koue skouer gegee, later het hy maar tou opgegooi en in stilte verder gery.
HOE STRAF HULLE DIE ‘ ’n JEFROU
Ek wonder wat aangan, hulle dink seker nuwe slae uit. Ek wens ek was ’n vlieg. Ek is nuuskierig en eers loer net ek, toe sommer die hele klas deur die vensters, want ons weet nie waar die tannies is nie. “Kry hulle ’n hou oor hulle hanne of moet hylle ok oor die stoel lê”vra Pietie.
”O, julle daar kom die tannies, hulle praat saggies met mekaar… tjip gil Sallie”
Almal spring gou terug op hul plekke en toe die tanniei n kom, sit ons almal weer op ons plek met ons arms gevou.
Ek kán nie vir Mamma sȇ wat toe gebeur nie, dis klik. Die Tannie-vrouens se harte word verskriklik baie hard. Hulle was kwaad omlat die oom wat skeef loop met hulle geraas het.
Ons kry nou erge strawwe, niks wys op ons lywe nie, maar ek word erg bang vir Jesus, kannie bid soos die sondagskool tannie sê nie, netnou onthou ek verkeerd.
Juffrou waarsku:-.“La een van julle dit net waag om te gaan klik!” Die tannie lyk heks kwaai, So was dit ok, ons word gestraf, Ons kan nie ’n merkie vir Mamma wys nie.
As Mamma maar weet. “Pappa jy kan mos sien, sȇ vir oom Pietie, en ok vir Mamma séblief, ons mag nie klik nie!” So bid Mart, praat met haar pa op haar knieë.
Mamma troos my altyd en vertel my van Jesus. Ek klou altyd net styf vas, sy is sag en veilig, ek wens sy wil bly. Weet sy dan nie dat Jesus nou hier is en die tannies als vertel nie? Is daar baie van Jesus se boeties, want Mamma en Pappa en die prentjie tannie praat van die Jesus wat lief is vir kinners, die Boetie van Jesus, is kwaai nes die tannies…
EK’S HET NOU VIER GEWORD
Ek’s nou al 4 jaar en weet van bang, wil net die tannies mis. kyk baie benoud hoe van my maikies elkeen met ’n baksteen bokant hulle koppe staan, dit net omlat daar ’n merkie op hul rokkies is. Heeldag het ek so geoppas dat my rok tog net skoon moet bly, maar die tannie-vrou kry tog ’n merkie agter op my rok, sy stamp my tot in die ry en gee my ’n baksteen, ’n rooie en ons staan.
“Pappa, weet Pappa hoe swaar is die steen? Pappa my arms is moeg, ek kan dit nie meer hou nie,” gesels my kop. “Pappa kom tog terug, ek wil huis toe gaan!” Ek praat met Pappa dan’s die seer minner. “Mamma, dis’s nou regtig egtig erg,” huil my hartjie. Ek byt hard op my tande, maar die trane loop…
WILLIE VERTEL
Willie sê een van die kinders het ’n albaster gevat wat nie syne was nie. Die allies is in sy hande gesit en styf vasgedraai met lappe. Toe hulle dit ná in vir ewig afhaal, het dit vreeslik gelyk en kon hy nie sy hande roer nie, hy het gehuil van die seer.
Willie het my ok van arme Sarel vertel, maar ek maggie vertel nie, want dis klik. Willie sê hy is al negejaar, maar piepie nog in sy bed. Ek won-ner hoekom so ’n groot kind in sy bed piepie. Willie sê die tannies laat hom elke keer al sy klere uittrek dan moet hy in die koeistal gaan staan, dan gooi die ander seuns hom met nat mis en modder, totdat net sy ogies uitsteek, as hy skreë moet hy staan tot dit droog is, as hy net stilstaan, spuit hulle hom af met yskoue water. Hy is baie blou en bewe erg wanner hy aantrek. Willie kan sien hoe Sarel probeer om nie te huil nie.
Hy sukkel ok so om die klonterige pap in die môre af te sluk, dan stik hy sommer en word naar. Sy neus loop aanmekaar van verkoue, dan kan hy nie knyp nie. Willie sê hy slaap sommer in die donker toilet om nie sy bed nat te maak nie. Willie leen vir hom sy blou jersey, solat hy nie so koud kry nie.
Alles skoon piere verniet! Sarel piepie en hulle slat.
Ek kry vir Sarel jammer. Sarel sê niks vir sy pa nie, want die tannies sê hulle sal nog erger dinge met hom doen as hy klik.
Ek droom van slegte dinge… soos kinders wat lewendig begrawe word…kinders hang aan die bome… tannies kom nader met ’n groot emmer bruin pap… ek moet alles eet, ek skrik wakker wil opgooi…
WAT HET SY GEDOEN
Ek sien hoe die tannie-vrouens een van die meisies met modder smeer en in ’n streepsak toedraai en haar na die vuur toe sleep agter die gebou. Sover as wat die tannies sleep, skreú sy vreeslik verskriklik want hulle sê sy gaan ge-braai word. Ek druk my oë toe, die skreú word erger, ek loer deur my vingers, sien die sak naby die swart tannies se vuur lê. Die swart tannie skud net haar kop en sê:
“Jona wê!” of so iets en roer die groot pot pap om en om.
Die tannie kom na lank terug. Sy haal die maatjie uit die sak en spuit haar met koue water af.
Toe sê sy vir haar:-
“Huil…, sê net vir iemand, volgende keer spaar ons jou nie, dan braai ons jou rêrig, loop was daai klere ek wil nie ’n kolletjie sien nie!”
Die maatjie snik en skud haar kop op en af, want jy praat nie. Ek wonder wat sy gedoen het?
Ek skrik my amper papnat, toe die tannie hard skree:
“Hoe lank wil julle nog so staan, bȇre daai stene en gaan trek uit!” die stene val sommer op die grond…
Die gange is lank en donker. Daar is nie eers een liggie wat brand nie, vreeslik, verskrilik bang, knyp jy tot dit amper te laat is.
Ons almal word al stiller en lag nooit meer nie, want daar moet stilte wees of jou mond word toegeplak. Lag is seker sonde. Die ergste is Jesus alles sien, maar ek kan Hom nie sien nie! Ek verstaan nie van die Here nie, is hy Jesus se Boetie, is daar twee? Een lief een en een Kwaad? So loop ek baie bang rond en verstaan nie meer van reg of verkeerd is nie, alles is seker maar verkeerd, want saak nie maak nie, straf word ons gestraf. As een kind stout is, kry ons almal raas en straf.
***
WEER DIE ROOI SKOOL
Dis weer die tekenklas in die Rooi skool. Ons moet ons families teken. In die een hoek hoek teken ek my mamma, sy’s ver sy’t ‘n rok aan. In die ander hoek maak ek net ’n swart kol, dis Pappa want hy’s weg. Onder in die een hoek teken ek twee klein stokmannetjies, dis my boeties wat ek nie kan sien nie. In die middel is twee dun strepies, dit is ek en my maikie, maar ek teken ons klein dat die mense ons nie raaksien nie. Die juffrou kyk oor my skouer en blaf.
“Probeer jy weer snaaks wees? Wat is dit met jou en die tekenry? Hou jy nie daarvan nie?” Haar stem klink so kwaai dat ek niks kan sȇ nie.
“Nee, ek bedoel ja, ek bedoel…,” hakkel ek benoud.
“Loop staan daar in die hoek, lyk my jy hou daarvan!” Sy tel my aan die een arm op en stoot my tot in die vreeslike hoek. Hulle vergeet jou maklik daar. Ek kannie verstaan nie, die juffrou sê ons moet ons families teken, maar dan is dit ok nie reg nie. Die ander tannie het nooit baklei as ek geteken het nie, sy vra altyd of sy dit maar kon hou, nou verstaan ek nie.
Ek wonner hoeveel van die stories, hoor Pappa. Ek wonder of kwaai Jesus my ok hoor, Hy’s orals, ek wonder of Hy nog kwaad is vir my omlat ek Hom verkeerd geteken het, maar ek kan hulle nie sien nie, ek weet nie watter een was in die prentjie nie, die kwaai Jesus of die liewe Jesus? Ek wonder of Pappa my prentjie verstaan, ek wou nog die huisie en boom geteken het…
Ag ek wens ek kan vir Mamma vertel, maar ek is só bang vir die sak. Die tannie-vrou het my nou die dag verewig in die toilet toegesluit, omlat ek na Mamma verlang het, ek het op die bank geklim, maar is te kort en kon nie by die venster uitkyk nie. My keel trek sommer toe as ek net aan daai klein plekkie dink, maar ek mag nie vir niémand sê nie, nie eers vir oom Pietie nie, as Jesus hoor, vertel Hy vir die tannie.
“Hoor jy nie as mens met jou praat nie?” Ek maak my amper nat toe die liniaal oor my maer beentjies val, ek dink aan Pappa, toe hoor ek nie juffrou roep my nie.
“Skuus tannie,” wil sommer tjank, maar ek byt vas. Ja, vasbyt ken ek. Oom Pietie sê ons moet vasbyt, ons gaan nie verewig hier bly nie. Ek wonder hoe lank verewig is?
Toe ons in die bad sit, voel ek hoe brand my beentjie, ek kyk af en sien die rooi mer. Ek weet dis net twee dae dan kom Mamma kuier. Hoe gaan ek tog die merk wegsteek, as Mamma sien, gaan sy met die jeffrou raas, dan is dit die sak.
An sien die rooi en fluister. “lek goot lok an, eina?” Maikie lyk baie jammer, daar’s trane in haar ogies, ons sit doodstil die tannie van die huis kom nader met die borsel en groenseep.
“Wie het jou so geslaan?” Vra sy toe sy die rooi sien.
“’n Ongeluk tannie.” Sê ek so vinnig dat ek stik. Ons mag nie klik nie. Hoe vra die tannie dan? Het Jesus haar nie vertel nie? Sy werk vandag sag-gies met my en skrop nie my nie.
***
Dit is toe ook net wat gebeur Mamma kom dadelik agter dat ek aanhou trek aan die amper te groot rok wat ek aan het en roep my nader. Ewe sag-gies vryf sy oor my maer ruggie, sonder dat ek dit agterkom, lig sy my rok effens en sien dadelik die haal wat nou al effens pers is. Sy tel my op haar skoot.
“My arme kind, wat het gebeur?” Sy vryf saggies oor die seer plek en voel seker hoe my lyfie styf word van bang.
“Mamma moenie raas nie, ‘seblief Mamma,” die huil kom sommer vanself. “Dis net ’n ongeluk, rêrig Mamma. Dis net ’n ongeluk.” Ek’s so benoud, dat Mamma snaaks na my kyk, sy trek my net stywer teen haar vas en verseker my dat alles reg is.
Ons kuier saam onder die boom, oom Gert kyk na my mooi ma wat so lief is vir ons. Ek dink hy wil ook so ’n Mamma vir An-hulle hȇ.
Die klok lui en ons klomp spring weg, dis weer An met haar vet lyfie en kort beentjies wat neerslaan. Die groot tannie kom nader sy lyk vieserig, maar Mamma spring vinnig vorentoe en tel An op. Sy kyk kwaai na die groot tannie ek dink die tannie is bietjie bang vir Mamma, want sy gryp An nie soos altyd nie. Ons huil nie meer so baie nie, ons weet Mamma sal terugkom.
Ek het al verjaar:- as ek weer verjaar dan is ek vyf. Dit voel al soos verewig…
Tannie Magda is Mamma se sussie. Sy vertel my ok van Pappa wat so seer gekry het, en dat niemand vir hom kon koebaai sê nie, nie eers Mamma nie. Sy sê Mamma wil ons so graag by haar hê en sy huil baie. Sy vertel:- As ons ’n ander Pappa kry, kan ons weer by Mamma bly en nooit weer terugkom nie.
Ek word yskoud. Ek wil nie ’n ander pappa hê nie. Ek het ’n eie Pappa. Wil ok nie hier bly nie Ek skud net my kop en sê:
“Dankie tannie.”
ROU TYDPERK VERBY
Sy is so ontsteld oor die hale oor Mart se bene. Sy maak vir haar ’n koppie koffie en gaan sit by die kombuistafel, sy’s so moedeloos, wat op aarde gaan sy doen om hulle daar uit te kry? Dit help nie eers om te vra nie, alles by die kinders is altyd net ’n ongeluk. Moeg sak sy met haar kop op haar arms.
Op haar ouboet se aandrang het sy ligter klere begin dra want dis byna twee jaar na al haar verliese, maar op ’n manier het sy nader aan Jim gevoel in swart. Sy onthou toe sy die eertse keer met ’n blou rokkie by die werk opgedaag het:
“Beuatifull woman!” het die ou Jood uitgeroep. Sy het skoon ge-bloos.
Sy luimer in en Droom: Jim staan op ’n heuwel glimlag en waai vir haar. Sy sien hoe hy mank-mank wegstap, maar in plaas daarvan om ontsteld te wees, sak daar ’n groot rustigheid oor haar neer…Sy dryf weg na ’n rivier… die water is helder sy kan die klippie onder sien. Daar staan ’n man met ’n klein dogtertjie naby haar, hy draai om en groet haar, sy kyk vas in sy blou oë, hy het swart hare, die dogtertjie huil…
Dis vyfuur toe sy vir die eerste keer wakker skrik. Sy voel so uitgerus. “Ek kan kwalik glo dat ek die hele nag hier gesit het, Wat op aarde sou die droom beken?” Wonder sy verbaas.
Sy nerie, steek die parafienstofie aan en maak vir haar ’n koppie koffie, dra dit na buite en gaan sit oudergewoonte op die stoepmuurtjie. “Die dag lyk anders,” roep sy verwonder uit.
Sy weet nie waaraan om dit toe te skryf nie. Sy drink haar koffie stadig, luister na die dorpie wat stadig wakker word. “Hi,” roep sy verbaas uit, as sy vir die eerste keer raaksien dat die bolle, wat syen Mart in gesit al blom. Stadig staan sy op en begin die nuwe dag.
DIE BEGIN VAN DIE LANGVERDRIET SAGE
GERT SE DROOM
Moeg en bekommerd, raak Gert daardie dag in die vroeë oggend ure aan die slaap, hy wonder waar Sarel aan daai vreeslike blou knop op sy voor-kop kom. Hy draai weer onrustig op die ander sy en verval in ’n snaakse droom:-
Hy stap vir myle aanmekaar, opsoek na iets. As iemand hom egter vra wat hy soek, kan hy nie sê nie. Hy stap homself moeg en toe hy hom weer kom kry, is hy presies waar hy begin het. Moedeloos gaan hy onder ’n boom sit, kyk rond en sien ’n mandjie met ’n mooi, rooi geruite doek daaroor. Hy is so honger en dors, hy wonder aan wie die mandjie behoort? Hy kyk om hom en sien ‘n vrou met haar rug na hom toe gedraai.
Sy buk af. Dit lyk asof sy wil water skep. Hy staan op en stap nader om sy hulp aan te bied. Sy draai stadig om na hom toe. Hy kyk vas in die gesig, wat maande lank al by hom spook. Haar vlegsel val los oor haar een skouer. Dit lyk asof sy vir hom wag.
“Jy’s laat jong, ek het vir ons ’n mandjie gepak, wil jy saam eet…?”
Met ’n ruk skrik hy wakker en sit regop. Wat op aarde sou dit beteken?
Van slaap is daar nou geen sprake nie, hy staan op en gaan maak koffie. Loop na buite en gaan sit op die stomp wat onder die populier boom lê. Hy kyk na die klomp houtpale en plate wat hy vir maande lank al bymekaar maak. “Ja,” sê hy hardop, “dis tyd om te begin met die seuns se kamer, die dogters word groot en die huis is klein,” hardop lag hy, “kyk Niemand as jy noual met jouself praat…” Skielik is hy lus om met die buitekamer en badkamer, wat hy vir sy gesin beplan het, te begin…
Hy wonder nog wat die droom beteken “Ek kannie wag vir die naweek om aan te breek nie. Ek sien so uit na Sondag,” droom hy hardop verder.
DIE TREIN RIT.
Fransie klim met ’n vreemde opgewondenheid op die trein. “Ek is bly dat Hannes my nie kon help vandag nie, want ek het tyd nodig om my kop agtermekaar te kry.” Praat sy met haarself en probeer die goed so pak dat dit nie ander mense verontrief nie. “Vandat ek die snaakse droom gehad het, was die man met sy swart hare en blou oë, nog nie ’n oomblik uit my ge-dagtes nie. Wat sou dit beteken?”
Nog ’n dame klim op op die volgende stasie en haar plek langs Fransie in, wat groet en dan ingedagte deur die venster staar.
“Ek hoop regtig daar gebeur iets dat ek helderheid kan kry.” Sy praat so hard dat die vrou langs haar, haar bekommerd aankyk. En vra.
“Wat’s fout dame?”
“Dit sal net heerlik wees om my kinders weer by my te hê,” beduie sy aan die dame, “maar tot nou toe, kon ek nognie sien hoe nie,” sê sy hartseer. “Ek hoop daar’s huurmoters naby vandag, dis omtrent ’n pakkasie.” Maak sy haar pakkies bymekaar.
Sy skrik haar boeglam toe die mansstem hier by haar praat.
“Gedog ek kom jou haal, dan hoef jy nie met die pakkasie wat jy altyd saambring in ’n huurmotor te sukkel nie.” Hy glimlag nes ’n skoolseun en neem die mandjie by haar.
“Bly om te sien ek het nie kompetisie die keer nie.” Hy sê dit so droog dat sy moet glimlag.
“Hoe het jy geweet ek kom met die trein?” Sy kyk hom vraend aan, want sover syweet het sy niks genoem nie.
“Wel, dis die naweek voor die einde van die maand, dan kom jy altyd met die trein. Jy moet weet dis al jare, so ek ken al jou roetine en Mart, sy het sê jy kom met die slang-trein.” Lag hy hardop. “Het ook maar ’n vet kans gevat, dalk het jy vandag ’n ander geleentheid gehad ,” lag hy stout. Half geskok kyk hy na die mandjie met die rooi geruite doek daaroor, nes in sy droom.
“Dis nes in my droom?” mymer hy. Hulle stap tot by die trokkie, hy maak vir haar die deur oop, “Dankie” sy klim in.
“Is daar fout?” vra sy toe hy ’n rukkie neem voordat hy self inklim.
“Nie eintlik ’n fout nie,” hy weifel vir ’n oomblik en vervolg mymerend. “Ek het laasSondagaand van jou gedroom, met die mandjie en dieselfde geruite doek daaroor, jy het my genooi om saam te eet.” Hy bly stil en kyk haar stip aan.
“Het jy toe?” Vra sy.
“Nee man, ek skrik toe te gou wakker, tot my spyt. Ek wonder nou nog wat daarin was,” lag hy
Sy weet nie of sy opgewonde, of bang moet wees nie. “Is dit moontlik dat dieselfde ding met twee mense kan gebeur op dieselfde tyd?” Dié keer is dit sy beurt om haar vraend aan te kyk.
“Nee, ek glo nie ek moet jou vertel nie, jy sal dink ek maak dit op.” Sy klink so ernstig en verward, dat hy dadelik die bakkie aftrek, dit afsluit en skuins na haar toe draai.
“Nou vir wat op aarde sal ek so dink?” Die frons tussen sy oë is diep ingekeep van verbasing.
“Uit daarmee. Ek is nou baie nuuskierig.” Afwagtend kyk hy na haar. “Is ek te voorbarig om jou te kom haal, of is dit omdat ek van jou gedroom het? Daaroor het ek ongelukkig nie beheer nie.” Nou glimlag hy van oor tot oor toe hy haar verleentheid sien, hy plaas sy hand op haar skouer.
“Vertel my asseblief!”
Sy uitnodiging maak dit vir haar effens makliker.
“Dis net snaaks dat ons op dieselfde aand van mekaar gedroom het, dis al.” Daarmee trek sy haar skouers verontskuldigend op.
“Dis al!” Jubel hy. “Dis wonderlik!” Hy lag hartlik en sluit die voertuig aan.
“Gaan jy my darem vertel wat die droom was? Asseblief net nie as dit ’n slegte een was nie,” skerm hy kastig.
FRANSIE VERTEL
“Ek het ’n man sien staan met ’n dogtertjie aan die hand, hy het met sy rug na
my toe gestaan en toe hy omdraai en groet, was dit jy met An aan die hand.” Sy praat so asof sy weer terug is in haar droom.
“Was jy teleurgesteld?” Vra hy ernstig, as hy skeef na haar kant toe kyk.
“Nee man, vir wat sal ek nou teleurgesteld wees?” Toe sy besef met hoeveel drif sy dit sê, bloos sy bloedrooi.
Hy plaas sy hand op hare wat los op haar skoot lê en gee dit ’n sagte drukkie. Hy wil nie dat sy nou verleë moet voel nie, vir hom is dit amper ’n antwoord op gebed. Hy is op die oomblik so opgewonde dat, hy kan uit sy vel bars. Hy het so hard gebid die hele week. “Wie sê dis nie die antwoord op sy gebede nie?” Wonder hy ingedagte.
“”Ek het baie oor die saak gebid, maar gaan nie sommer enige iets as vanself-sprekend aanvaar nie.” Besluit sy. Die opgewondenheid bly.”Hoe het hy geweet van die rooigeruitedoek?” Wonder sy. Sonder dat die twee dit so beplan het, ontstaan daar tog ’n band tussen hulle.
“Ek wil so graag my kinders by my hê, ek het nie geweet dit sal jare vat nie, ek was nogal vies vir jou daai eerste besoek tyd, toe jy, my vertel jou kinders is al solank hier.” Sy kyk hom hartseer aan.
DIE KINDERS WONDER
Dis anders vandag. Tot die kinders kom agter dat daar iets in die lug is. Gert vang Sarel wat na hom aangehardloop kom en swaai hom hoog in die lug. “Kom hier grootman” roep hy Pierrie, wat al half sku geword het nader en hy kry ’n stewige drukkie van sy pa af.
Die twee oudste dogters, kom elk op Gert se knie sit en is verbaas dat hulle nie sommer dadelik weer afgetel word nie. An het vrede. Na ’n vinnige soen op haar pa se wang, pyl sy reg op Fransie af, wat haar hande vol het met haar eie drie, maar groothartig plek maak vir nog een.
“Pappa!” Dis Johanna wat vir hom iets probeer vertel, maar sy ge-dagte is so ver dat hy haar nie eers gehoor het nie, hy tel haar op terwyl hy na Fransie se kant toe kyk, toe Johanna weer iets fluister:
“Jammer kleinding, wat wou jy sê?”
Johanna fluister weer iets in sy oor wat hom laat skater en belowe haar dat hy sal probeer. Sy bly dan ook omkyk terwyl hulle rye toe hardloop. Dit ontgaan haar ogies nie dat haar pa die tannie se hand vashou en sy ruk nie eers weg nie.
MART SE NAGMERIE
Mart se nagmerrie begin egter daardie dag. Sy en An wat nou soos mekaar se skaduwees is, klim weer saam in die bad, dit was ’n heel lekker middag. Volgende naweek gaan hulle huistoe. Johanna kom daar ingehardloop.
“My pa vry tog na jou ma,” sing sy, terwyl sy vrolik in die rondte dans. Die nat waslap tref haar egter mooi teen die kop en sy gil dat die dak lig. Die groot vrou kom ingehardloop. Dog een van die kinders het seergekry, maar al wat sy sien is die nat waslap op die vloer en die skreeuende kind.
“Wat op aarde is hier aan die gang, hoekom is die vloer so nat, en vir wat skree jy soos ’n maer vark?” Vra sy alles in een asem en pluk Johanna van die vloer af op.
“Sy sê haar pa vry na my ma!” Roep Mart woedend uit.
“Waar op aarde kom jy aan daai vieslike woord?” Die groot vrou loop Mart storm en slaan haar op die kaal nat boude dat die hale lê. Sy lig haar uit die bad aan haar een arm en dit voel of sy dit gaan afskeur. Nog ’n hou of twee verder, word sy beveel om aan te trek en langs haar bed te gaan staan.
“Daar sal jy staan totdat jy vir my kan sê waar jy aan daai vieslike woord kom, verstaan jy my?”
Die tannie staan oor my soos ’n heks in my storieboek by die skool, dink Mart benoud.
Kwaai draai die tannie om na een van die ander kinders toe. “Waar hoor julle daai vieslike woord, waar?” Gil sy.
Nou is ek so deurmekaar dat ek sommer begin huil. Waar op aarde het ek die woord gehoor. Johanna het dit mos eerste gesê, ek sal by haar moet hoor waar sy die vreeslike woord gehoor het. As dit so erg is, hoekom sal sy sulke dinge van haar pa en my ma vertel? Huil Mart voort. Snot en trane staan sy en wag vir Johanna, om te vra waar sy die woord gehoor het.
“Tjank jy miskien?” Val nog ’n hou en ek sluk my trane so vinnig weg en besluit om nooit weer te huil nie, oor niks! Iemand vat aan my voet en ek kyk af, reg in Johanna se bang gesig.
“Sorrie jong, is dit ’n vieslike woord? Ek dog jy sal ok bly wees, is vry so sleg? Die groot kinders praat altyd daarvan, dan lag hulle.” Nou weet ek sommer dat die sussie van An ok nie weet nie.
Die etensklok lui en ek bly staan. Gelukkig het Mamma lekker brood-jies en vleis gebring vanmidag. Ek is nie honger nie. Later kom Johanna terug met ’n platgedrukte broodjie en stop dit skelm in my hand.
“Jammer, jy moenie vir my kwaad wees nie ‘seblief!” Sy snik “Vandag hang sy my op!”
Ek kyk in haar oë en weet, dat Johanna erg bang is. As ek sou klik hang hulle haar dalk rérig op. Nee ek sê niks.
“Hier kom die tannie terug jong, klim gou in jou bed ek sal niks sê nie.” Ek maak asof ek hoes, toe die groot tannie vra wat ek brom. Johanna wat langs my slaap trek haar kop toe van pure bang.
“Toe bid en klim in jou bed. Volgende keer was ek jou mond met seep, verstaanjy?” Die vrou wag dat ek moet bid.
Ek kannie die woorde onthou nie, bid net saggies. “Pappa waar’s jy? Amen”
Ek klim in my bed, trek die laken tot teen my ken en kyk teen die dak vas. Sjoe my boude brand erg soos vuur, ek wonner in my kop wat ‘vry’ is. As dit so sleg is, wat wil oom Gert dan met Mamma maak?
PIEKNIEK BY DIE DAM
Die uitnaweek is oom Hannes nie saam met Mamma nie. Net oom Gert. Ons
word geroep as ons mense daar is.
Die koue bang pak my vas. Weet mamma van die érge ding wat oom Gert met haar wil doen? Wat soek hy alleen hier op ons uitnaweek saam met Mamma? Klomp dinge gaan deur my kop.
Mamma roep haar spannetjie bymekaar en vertel, dat ons almal die dag saam by die dam gaan kamp. Oom Gert laai ons vanmiddag weer by ons huis af. Sy sien die bang in my oë.
“Wat is dit kleinding?” Wil Mamma weet terwyl sy my optel en styf teen haar vasdruk, ek kan mos nie sê nie, dis vieslik en klik.
Fransie kyk haar dogter stil aan en weet dat sy nie ’n antwoord gaan kry nie, soos gewoonlik en sit haar neer.
Ek keer woes dat Mamma nie die blou hale oor my boonste bene en boude sien nie, dis niks lekker in haar arms vandag nie, ek byt op my tanne as sy my neersit.
Mamma sit my saggies neer, maar sy vra niks nie. Ek wens Mamma kan ons hier uitkry.
Die middag is baie lekker, die seuns hol rond en die meisies speel met hul voete in die vlak water. Terwyl oom Gert vleis braai en Mamma broodjies maak. Sy laat my en An toe om haar te help om die eiers af te dop, ons lag en hol rond en die tyd by die dam word baie lekker. Maar dan is dit tyd om huistoe te gaan, gelukkig is dit ’n baie dae uitnaweek en ons kan almal eers na ons eie regte huise toe gaan en in ons eie beddens slaap. Ek voel al hoe ek warm agter my mamma se rug inkruip.
“Laai ek jou en die kinders Maandag middag op?” Hoor ek oom Gert vra.
“Nee dankie, Hannes en Peet sal ons kom haal soos gewoonlik, dan sien die kinders hulle darem weer,” gesels Mamma en sy pak op.
Sal ek Mamma waarsku, haar vertel wat die oom met haar wil doen? Nee, netnou hoor kwaai Jesus dit, dan vertel hy die tannies, ek sal maar stilbly. Ek weet ok nie wat dit is nie. Daar is nou paar woorde wat my kop laat draai. Jesus, dood, weggooi slak, en vry! Ek verstaan nie een van hulle nie. Daar is niemand om te vra nie. Jesus hoor alles. Dan sluit hulle my weer in die toilet toe. Toesluit verstaan ek. Ek haat deure en klein plekkies, want as jy lank daar sit, word dit so klein dat jou asem opraak.
Oom Gert en Mamma vat baie aanmekaar, hulle lag ook baie en ek wonder of dit vry is? Wat’s erg daaraan? Nee dis iets anders. Hoekom het ek so ’n helse pak gekry?
Al die kinders sit vandag agter in die bakkie, net Mamma en oom Gert sit voor ek wonder wat praat hulle. Die klomp agter is vrolik en gou, gou is ons by ons wit huisie met sy blinkrooi stoep.
Oom Gert hou Mamma styf vas, en soen haar. Jig, is dit nou vry? Nee dit verdien ook nie so ’n hense pak nie.
DEEL 2
EERSTE BESOEK AAN DIE NIENABER ERF.
Opgewonde vertel Mamma ons:- “Oom Gert, het my genooi om na sy plek te gaan kyk. Wat dink julle ek dink dit sal lekker wees mamma sal julle kom vert!”
Fransie slaan haar hande saam. “Ai, die kinders kan hier hardloop en speel,” droom sy, toe hulle daar aankom.
“Hou jy daarvan?” Vra Gert agter haar.
“Dis pragtig en ruim,” lag sy vrolik.
“Sal jy kans sien om met my te trou en die plek saam met my deel?”
Sy aarsel ’n oomblik. “Kan ek daaroor dink?”
“Natuurlik, moet my net nie te lank laat wag nie, ek is lief vir jou, en wil jou vir altyd hier by my hê,” hy vou haar toe in sy arms en fluister saggies, “vir altyd en altyd,” saggies soen hy haar vol op die mond, en sy beantwoord dit met ’n sug.
Net die koer van die duiwe is hoorbaar, hulle is vir ’n oomblik verlore. Sy wikkel haar los met ’n skaam laggie.
“Kom jong dit word laat,” draai sy uit sy omhelsing.
REELINGS VIR SEPTEBER VAKANSIE
“Sal ons die kinders gaan haal vir die kort skool vakansie. Dan kyk ons hoe dit gaan, reg so?” Sy kyk hom vraend, effe onseker aan.
“Sal jy regtig met my trou?” Gert kyk opgewonde na die vrou voor hom. “Dit gaan’n reuse aanpassing wees!”
“Ek weet” Fransina leun teen hom aan, “Ons is lief vir mekaar en liefde oorwin alles, dink net Gert, ons kinders gaan almal saam wees?”
Hy hou haar styf teen hom vas, hy kan sy geluk nie glo nie. “Ek is lief vir jou my liefste, van daardie eerste keer dat ek jou gesien het, so lief. Dankie dat jy so ’n groot opoffering vir ons maak.” Innig neem hy haar in sy arms.
“Sal ons oom Gerrie vra om ons sommer daar in die Tabernakel te trou?” Hy’s so angstig, hy moet die knoop deurhaak voor sy van besluit verander. “Ons kannie so saam bly met die klomp kinders nie, wat sê jy?”
“Dit sal reg wees,” sug sy gelukkig. “Ons kan trou net die dag as ons die kinders gaan haal.” Opgewonde kan sy kannie wag nie. Sy gaan haar kinders haal.
FRANSIE PAK DIE REUSE TAAK AAN
MY KINDERS KOM HUISTOE
Dis dan vroeg in September, aan die begin van die lente, daal dié Engel by name van Fransina, op daardie stuk aarde neer. Want net die Vader het ge-weet, dit sou ’n Engel kos om die klomp te versorg en lewendig te hou.
“Vader wees met ons.” Bid sy hardop. Daar is net twee weke oor voor die kinders se koms vir hul eerste vakansie, en sy en Gert spook en spartel om vir elke kind ’n gaatjie te kry. Die twee slaapkamers in die grys huisie is met ’n deur verbind, tussen die kombuis en slaapkamers.
“Ons sal ’n plan maak,” stel sy Gert gerus, toe hy wonder hoe die vier Meisie in die kamer sou inpas.
Die hoof slaapkamer word netjies afgeskord met hangkaste, sodat dit ’n tipe van ’n gang vorm tussen die kamer en kombuis dn sodoende ’n gangetjie vorm na die dogters se kamer toe. So sou die twee van hulle darem hul privaatheid kon behou.
Die vier meisies se beddens kon net-net in die kamer langs die hoof-slaapkamer inpas, dit is bietjie skraps met die twee hangkaste wat moes in, vir die meisies se klere, maar dit is die beste wat nou gedoen kon word. Gelukkig is daar ’n buitedeur vir die meisies, sodat hulle nie die heeltyd deur die middeldeur na die kombuis hoef te beweeg nie, hulle kan buite om. Daar is ook ’n solder onder die meisies se vloer, waar mens oortollige goed kon stoor, moes maar net voorsorg tref teen muise.
Die vier seuns sal in die sinkgebou buite slaap. Dis heerlik ruim, met die badkamer net langsaan. Die buite toilet is aan die anderkant van die sinkgebou. Gerieflik geplaas vir verwydering deur die emmers deur die nagkar.
Vir die meisies word daar pie-potjies aangeskaf. Dis nou vir gebruik saans. Een wit, pienk, groen en blou sodat elkeen verantwoordelik kon wees vir sy eie. So ook is die waslappe en handdoeke gemerk.
“Sien jy Gert, daar het al die kinders ’n plekkie om te lê.” Sy gaan sit by die kombuistafel en aanskou hulle hande werk.
Haar rooi sitkamerstel pas net in die klein sitkamertjie, saam met die netjiese vertoonkas wat Jim nog vir haar gekoop het. Sy streel saggies oor die twee blou blom-vase.
“My liefde vir jou Jim, sal altyd my eerste bly,” fluister sy saggies. Al haar goed is nou al hier en sy kan nie wag om die kinders ook by haar te hê nie. Sy wonder wat hulle sal sê van die skuif.
Mart sit op die trappie van die rooi stoeppie by ’n baie lê huisie. Mamma sê ons gaan na die nuwe huis toe? Ek nou amper vyf jaar. Sal pappa dan by daai huis wees? Mamma sê dis oom Gert se huis met die groot tafel is die huis, sy het getel twaal stoele, die dag toe hulle gaan kuier het. Mamma het nie gesê hulle salal hulle goed moes weg gee nie. Nou is hulle huis leeg…
“is al ons goed nou weg gegee Mamma?”
Nee my liefie ons het dit net na die nuwe huis toe geskuif..
“Maar dis oom Gert se huis, ons kan nie almal in daai klein huisie pas nie?” Fransie lag uit haar maag uit toe Gert voor die wit huisie stop om hulle te kom haal Mart wou eers kom kyk het vir goebaai sê soos sy dit noem,
sy pluk die paar blomme af en sê “kan ons dit maar saam vat”
“Natuurlik my liefie ons sal hulle in die water gaan sit okay, kom nou.
Ons gaan tog huistoe, verewig is verby. “Ons gaan na Mamma toe, vir altyd en ewig”. Dis al wat Mart nou weet sy gaan na Mamma toe.
KINDERHUIS TROUE
Dis ’n groot dag by die Kinderhuis! Daar is ’n regte egte troue en daar word vir al die kinders koekies en lekkers gegee, ’n hele groot mandjie vol pakkies almal eners.
Mamma en oom Gert het toe seker nie gevry nie, want dit lyk nie of sy iets oorgekom het nie. Mamma lyk mooi en sy glimlag baie, kyk Mart die spul op en af aan.
Hulle gaan trou. Mamma het ’n mooi pienk rok aan en die Oom het ’n swart pak aan, nes oom Gerrie. Ons dogters het almal mooi wit rokkies aan en die seuns kort swart broeke en wit hempies met lang swart kouse en blink skoene.
Tannie Daleen het vir ons meisies blomblare gegee, ons moet dit op Mamma-hulle se koppe gooi as hulle by die kerk uitkom, almal gooi die blare op hulle koppe. My blaartjies het ek net laat val want ek het dit fyn gedruk.
Oom Gerrie en tannie Daleen stap saam met ons na die trokkie toe. Almal druk en soen en sê nog snaakse goed.
“Mag dit met julle goed gaan, mag Jesus julle toevou in Sy genade…”
Ek luister nie verder nie, wat is genade tog? Ek gaan agter Mamma se rok wegkruip. Jesus gaan saam! Met Sy genade wat ons gaan toevou, dalk kry ek nie asem nie! Dalk is dit so klein soos die toilet? Ek weet nie of ek moet bang wees of wat nie. Nog ’n woord wat ek nie verstaan nie! Hoekom kan Jesus nie hier bly nie! Hier’s baie kinders.
Hoekom stuur hulle hom saam met ons? Ek sal soet wees anders vat kwaai Jesus dalk een van my boeties.
Ons twee families gaan saam na ons nuwe huis toe, in Mountain View, ek moet onthou en sê dit oor en oor in my kop. Almal van ons sit in die bakkie en is doodstil. Wonder hoe sal dit wees. Weer in ’n nuwe huis?
Mamma sê ons gaan nooit weer terug na ons wit huisie nie, nooit weer nie.Ons gaan nou vir altyd in die nuwe huis bly, sy mure is nie wit soos ons ander huissie nie, maar hy is ok klein.
LANGVERDRIET
Dis ’n klomp opgewonde kinders wat die middag by Bergsigstraat 499 Mountain View, ’n voorstad van Pretoria aanland. Hulle nuwe tuiste. Vir Gert se kinders is net die veranderings vreemd. Vir Mart en haar twee broers is dit ’n hele nuwe aanpassing.
Mart kyk hoe die oom Mamma om die lyf vat en soen en word yskoud.
“Vry?” Heng, ek voel nog hoe brand my bene van die hale, oor die ‘vry’ woord.
“Wat nou van my pa,” wonder ek. “Oom Pietie het gesê ons gaan hom eendag weer sien. “Waar gaan hy dan slaap?” Ek is nou groter en weet dat dood soos in weg is, maar net miskien? Die Sondagskool tannie vertel altyd van die oom wat wakker geword het toe Jesus hom geroep het?
“Kom Mart, ek gaan wys jou waar julle kamer is en watter bed joune is, dan sommer die res van die huis.” Sy tel my op en druk my styf teen haar vas en sit my dan weer saggies neer.
“Mamma is so bly om julle weer hier by my te hê, al is dit eers net vir die vakansie en jy?” Sê-vra sy en kyk my met bly oë aan.
“Waar gaan Pappa slaap as hy net miskien terugkom, Sal hy nie dalk hier aankom, soos die Bybel se oom nie?”
“My liefie, my arme kind,” sy buk en hou my styf teen haar vas.”Mart, Pappa kan nie weer na ons toe terug kom nie, ons verlang ook, maar hy is by Liewe Jesus in die hemel en eendag as Jesus ons kom haal, dan gaan ons Pappa weer sien, maar nou moet ons eers vir hom wys hoe dapper ons is. Ons moet nou bly wees dat ons weer bymekaar is, verstaan jy my liefie?” Sy vee oor my gesiggie en verduidelik dat oom Gert nou ons nuwe Pappa gaan wees en vir ons gaan sorg.
”As daar ’n bom sou ontplof, sou dit seker nie erger wees nie,” dink Fransie hardop en knyp haar oë toe.
Mart druk haar hande teen haar ore. “Hy is nie my pappa nie!” gil sy dit
behoorlik uit.
Gert probeer nader staan om te help, maar sy klou Fransie om die bene vas asof haar lewe daarvan afhang.
Fransie stap eenkant toe en probeer Mart tot bedaring bring en bly besluiteloos staan. Die ander kinders het vir Willie en Hansie aan die hand, Hansie val eers ’n slag want die groot seuns loop te vinnig. Opgewonde beduie hulle al die veranderings wat aangebring is. Die Nienaber kinders is baie verras met die nuwe kamer en badkamer, hulle het altyd in die sinkbad in die kombuis gebad, omdat dit makliker was om die warmwater op die stoof te maak.
Hulle pa het nou so ’n snaakse kamertjie langs die badkamer gebou. Hy sê mens maak vuur daarin dan word die water warm, mens noem dit glo ’n donkie. Hulle moet alles in die donkie brand, as hulle vergeet gaan hulle in koue water bad.
An loop om en om, sien nêrens hare, ore of ’n stert nie, “Is veeslik snaaks, hoe wek dit?” Sy kyk die gedoente op en af, verstaan niks daarvan nie. “Sal liewe kyk hoekom skee my maikie so veeslik.”
“Jy seel lekly?” lisp-praat sy, slaan ’n slag neer, spring op, skud die stof van haar rok af en kyk verbaas na Mart as sy nie bloed sien nie. Sy kry Mamma aan die rok beet en lag vrolik.
“Hi sussie! Joune mamma, myne Mamma,” sy kry Mart aan die been beet en lag hardop en gil-sing:
“Onse Mamma wê, wê, onse Mamma la, la-la-la-la-la, onse Mamma…” Sy lag en haar pokkel lyfie draai in die rondte. Drie en ’n half jaar, sy kan nognie T of R sê nie, nes Hansie hy kan ok nie R sê nie. Fransie sien die gaping en maak Mart saggies los, weereens is dit die klein blouoog wat Mart tot haar sinne bring. Sy vat die twee aan die hand en stap die huis binne om vir hulle hul kamer te gaan wys.
Die week verloop redelik, die kinders is baie onseker van hulself, die nuwe Pa gaan nie by die Swift kinders af nie, dis vir hulle moeilik om te verstaan. Aan die einde van die vakansie het die twee seuns darem al by oom-Pa uit gekom, maar vir Mart, is dit Oom en klaar!
Fransie ys, as sy dink dat sy hulle na die September vakansie eers weer moet terugneem, om die skooljaar klaar te maak.
“Dink nou daaraan as ’n koshuis,” verduidelik sy. “Julle bly net daar tot einde van die jaar en as die skool sluit, kom julle huistoe vir goed!”
Dit gaan beter as wat sy verwag, want nou het die kinders iets om na uit te sien.
DIE SKOLE SLUIT
ONS GAAN HUISTOE
Eindelik breek die groot dag aan. Verewig is verby! Die skole sluit vroeg in Desember, die kinders kom nou huis toe vir goed. Daar is nie veel om te pak nie, want al die klere wat hulle daar dra, behoort aan die kinderhuis. So dis net tandeborsels, waslappies en so hier en daar ’n dingetjie. Die vreugde is groot. Die onsekerheid nog groter.
“Waar op aarde is jou hare Mart, wat het gebeur?” Geskok vryf Fransie oor die kaalkoppie van haar dogter wat soos ’n beeld staan en nie ’n woord sê nie.
“‘n Ander kind het gister kougom in haar hare gedruk, toe skeer daai tannie dit sommer so af,” kom dit van Tina, een van die dogters af.
“Laat ek my kinders hier uitkry,” Fransie se stem is stram van woede. Hier moet sy weg voor sy iets onverantwoordeliks doen! Sy streel haar kaalkoppie en sê vertroostend.
“Toemaar kleinding dis nou verby, ons gaan vir jou weer mooi lang haartjies groei hoor…”
“Neee, Wili nooit weer góór langhare hê nie, nooit ooit weer nie!” Die drif in Mart se stem vertel dat stilbly beter is, was dit nou nodig?
Die laggende kleinding het in ’n rebel verander. Die ergste is dat daar nou weer ’n nuwe verandering vir hulle voorlê, dink Fransie benoud. “sal hulle ooit weer herstel?” Wonder sy hardop…
”Toemaar, toemaar kom ons gaan bakkie toe.” troos sy en hand aan hand stap sy met hulle, hul nuwe lewe in.
WEESHUISHUIS DAE AGTER DIE RUG
Op die 6de Desember 1948 arriveer die twee gesinne by hul permanente nuwe tuiste. Die weeshuis jare agter die rug. Die nuwe gesin bestaan uit pa Gert, ma Fransie en van klein tot groot. Die ouderdomme so min of meer:-
An en Hansie verjaar albei in Desember en is dan vier. Tiena reeds vyf. Johanna was in Julie ses jaar Mart in November. Willie Januarie sewe en Sarel nege jaar en drie maande. Die oudste van die klomp kinders is Pierre wat al twaalf is. Drie Swifts en vyf Nienaber kinders. An is opgewonde want sy verjaar eerste in die nuwe huis dan is sy vier. Sy wen Hansie met so twee weke.
Hoeveel genade dit sou kos? Vind Fransie gou uit. Om haar kinders by haar te hê,is geen opoffering egter te groot nie. In die dae, maande en jare wat kom, speel daar ’n hele paar dramas af, wat die kinders se lewens in ver-skillende rigtings stuur. En die gesegde wat sê:-
“’n Kind is soos ’n skoonlei waarop die volwassenes skryf.” Sou later weerspieël in elkeen van hierdie kinders se lewens.
Ses van die agt kinders, gaan die volgende jaar na die nuwe skool toe. Dadelik nadat hulle getroud is, het Gert voorgestel dat hulle na die Mountain View laerskool toe gaan om reëlings te tref.
Pierre, Sarel, Johanna en Tina het die jaar gedruip. Om die waarheid te sê, Pierre het al meer male in sy kort skoolloopbaan uitgesak, dit maak dat hy nou op twaalf jaar, steeds in die laerskool in standard vyf is. Maar niemand kon die kinders verkwalik nie, want die omstandighede waarin hulle moes leer was haglik.
Fransie het nie regtig tyd om saam met die kinders te geniet nie, want daar moet gesorg word vir skoolklere, vir al ses van hulle.
An en Hansie sal sy darem nog ’n jaar by haar hê. Tina bly agter in graad een saam met Johanna en Mart, Willie en Sarel is in standerd een, Pierre moet sy standerd vyf oorskryf. Gelukkig kan almal nog dieselfde skool bywoon. Sowat een myl of wat se stap. Pa Gert gaan te vroeg werk om hulle weg te neem en geld is maar skraps. Maar die voorreg om hul saans nag te soen, is vir ma Fransie oorgenoeg.
Daar is nie ’n manier dat sy sal kan gaan werk nie. Met die agt kinders sonder ’n bediende, is dit net ’n saak van onmoontlikheid. Sy maak die dog-ters se rokkies self, donkergroen met plooitjies en ’n belt, met broekies uit dieselfde materiaal. Die seuns kry wit hempies, maar onderklere en skool-broeke moet gekoop word. Daar word dan ook besluit dat die kinders elk ’n paar skoene en twee paar kouse vir Kersfees sal kry en natuurlik ’n skooltas.
HANSIE KRY SY EERSTE PAK
Vir die kinders is alles nog vreemd en geniet hulle die hoenders, baklei wie se beurt dit is om die eiers uit te haal, gil vervaard as die ou kalkoen hulle jaag. Dan is daar natuurlik die skape wat ’n groot aantrekkingskrag is. Tot die erge-nis van almal is daar ’n ram by, wat jou behoorlik van agteraf bykom en jou stamp dat jy daar trek. Dié het later die naam van ‘Pappaskaap’ gekry.
Fransie, het nadat die tweede kind so liederlik gestamp is, voorgestel dat hulle hom slag, daarvan wou pa Gert niks weet nie.
“Die kinders moet leer om versigtig te wees, dis my teëlram,” en daar-mee moes sy tevrede wees.
Dit was ’n baie besige maand. So tussen die naaldwerk deur word daar ’n verjaarsdagkoek vir An gebak met vier kersies op, wat ’n fees! Dan koekies bak vir Kersfees. Gert slag ’n paar hoenders en ’n jong skaap. Mart en An, is histeries omdat die hoenders se koppe afgekap word en Fransie neem hulle weg.
“Kom help julle my liewer in die kombuis met die bakkery,” stel sy voor. Die ander twee dogters laat ook nie op hulle wag nie, hulle is te bly om van dié bloederige spul af weg te kom.
Die seuns kry egter hulle eerste vuurdoop, hulle moet help vere aftrek, al vier van hulle, eers was dit lekker maar gou word dit harde werk. Hansie en Sarel, kan nognie so lank op een ding konsentreer nie en gou-gou word dit ’n speletjieen die bondel nat vere tref Willie teen die kop en Hansie klein soos hy is, kry sy eerste pak by sy nuwe pa
Fransie kom uitgestorm toe sy die gehuil hoor, voor sy egter die kind kon troos, beveel Gert haar streng om hom uit te los.
“Hy moet leer om te luister as ek praat.” Kom ’n duidelike bevel en Fransie sien ’n kant van die man, waarmee sy nou getroud is, waarvan sy nie hou nie. Sy draai stadig om en stap hartseer die huis binne, die trane brand in haar oë. Dis mos haar kleinste, is dit nou hoe dit gaan wees?
Die spreekwoord van. “Wie se brood jy eet….” kom by haar op. Sy wil hulle nie foos geslaan deur die lewe laat gaan nie!
“Here die kind moet nog vier word net voor Kersfees? Hy is reeds foos geslaan in die kinderhuis.” Die trane loop. “Here ek het hulle dan huis toe gebring om kinders te wees, is dit nou hoe dit gaan wees?” Vinnig vee sy die trane met haar voorskoot af, as An ewe onskuldig vra of sy seer gekry het.
“Nee liefie, daar’s net iets in my oog.” Die verskoning wat in die jare vorentoe gereeld gebruik sou word. Want gou vind sy uit dat sy woord wet is en dat regslaan die enigste metode is wat hy ken.
KERFEES INKOPIES
Dis net so ’n week voor Kersfees. Al die kinders word saam dorp toe geneem om hul skoolskoene te gaan aanpas. Die seuns moet ook hulle grys skoolbroeke aanpas.
Na die passery, kry hulle elk ’n tiekie se drop, dis voorwaar ’n groot geskenk, drie lang pik-swart stringe liquorice. Die man agter die toonbank draai ’n lang kardoes met koerant-papier en vul dit met suurtjies en een met pikswart nikkerballs, dit word netjies toegevou. Die ander kardoes word gevul met heerlike wit en swart Wilsons toffies teen vier vir ’n pennie. Dit word huistoe geneem.
Daardie aand word die veelbesproke doekpoeding gebak, tien tiekies word goed skoon gemaak en in die deeg ingewerk, dan word dit in die skoon spierwit doek toegebind en in die groot pot kokende water gesit, met die dek-sel styf daarop geplaas. Nou moet dit ’n hele uur kook, niemand, maar nie-mand, mag daaraan raak nie.
Dis vroeg daardie Woensdagoggend. Sy moet nog Hansie se ver-jaarsdagkoekbak, want hy word vier die drie-en-twintigse, net voor Kersfees, sy wil dit ook vir hom spesiaal maak en nie met Kersfees deel nie.
Sy besluit om bietjie vroeër as gewoonlik op te staan. Sy laat die kin-ders in die skoolvakansie tot seweuur slaap. Sy wil gou nog bietjie brandewyn oor die vrugtekoek, wat sy ’n maand gelede al gebak het gaan gooi. Sy won-der waar Gert so vroeg heen is? Gits sy het so vas geslaap na gister se uitstappie met die kinders, dat sy hom nie eers hoor opstaan het nie.
Sy trek haar kamerjas aan en stap kombuis toe, merk dat die vuur gesellig brand en die koffiewater al begin sing. Sy haal die koekblik van die boonste rak af en laat dit amper val, toe sy die bloedstollende gehuil van buite af hoor.
Sy gryp haar los hare, draai dit vinnig in ’n bondel, druk dit met ’n haarnaald in haar nek vas en hardloop uit by die kombuisdeur. Die gehuil kom van die buitekamer af en sy storm daarop af. Nog ’n hou val hard op Sarel se ruggie.
Sy gil! “Gert!” Dis al wat sy uitkry, verder staan sy in stomme verbasing en kyk na die bloedrooi hale oor die kind se kaal lyfie.
Gert draai om en kyk sy vrou half vererg aan, “Wat maak jy so vroeg op?” Vir ’n oomblik kyk hy haar vraend aan, neem haar aan die arm en stuur haar by die deur uit.
“Wat maak jy!” die trane loop oor haar wange, sy beur terug by hom verby en gaan staan by die bed van die kind wat nog angsbevange op ’n hopie lê.
“Fransina,” Gert se stem is dringend, Hy kyk op in ’n paar kat-grys oë wat beskermend oor haar welpie waak, en sonder dat hy wil, blaas hy die aftog.
Sarel probeer nog keer dat sy nuwe ma tog nie moet voel dat hy weer die bed natgemaak het nie, dis te laat en hy maak hom reg vir nog ’n pak. Sy vryf egter net saggies oor sy seer ruggie en belowe dat hulle ’n plan sal maak. Dat hy nou maar moet stil bly, alles sal regkom.
Sarel kyk haar met dankbare oë aan, vir die eerste maal in sy jong lewetjie, is daar iemand wat verstaan, iemand wat aan sy kant is. Sy liefde vir die nuwe ma van hulle, groei met rasse skrede. Weet nie hoe ek dit regkry nie, Pappa is altyd eerste hier en vang myelke keer uit, hy huil steed en Willie probeer troos.
Hy moes al twee maal sy laken vyfuur in die oggend in yskoue water uitspoel. Gelukkig het Willie hom kom help ophang as Pappa nie kyk nie. Die draad is bitterlik hoog. Hulle staan op twee parafienblikke dan kom hulle darem net-net by. Hy het al ’n slag hard geval maar nie gehuil nie, nee, jy huil ‘defneslis’ nie. Sy nuwe Mamma stryk dit altyd weer en sê niks nie, maar hoe sal sy nuwe Ma hom kan help?. Dink hy baie benoud Die ander seuns lê so stil dat hulle amper vergeet om asem te haal.
Gert wag Fransie in, “Wat dink jy doen jy, as jy my gesag so onder-myn? Wanneer dink jy gaan die kind die bednatmaak gewoonte afleer, as mens hom nie nou leer nie?”
“Afleer,” sy sis dit amper uit “Die arme kinders is nog nie eers ge-woond aan hulle nuwe roetine nie, dalk is daar fout met sy blasie, miskien moet mens maar eers daarna laat kyk, weet jy?”
“Ek glo nie aan dokters nie, ek glo dat as daar fout is die Here magtig genoeg is om dit te genees,” hy vat ’n slukkie van die koffie wat sy voor hom neersit en kyk haar stip aan.
“Nou bid dan voor jy slaan,” sê sy sag.
“Wat praat jy so binnensmonds,”vra hy. “Mens moet die boompie buig tewyl hy nog jonk is,” sê hy met die laaste sluk van sy koffie.
Daardie môre weet Fransie dat sy ’n stryd gaan stry waarvoor sy al-leen nie opgewasse gaan wees nie. Dat haar geloof haar sal moet deurdra. Want daar is ’n deel van die man vir wie sy lief geraak het, met wie sy ge-troud is, wat sy nie ken nie.
Gert kom agter haar staan, slaan sy arms om haar en sy voel hoe sy voor sy sjarme verkrummel. In haar agterkop maan haar verstand haar, dat sy met ’n verkleurmannetjie te doen het.
Sy hoor hoe die kinders begin wakker word. Sluit haar oë. “Dis al wat tel Here, die kinders is by my,” sug sy dankbaar.
KERSFEES
Die groot dag het aangebreek. Dis Kersfees!
Elke kind het die vorige aand ’n kous by die koppenent van sy bed opgehang
Hulle kon nie aan die slaap raak nie. Toe hulle uiteintlik stil raak, het Fransie gou die kouse bymekaar gemaak. Elke kous word gevul met ’n paar Wilsons toffies, twee suiglekkers en ’n paar drops. Die seuns kry elk ’n Dinky toy kar-retjie. Die meisies kry ’n selluloïed poppie. Fransie het vir elke poppie ’n ander kleur rokkie gemaak, sodat hulle dit kon uitken. Saggies word dit weer by die beddens terug geplaas.
Die pragtige wit rokkies wat sy vir die dogters gemaak het, word onder by hulle beddens opgehang. Die mooi toegedraaide pakkies daarby bevat ’n paar blink skoene en spierwit sokkies en twee sakdoekies waarop elkeen se naam geborduur is en hul skool tasse.
Die seuns kry elk ’n pikswart kortbroek en ’n spierwit hemp. Hul pak-kies bevat ’n paar lang, swart kouse, blink skoene en twee sakdoeke met hul name op, dan natuurlik ’n skooltas, vir die wat skool toe gaan. Vir die twee kleintjies ’n rooi tassie vir speelgoed.
Die tafel word vroegdag al gedek met ’n spierwit damas tafeldoek. Dit word oorlaai met die heerlikste eetgoed, alles self voorberei, gemmerkoekies, soetkoekies en veral die jamtertjies. In die middel van die tafel staan die heerlikste vrugtekoek. Net die vleisgeregte en slaaie, word nie uitgehaal nie. Want eers moet die nuwe gesin kerk toe gaan om die geboorte van Christus te herdenk. Bowenal dat hul almal weer bymekaar is. Deeglik word die eetgoed toegetrek met die groot net. Nou vir die rit kerk toe…
Dit is nie ’n bietjie trotse Gert Niemand, wat sy gesin tot heel voor in die kerk lei nie. Die tien van hulle vul die hele bank en sit penregop.
Die gemeente begin al sagter sing toe die engel stemme in die voorste ry Stille nag uit volle bors begin sing. Die res van die diens is gewyd en die laaste note sterf weg. Die gemeente sê Amen!
Almal wens almal ’n geseënde Kersfees toe. Die seuns haat elke oomblik daarvan. Die groot tannies druk hulle vas en lek hulle behoorlik nat. Die dogters se hande gaan soos waaiers van links na regs, om die grillerige soene van die ou ooms met hulle lang baarde af te vee. Hulle kannie gou genoeg in die bakkie kom nie.
Die trotse Pieter spog eers met sy pragtige nuwe vrou. Vertel aan almal wat wil luister hoe dankbaar hy is om sy kinders tuis te hê. Vir die klomp in die bakkie voel dit soos ’n ewigheid, uiteindelik kom die bakkie in beweging. Hulle opgewondenheid ken geen perke nie. Die heerlike eetgoed wag tuis.
Eers moes die mooi klere uitgetrek word. Daar is vroeg al uitgevind dat dit nie net vir uittrek en neersmyt is nie. Nee elke ding opgehang en op sy plek. Vuil skoene word nie gebêre nie, al die stof word eers afgeborsel en dan weggesit, jy waag nie om ’n kans te vat nie, want as jy uitgevang word, is ’n pak jou voorland.
Daar is natuurlik die tiekies in die doekpoeding. Wonder of elkeen een gaan kry? Sê nou net een kry meer as die ander? Dit sal nie fáre wees nie.
Al die kinders neem hul plekke agter hulle stoele in, staan penregop, hande agter die rug. Fransie en Gert neem hul plekke in, Gert aan die hoof van die tafel en Fransie aan sy regterkant.
“Toe julle oë en buig julle hoofde,” klink pa Gert se streng stem. Agt koppe sak terwyl hy die seën vra. Die gebed is lank. Hansie is die eerste wat sy een oog oopmaak om darem net te sien wat alles op die tafel is. Sarel kan ook nie meer wag nie.
“Vir wat bid sy pa nou weer vir die hele wêreld Hulle was mos in die kerk?” Loer hy oor die tafel.
“Julle moet julle oë toemaak as ek bid,” word hul betrap. vinnig knyp hulle hul oë so styf toe dat hulle gesigte eintlik seerkry.
“Skuus Jesus,” prewel Sarel vinnig, “heng hoe weet sy pa dat sy oë oop was? Lyk vir hom die groot mense weet regtig alles, of vertel Jesus vir hulle?”
Vergete is alles egter as agt stoele onder die tafel inkras. Bord vir bord word aangegee en gevul met heerlike hoender, skaapvleis ’n stukkie koue beesvleis met ertappelslaai, beet en mengelslaai, dis voorwaar Kersfees, die klomp kan nie eers onthou wanneer laas hulle meer as een stukkie vleis gekry het nie, dis nou te sê as daar vleis was. Gewoonlik kry net pa Gert vleis, want hy werk hard vertel Mamma altyd.
“Kan ek nog ’n vleisie kry asseblief,” vra Willie
“Steek jou hand op as jy iets wil vra,” beveel Gert streng. Sy stem klink vir Willie so kwaai, sy lus vir nog ’n stukkie vleis droog skoon op. Hy vou sy hande styf onder die tafel, hy wil tog nie pak kry nie.
“Het jy iets gevra?” Gert kyk die kind aan en wag vir ’n antwoord. Fransie sny ’n stukkie vleis af, maar Gert is baie beslis as hy sê:
“Nee, Fransiena as hy nie ordentlik kan vra nie kry hy niks.” Hy gaan die kinders met ’n ysterhand regeer dis vir haar baie duidelik. Willie skud net sy kop en mompel.
“Niks meer nie, dankie Dad,” skielik is die lekker sommer weg en hy sit doodstil en wag vir die poeding om uitgedeel te word.
“Toe, laat julle meisies Mamma eers help afdek voor ons die poeding opskep, anders is die tafel te vol.” Hy hoef nie twee maal te praat nie, almal is baie angstig om te kyk wie ’n tiekie gaan kry of nie. Die atmosfeer is nou weer ligter, die kinders gaan weer ewe statig hul plekke inneem, vou hul arms soos hul geleer is en wag geduldig.
Die skywe doekpoeding word gesny, daar word sous oorgegooi en aangestuur. Niemand mag begin eet voor almal nie gekry het nie, en vir die klomp kinders voel dit soos ’n ewigheid. Eindelik begin pa Gert eet en almal klim gulsig in, elke stukkie vrug word fyn
gekou, want dalk sluk jy jou tiekie in.
“Jippie” dis Pierré wat eerste sy tiekie kry en hy begin weer vinnig kou, net dalk is daar nog een. Wat hulle egter nie sien nie is Fransie, wat sorg-vuldig die tiekies met die mespunt verskuif, as sy sou merk daar’s twee tiekies in een sny poeding. So maak sy seker, elkeen kry tog sy tiekie.
Na ete word die skottelgoed deur die dogters gewas. Klein soos jy is, vind jy gou uit, werk gaan jy werk. Johanna is die oudste, kom net-net by die wasbak by en doen die opwas werk. Mart droog af, Tina en An moet alles op die tafel regpak sodat Mamma dit net kon wegpak. Fransie help maar soos skelm-skelm want An kom kwalik by.
As die seuns gedink het hulle gaan vryspring maak hulle ’n fout. Pierré en Sarel moet weer die houtkis vol blokkies pak. Hansie moet die oorskiet kos vir die honde gaan uitkrap en Willie moet sorg dat die kombuisvloer netjies uitgevee word.
“Jy moet skoon was jong” sê Mart as sy ’n bord terugplaas.
“Man droog jy skoon af,” snou Johanna en gee die bord net so terug. Fransie luister na die geredekawel.
“Wil julle nou dat Pappa weer raas?” Vra sy sag agter die twee meisies en bring dadelik ’n einde aan die stryery.
“Tel op jou pote man,” dis nou weer Willie en Pierré wat aanmekaar spring, Pierré sien egter sy pa by die deur inkom en staan gedienstig eenkant toe, nie sonder om eers sy vuis vir Willie te wys nie.
Fransie besluit net daar dat sy die klomp in spanne gaan opdeel en die werk verdeel en die spanne elke week omruil, anders moor die klomp mekaar uit, of slaan Gert hulle dood.
“Gee my wysheid Here, gee my wysheid asseblief!” bid sy in haar binneste. Sy kyk op na Gert as hy die kinders streng beveel om kamers toe te gaan en doodstil te wees.
“Ek en julle ma gaan nou bietjie rus en ek wil nie ’n woord hoor, voor drieuur nie.” Die toon in sy stem is genoeg om die spannetjie te laat besef, hy is ernstig.
“Ag dankie tog vir julle hulp, julle is pragtig,” smeer sy bietjie salf aan terwyl sy Sarel se hare deurmekaar vryf.
“Gaan slaap julle almal gou bietjie, onthou daar’s nog koekies en koeldrank as julle opstaan hoor.” Sy weet Pieter keur dit nie goed as sy saam met die dogters kamer toe stap nie, maar dis Kersfees en sý wil dit vir hulle so lekker as moontlik maak. Sy talm dan ook nie lank nie, gee elk net ’n soen-tjie op die voorkop en fluister:
“Doodstil nou hoor,” sy hou haar vinger voor haar mond. Haar oë glim-lag na hulle toe, sy draai vinnig om en stap die kamer uit. Sy hoop van harte dat die seuns hulle stil gaan gedra, sy waag dit egter nie om daar ook te gaan kyk nie, laat sy nou maar die vrede bewaar.
“Kom lê hier by my, my liefste” koer Pieter saggies en sy kruip teen hom aan ter-wyl hy die deken saggies oor haar bene vou. Hy kan nou nog nie sy geluk glo nie, sy is so sag en rustig, hy is voorwaar ’n gelukkig man.
Daardie middag is dit regtig Kersfees vir die kinders. Pa Gert is in ’n goeie bui en speel saam met die kinders, van springtou af tot bal speletjies.
Fransie is so dankbaar, sy skink koeldrankies en dra koekies aan. Dis ’n gelag en gegil van ’n ander wêreld. Sy is so gelukkig!
PLANNE VIR SAREL
Vierkantige paraffien blikke word vir alles onder die son gebruik. Dis uitge-was, ’n paar dae in die buitelug gelos, dan is dit skoon en vars vir die gebruik, vir allerhande doeleindes, soos die stoor van koekies, meel, suiker en wat ook al. Partymaal is dit eenvoudig gebruik as ’n tafeltjie met ’n plank op, dan word daar ’n lap oorgegooi en ’n lamp daarop neergesit.
Dit was dan ook die plan wat uitgedink word, om Sarel met sy bednat-maak stryd te help. Vyfuur soggens hou pa Gert inspeksie en weë die arme Sarel as sy bed nat is, wat natuurlik aanhou, omdat hy baie gespanne is.
Fransie voel skuldig oor die plan, maar ’n ander een het sy nie. Sy vat twee paraffienblikke, plaas dit tussen die seuns se beddens, sit ’n plank daaroor, ’n netjiese plastiese kleedjie word oorgegooi en hul lampe word daarop gesit.
Onder Willie se matras, net langs Sarel se bed, is ’n skoon laken en pajamas vir Sarel gebêre. As hy ’n glips kry snags, word die nat laken en pajamas in die paraffienblik gedruk. Die stuk kleedjie wat Fransie onder die laken gegooi het, help dat die matras nie te veel verniel nie. Gou word die nat laken vervang. Partymaal skeef, maar as pa Gert inspeksie hou, kry hy ’n warm droë bed en ’n kamma slapende kind.
“Sien jy nou vroulief, dit help om die boompie te buig voordat dit te laat is,” vertel hy baie trots aan Fransie.
Fransie gooi bedags die matras in die buitelug, was die nat beddegoed en plaas dit weer onder Willie se matras. Sy was so dankbaar vir die groot stuk plastiek wat die Griek op die hoek vir haar gegee het. Nou kon sy dit oor die hele matras trek.
“Net vir ingeval,” was haar verskoning.
Snaaks, Sarel het al rustiger geraak en al minder glipse gekry. Op ’n slag het dit so goed gegaan en is hy amper uitgevang, toe hy wel een kry. Willie het gelukkig tot sy redding gekom en was hulle net betyds om die nat laken weg te steek. Ewe sedig staan hulle toe maar by die deur.
“Nou wat nou?” Wil pa Gert weet.
“Ons wil net gou gaan piepie Dad,” kom dit gelyk.
“Hel dit was close,” sug sarel.
So het Fransie die pakslae tot ’n minimum beperk. Sy het gebid ook ja, maar met die wysheid van ’n Moeder, doen sy wat sy dink die beste is om die seun van sy vrees te genees.
Sarel se bewondering vir sy nuwe ma styg. Vir die eerste keer in sy hele lewe was iemand aan sy kant, iemand wat verstaan.
DIE VERLOOP VAN DIE NIENABER KINDERS SE LEWENS
So gaan die jare verby, die kinders rek. Hansie en An is ook nou in die skool en daar word klere aangegee, wat te klein is vir die een kry die ander een. Hier en daar moet ’n naat verstel word en dan word daar tog nog ’n nuwe hemp of broekie gekoop, of ’n groter rokkie gemaak. Pieter word oorgesit standerd ses toe, hy’s eenvoudig te oud vir die laerskool. So dis weer ’n nuwe stel klere.
Hansie rek en word ’n lang maer seun. Met sy lang kortbroek en effens te kort kakiehempie, kaalvoet en vuil gesiggie, is hy darem nou al lank ge-noeg, om by die ou Griek se ekstra hoë toonbank by te kom.
Kan ek help seun?” Hansie skrik hom boeglam, die ou Griek oom, is so skeel en mens weet nooit vir wie hy kyk nie. Willie sê die ou Griek is ‘godslim’ want sy oë is orals, dis ook dan die enigste kafee waar daar nooit ooit iets gesteel word nie.
“’n Tiekie se drop, séblief Oom,” hy stoot die tiekie oor die toonbank, en word beloon met drie lang stringe Liquorice. Twee word netjies opgerol en in sy broeksak gestop, waarin daar alreeds ’n hele paar ander items geprop is. Die ander een moet vinnig opgeëet word want die Griek se winkel is nie ver van die huis af nie.
Sakgeld is so skaars soos hoendertande en gou leer dié klomp om planne te maak vir ’n pennie of twee. Soms moet dit egter ’n spanpoging wees en skelmwees word die inding onder die kinders en self die bure se kinders word ingespan.
Hulle klomp sal vergadering moet hou, Hansie se gedagtes werk nou oortyd.Tannie de Lange, Roelf se ma, wil ’n hele ballasmandjie vol appelkose hê. Dit sal op ’n biduur aand moet gebeur, want daai mandtjie is hel groot en swaar, kou hy voort. Koos, een van die de Lange seuns, is oraait, hy split nooit. Roelf sy broer, nee, hy weet nie so mooi nie, hy is nou wragtie sissie-heilig. Daar is al heelwat onnodige slae gekry net omdat hy wat Roelf is, ’n gewete het. Hy eet en steel saam maar sowaar, laat Sondagskool Ludick nou net praat van die duiwel en die hel en die Liewe Heer wat alles sien en oral is, dan sing Roelf sommer die hele week se sondes uit soos ’n Psalm.
“Dan is daar nog Hendrik en Marie op die boonste hoek. Die kerklose Jouberts, volgens die oukêrel. Magtie maar sy is erg! Hulle het haar al in die sement dam gegooi en plegtig, “Troubles,” gedoop. Want dit is wat sy is. Die arme Hennie kan hom nie roer nie, of sy klou aan hom soos ’n neet.” Hy byt nog ’n stuk drop af. “Dan moet sy ook nog altyd ’n ekstra Nikkerball kry, net so-dat sy nie moet split nie. Dit help bogerall, want klik, die doen sy in elk geval,” kou hy voort.
“Ai An, die is ook nie beter nie, sy is so bang vir die duiwel dat sy altyd uit die pad gehou moet word, anders lap sy sommer die plan uit nog voordat daar ’n appelkoos gepluk is!” Nee wat los haar maar uit.
Dit net alles om hemel toe te gaan eendag? Nee man, wat van nou? Honger is mos honger jong, mens moet maar plan sien. Heng maar so ’n drop is lekker, kou hy en sit die laaste stuk in sy mond voor hy by die huis is.
Chrissie en haar suster Bessie word net soos kloosternonne groot gemaak, sjoe daai tannie Barrie is streng, so hulle is uit. Van die seuns is nogal beenaf op die Barnard dogters, maar hulle kan nie gevra word om met enige iets te help nie. Die beenaf seuns deel altyd hulle lekkers met die twee. Nie hy nie, foresure. Kou, kou loop hy en planne maak.
Hansie is die jongste van die klomp seuns, langderm maer en so vinnig soos die wind, hy is die leier van die bende, die man met ’n plan.
“Wel jy moet maar hardloop om voor te bly,” reken hy, “dan werk die duiwel darem vir sy sielle en kry hy nie alles vir mahala nie,” sy redenasie as iemand hom met die duiwel dreig.
Gits maar so ’n drop smaak darem lekker. Die tannie met die rooi trappies daar op die hoek, het hom vanmiddag ’n hele tiekie gegee vir daai skotteltjie appelkose. Hy het gisteraand laat nadat almal gaan slaap het, gou ’n paar appelkose gaan pluk. Dit netjies in die hoenderhok gaan wegsteek, gelukkig was dit nie groen nie. Hy het dit net na skool gou gaan aflewer.
“Oorlewing! Dis wat hulle dit noem, jy kan nie elke pennie wat jy ver-dien met die hele spul deel nie, soms moet mens eers vir jouself sorg,” lek hy sy lippe af.
Môre se bestelling is bietjies te groot om alleen te hanteer en die geld sal darem genoeg wees om te deel. As tannie Lalie hulle nou 2/6, sal gee vir die mandjie, dan behoort dit net mooi uit te werk. Hy sal haar vra om los geldjies te gee, veral die pennie stuk-ke, dan is hulle koppe deur. Want met daai pennies kan daar gewoeker word.
Die tuin hekkie klap agter die seun toe, hy gryp die hark, maak seker dat sy drop nog veilig in sy sak is en begin hark dat die stof so staan. “As sy stiefpa vanaand van die werk af kom met daai groen Chevie, moet daar nie ’n blaar op die erf rond lê nie.” En die stof trek stepe deur die lug.
Roelf se fiets maak ’n woeste S in die sand soos hy briek aanslaan, met die aanhoor van die bekende fluit.
“Nou wat nou man, kan jy nie vroeër fluit nie?” Hy haal ’n slag diep asem om oor die skok te kom, “amper breek ek my blerrie nek, wat is so dringend?” Vra hy effens uit-asem.
“Okay, man sorry,” Hansie stap hek toe “Die squad moet vergader, so seweuur, net nadat die oumense biduur toe is, dis belangrik, laat weet die ander okay?” Fluister hy met ’n gedempte stem, hy hoor hoe die kombuisdeur oopgaan, “tot later…,” hark hy voort.
“Hoe vêr is jy al?” Kom Mamma se stem van die kombuis se kant af. “Jou pa is nou-nou hier,” arme kind dink Fransie, “Jy moet nog huiswerk doen,” roep sy. “Hy sukkel reeds so met die lees. Sy wens Gert wil nie die kinders so baie werk gee nie, elke liewe middag, hulle is tog net kinders.” Hartseer kyk sy hoe haar jongste die laaste blare optel.
Vyfuur trek die groen Chev deur die hekke, die seun maak dit fluks oop en toe. Die grootman wat uitklim, kyk met ’n arendsoog oor die werf, soek eindelik fout, maar die erf is blaarloos gehark. Knik net sy kop na die seun se kant toe wat beleefd groet.
“Middag Pa.”
BID-UUR AAND
Gert stap huistoe, groet sy vrou met ’n soen op haar wang, soos ge-woonlik, hy sit sy tas op die tafel neer, feitlik dadelik word dit deur een van die dogters kamer toe geneem word. Nadat hy sy koffie gedrink het stap hy agterplaas toe, nou is dit vir roetine inspeksie. Hy roep Johanna nader.
“Het jy al die eiers uitgehaal en hoekom het hierdie hoenders nie skoon water nie?” Sommer so in een asem.
“Jammer Pappa,” die dogter skarrel weg om die gieter vol water te gaan maak, maar nie voor die leerbelt haar oor die been wiks nie, sy byt op haar tande, want as jy huil kry jy net meer. Vandag is die dag. Sarel is die lui een en die skaapkraal is nie skoon nie Hansie weet sommer omdat hy weet, vandag waai die velle weer. Hy maak hom skaars en gaan haal die skape wat nog in die berg wy, ook al bietjie laat, Willie, sy ouboet sal help. Gelukkig grens hulle erf amper aan die voet van die berg, net so een straat oor.
Dis al amper ses uur toe hulle met die skape daar aankom, die oukêrel wag, hulle word goed uitgetrap. Willie kry net twee houe maar hy wat Hans is loop behoorlik deur. Daar is egter nie baie tyd nie, die spul is so bly dat die biduur vanaand by die kerk is, want nou is daar nie tyd vir slae uitdeel nie. Die drie dogters laat waai kombuis toe en gaan help Mamma tafeldek
“Die stiefpa van hom gaan hulle nog laat vrek werk.” Hansie voel sommer hoe die kwaad opstyg. Hy wou so graag rugby speel, nou kan hy net langpouse oefen, heng dis nou vir jou ’n lekker game, partykeer wonder hy of die weeshuis nie beter was nie.
“Hel nee, daar neuk hulle jou ook vir niks en dan sien ek Mamma te min.” Ingedagte keer hy die laastes aan…
“Vang daai skaap,” dring die ouman se kwaai stem tot hom deur. Amper hardloop die verdomde pappa skaap, hom in sy peetjie in, die skaap is in elk geval twee keer sy size.
Hy het ook Mart se klas vanmiddag gemis, hy en An het ’n wedenskap aan. Die een wat eerste die ruimpie:
“Rooi ribbok ram ry oor die berge,” kan opsê kry 2 drops, en n suig-stokkie vir die hele maand lank, elke week, sover kry hulle dit nog nie reg nie, man hy skryf dit reg, dis nou verdomp of hy daai R kan sê, weet ook nie waaroor gaan die vreeslike fuss nie, die mense verstaan hulle mos, party like dit as hulle so praat. An sukkel nog met die L ook sy moet nog leer: “Liewe Lanlie Ly Lammers Land toe.”
Die skool! Kyk nou hoe lyk arme Willie se kneukels soos hy gedonner word omdat hy nie regs kan skryf nie, hy’s mos so gebore en Jesus maak nie mistakes daarmee nie, net met die sondes…
Met ’n sug van verligting sien hulle die groen Chev half-sewe vertrek. Die lede van die ‘sqaud’ kom uit die donkerte te voorskyn soos skimme uit die nag. Die leiertjie, is die man met plan. Hy is die een wat die bestellings kry, wat meeste van die verkope doen, en glo my, hy weet hoe om ’n jammer gesig op te sit, nee hy bedel nie, hy is ’n uithaler verkoopsman. Sal tot vir die duiwel, van wie hy tot vervelens moet hoor, sy eie kole verkoop.
Nou word daar eers ‘roll-call’ gehou. Hennie en Marie die Jouberts van onder op die hoek, Roelf en Koos de Lange van die boonste hoek, dan is dit Mart, Willie en hyself en een van die stief susters, Johanna. Gelukkig is Tina en An so bang vir die donker hulle sit nie ’n voet by die deur uit nie. Aan hulle word vertel, daar word wegkruipertjie gespeel en jy moet alleen gaan weg-kruip. Wel dit lyk of almal nou hier is.
Soos gewoonlik word die vergadering met gebed geopen. Plegtig vorm hulle ’n kring, almal vat hande:-
“Ons het vanaand eers ’n belangrike saak om af te handel,” sê hy ernstig. Die klein leiertjie loop in die rigting van die skaaptrog, skep ’n vis-blikkie vol water, laat sy kop sak en sê:
“Liewe Jesus, ons weet ons doen nou verkeerd, maar geld is skaars, ons kan net nie anders nie. Slaan jou hand aan die ploeg,” preek Pas-toor.”Baie dankie vir Mamma wat nou by ons is…Amen.” koor die kring.
“Vandag doop ek die plek waar ons net vrek werk en pak ken, met min sakgeld.” Vernaam klim hy op die klip in die middel van die kring. Ewe plegtig begin hy en sprinkel ’n paar druppels op die grond al rondom die klip.
“Ek doop die plek in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige-gees. LANG VERDRIET!” Hy gooi die water oor die klip uit, en sluit droog af met. “Amen!”
“Amen.” Koor.almal.
Die seremonie is verby, die slae vergete en die werk word uitgedeel. Johanna moet sorg dat die kleintjies, dis nou dat An en Tina, in die huis bly en hulle aan die slaap kry, daarvoor sal sy met ’n ekstra drop beloon word. Sarel is nie ’n probleem nie, hy slaap gewoonlik vroeg, is te vrek bang hy kry werk as hy dit sou waag om sy kop by die deur uit te steek. Die sink gebou waarin hulle slaap is gelukkig vêr van die boord af. Pierrie is sommer van altyd se tyd af eenkant en wil nooit saamspeel nie.
“Goed” besluit die leier, “Ons kan nie alles van die voorste boom af pluk nie, Roelf, jou ma wil ’n hele Ballasmandjie vol hê en jy weet wat dit beteken.”
Hy kry sy sin nie klaar nie, want Troubles laat hulle goed verstaan sy doen nie weer die optel werk nie, netnou is daar weer vrottes by.
“Man,” verseker die leiertjie haar, “ek het self daar skoon gehark, as jy wil deel moet jy werk,” slaan sy stiefpa se houding deur.
“Goed,” sê Hendrik, “ek en Koos sal die boonste boom vat, Troubles kom saam met ons, bring daai geel emmer.” Hy voeg die daad by die woord, die drie klim deur die draad.
“Okay Roelf, dan vat jy en Mart die onderste boord,” hiermee is Roelf nou weer gladnie tevrede nie.
“Wat van Strepies,” kla hy. Dis nou ’n mak rooibok wat in daai boord bly. Glo my, hy is enige tyd so goed soos die beste waghond.
“Dis hoekom ek Mart saam met jou stuur man, daai bok eet uit haar hand, sy het net die slag met hom.” Dis ’n onwillige Roelf wat die rooi emmer gryp en brom-brom agter Mart aanloop.
“Julle moet roer die goed moet nog afgelewer word,” kom die bevel. Willie sit hoe-ka al bo in die grootste appelkoosboom reg by die hek, met ’n kussingsloop reeds half vol gepluk. Dis ook net so na half nege toe die appelkose afgelewer word.
“Hoekom so laat?” Wil tant Lalie, Roelf-hulle se ma weet.
“Skool môre tannie,” mompel Willie.
Sy wat die klompie kinders se omstandighede maar te goed ken, vra nie verder vrae nie.
“Hoeveel,” vra sy aan die leiertjie. Die kind darem, hy sal enige mens se hart steel met daai onskuldige gesiggie.
“2/6 asseblief tannie, as tannie dink dis nie te veel nie”
“Nee my kind,” sê sy en draai om, om die geld te kry.
“Tannie, kan tannie séblief vir ons los geldtjies gee, soos tiekies en ses pennies asb? Dis makliker om te deel”
Sy verstaan nie mooi nie, maar sonder enige verdere vrae, oorhandig sy twee sjielings in los tiekies en ses los pennies, en vra hulle om sommer die appelkose vir haar in die groot bad op die agterste stoep uit te gooi.
Koos en Roelf is gelukkig, hulle het so tussen die onderhandelinge deur, terug gesluip die huis in. Hendrik en Troubles laat spaander huistoe, hulle is egter minder gelukkig. Die Chev is al om die draai en as hulle dit sou waag om te hardloop, sal dit reg in die Chevie se ligte wees.
So kry Gert Niemand’n klomp singende kinders om die kombuis tafel:-.
“Liewe, liewe Jesus, vlekelose Lam.” Hendrik en Troubels het sommer so saam met die ander kinders die kombuis ingeval, hulle sitplekke langs die tafel ingeneem en ewe heilig saam begin sing, daar word hande geklap dat die biesies bewe, dis die rede dat die bakkie se gedreun nie gehoor word nie.
Fransie skud net haar kop, “hier het nou weer iets onheilig uitgebroei, dit betwyfel sy nie vir een oomblik nie.” Hoop net vir die kinders se onthalwe alles is reg, “as Gert eers daai sambok vat, slaan hy voor die voet.” Die klomp in die kombuis maak asof hulle niks hoor nie, sing net lustig voort.
“Jesus min my salig lot,” hande word ritmies geklap en hulle drup van die heilig-heid.
Gert maak die deur oop. Ja-nee, sy streng dissipline werp vrugte af veral as die Joubert kinders, wat nooit in ’n kerk kom nie, noual saamsing.
“Toe nou kinders,” hulle kyk gemaak verbaas op. “Tyd om te gaan slaap, Hendrik, vat die flits en laat Willem saam met julle loop tot by die hoek,” beveel die ou man. Daar word nie teëgepraat nie, hulle verdwyn letterlik.
“Hel, dit was te close!” Mompel Hendrik.
“Onthou die silwer sigaretpapier,” fluister die leiertjie, Hendrik knik net sy kop en hardloop so al wat hulle kan huis toe. Hendrik se Pa en Ma drink baie en gaan vroeg slaap, so glip hulle ongesiens die huis binne.
Die leiertjie staan en wag voor die sink gebou waar hulle slaap, hy en Willem sal saam moet ingaan en sorg dat hulle nie vir Sarel en Pieriè wakker maak nie. Dan sal hulle weer moet please explain, minute later kan botter nie in hulle monde smelt nie en is hulle vas aan die slaap.
“Lyk my die kinders kom nou bietjie by,” gesels Gert met sy vrou. “Wonder waar Sarel was?”
“Seker maar vroeg gaan slaap wat…” antwoord Fransie en stuur die gesprek dadelik in ’n ander rigting. “Die singery vertrou ek glad nie.” Mymer sy.
GROEN APPELKOSE
Vroegoggend staan tant Lalie op en kyk half vies na die bad appelkose, dit was gisteraand so donker sy het nie gesien die goed is nog so halfgroen nie. Sy moet egter vroeg dorp toe en sal later vir Fransie gaan vra vir ander, ge-woonlik is die appelkose baie goed.
Net die seuns van die sqaud kom daardie pouse bymekaar, want sien, seuns en dogters mag nie op die speelgrond meng nie. So word die pennies uitgedeel, en elkeen kry Silwer sigaret-papier met ’n duidelike opdrag
“Onthou om dit reg te vou en goed deur te vryf…,” Hansie kry nie sy sin klaar nie,
want Roelf vertel hoogs ontsteld, dat sy ma bitter vies is oor die groen appelkose.
“Sy gaan glo jou ma vanmiddag sien…,” verder kom hy nie.
“O vrek, dan waai ons almal se velle, die laaste een sin,” die jong leiertjie dink dat sy brein omtrent uitbrand.
“Onthou ons was nie daar nie hoor,” laat Roelf hoor
“Jong wil jy deel of nie?” Willem is nou sommer vies.
“Sê jou wat,” laat Hendrik hoor, “Julle breek mos altyd die goed vir jou ma oop, so ons kan almal vanmiddag kom help, sommer direk na skool. Natuurlik het Hendrik hulle nie ’n probleem nie, want sy pa en ma werk, hy en Troubles kan maak soos hulle wil.
“Kyk,” laat Willem nou hoor. “Ons het nog twee leeftye nodig, om al die werk wat die oukêrel vir ons uitgesit het klaar te kry, so ons is uit”
Koos reken, “ek speel rugby en kan nie die oefening mis nie.”
“Nee verdomp! Ons het almal gepluk,” meen die leiertjie. “Kyk hoe mooi blink hierdie pennie al,” sê hy terwyl hy die geldstuk op sy voorhoof vryf, “jy kan wraggies nie eers die verskil tussen hom en die 2/6 stukke sien nie, ons kan vir Chrissie en Bets vra om te help, dan koop ons vir hulle elkeen ’n roomys.”
“Dis ’n plan” sê Koos, sy rugby skoon vergete, hy het lankal ’n oog op Chrissie en as sy kom help, wel…
“Daar is net een voorwaarde, julle kom help ons eers gou met die skape anders kry ons nie klaar nie, ons gaan jaag hulle sommer vroeër in, dan is ons baie en gaan dit vinniger.” Dis Willie se voorstel en almal stem saam.
So is dit dan ook, toe tant Lalie die middag van die dorp af kom, vind sy die spul kinders op die agterstoep, meer as die helfte van die vrugte is al oop gebreek, en sy wou nog vir Fransie gaan sê dis bietjie groen,sy wou fyn appelkoos konfyt maak, maar dis nou te laat. Gewoonlik moet sy die seuns behoorlik lek, sy het so ’n spesmaas dis die teenwoordigheid van die twee Barnard dogters wat baie met hulle fluksheid te doen het.
Die geldjies is gelykop verdeel. Die ses oorgetrekte pennies sal sorg vir ’n hele twee weke se suckers by die roomys karretjies. Dat die mense by die fabriek nognie agter gekom het die geld is vervals nie, is nou net ’n vloekskoot. Want elkeen koop net een suc-ker met sy nagemaakte 2/6, en kry dan regte kleingeld, wat ’n redelike lang tyd hou. Die twee sjielings wat in tiekies gemaak is, word eweredig verdeel.
Hulle sorg ook dat hulle nie op ’n bondel koop nie, elkeen staan by ’n ander huis of hoek. Netnou word hulle uitgevang.
“Wel” sug Mart, “as Jesus dit sien kry Hy ons seker jammer,” sê sy benoud terwyl sy wag vir die aanslag van bo.
BAIE LATER
Die tyd stap aan:-
Pierrè is al meer as ’n maand weg. Fransie sug. “Ag Vader, ek het hard probeer, ek het net nie.meer raad nie!”
Hy loer die meisies af net waar hy ookal kans kry. Gert het geslaan, hoeveel keer gedreig om hom in ’n verbeteringskool te sit, sy het altyd haar voet neergesit.
“Die kind het alklaar so ’n groot agterstand. Ek sal hom nie ook nog verwerp nie!”
Maar na ’n klagte van die skool af, en die besoek van die polisie daardie middag, was daar nie keer aan Gert se woede nie. Daar was omtrent nie ’n vel op die kind se rug oor nie. Tannie Barrie, soos gedoop deur die kinders, het kom tee drink daardie middag. Hulle hoor die onderaardse gille en storm uit buitekamer toe. Stomverbaas staar hulle na die kind se rou rug.
Saam, saam probeer die twee vrouens die repies lap van Pierré se hemp, met ’n pinset uit die rou sambokhale te kry. Hulle maak die bebloede rug skoon en verbind dit so goed as wat dit moontlik is.
Fransie praat nie ’n woord met Gert nie. “Ek kannie glo dat jy ’n kind so kan slaan nie. Dit met ’n gevlegte sambok wat in sout gelê is. Jou eie kind!” sê sy deur trane.
“Elke hond sal sy dag kry, Piet Nienaber,” blaf tannie Barrie egter woedend agterna. “Maar jy sal ’n naweek kry!” Snou sy hom verwoed toe.
Drie dae, vertroetel Fransie hom, maak sy wonde skoon en verbind dit na die beste van haar vermoeë. Die derde dag vat Pierrié haar hande saam en sê:
“Dankie Ma. Ek kannie hier bly nie, jy is die enigste mens in my hele lewe, wat my nog nie geslaan of sleg gesê het nie, moenie vir my kwaad wees nie okay?” Smekend kyk hy op na haar.
“Rus eers, kind,” sê sy sag. Soos gewoonlik, bring sy later vir hom heel wat meer broodtjies, hierdie keer in ’n sakkie, met twee stukkies biltong en n botteltjie koeldrank en ’n bot yswater daarby, sy sit dit langs sy bed neer, soen hom saggies op die voorkop, en sê saggies. “Ek verstaan.” Die paar rand wat sy kon afknyp het sy in ’n plastiek sakkie in sy sak gesit. “Die Here loop saam met jou my kind.”
Hy is maar sestien jaar, trane loop oor haar wange. “Here hou U hand oor die kind!” Vir ’n wyle vertoef sy buite, vee die trane af voor sy ingaan.
Soms kom Pierré huis toe as hy weet Fransie is alleen. Sy maak sonder Pieter se wete vir die kind bietjie kos en ’n geldjie bymekaar. Seker verkeerd…? dink sy hardop Sy besluit om ’n sagte landingsplek vir die kind te wees en bid dat die Here sy pad vir hom gelyk sal maak. Sy is heimlik bly hy is weg, want die meisies het baie kom kla dat hy hulle afloer, of probeer vas-druk. Mart en Johanna, wie se vroulikheid mooi aan die ontwikkel is, trek Pierré aan soos ’n magneet. Mart het hom al ’n slag gebyt dat die bloed loop.
Naderhand het hy al minder gekom. Ag sy kan maar net vir hom bid. As Gert moet uitvind dat hy met die dogters lol, slaan hy die kind sowaar dood!
***
GERT WIL NOG ’N KINDERS Hê
So stap die lewe vir Fransina en haar nuwe gesin aan. Die jare vlieg verby. Hulle leer om die swaar kry, met lekker kry, klaar te kry!
Toe die kinders bietjie ouer was, kon dit nie hoër of laer nie, Gert wil so graag ’n baba saam met haar hê. Sy was baie teensinnig. Naomi is egter gebore so plus minus agt jaar na hul huwelik.
Pierré is nou wel uit die huis uit en wie weet waar, Willie werk op spoorweë en werk in SWA. Mart het met haar verpleeg loopbaan begin tenspyte van Gert se teenkante, sy en Willie het weer haar handtekening nagemaak op een van sy besoeke. Maar die ander het almal vas gehak in standerd ses en moes maar inval by die huiswerk..
Dan is daar nog An en Hansie op, die twee gaan wel hoër skool maar Hansie kom net nie reg nie.
Dis darem ’n seën vandat hulle ’n krag aansluiting gekry het. Die lampe en kerse staan maar gereed, want krag word net gebruik vir die nodig-ste. Sy glimlag nou nog as sy aan die dogters dink.
Hulle was so bly daardie dag! Want hulle moes tot vervelens hemde en wasgoed, wat met die stoofysters besmeer was, oorwas en stryk. Met die elektriese yster het hulle bietjie gesukkel in die begin en so af en toe iets gebrand, maar gou-gou het hulle geleer. Sy stryk altyd Gert se hemde en broeke liewers self, want daar moet nie ’n voutjie of ’n dubbelnaat in wees nie.
Noami is vir die kinders soos ’n engel uit die hemel. Die doeke het die knoop deurgehak, die Baliewasmasjien word gekoop, nogal met rollers.
Méns, was dit nou ’n blessing! Niks meer getrap tot jou voete blou is nie en die wring van die lakens is uit.
Die gevelgde sambokke verdwyn soos mis voor die son. Pa Gert se groot slaan daarmee saam. Nou is dit klere borsel of houtlepel, al dit slaan ook maar seer…
Toe sy Fransie verwag hwt hwt ay Gert mooi laat verstaan:
“Dit is die laaste, ons kan kwalik voorsien vir die wat ons het,” sy was bitter ongelukkig.
Die dierrbare ou dame suster Allie. Het haar na Fransie gewaarsku om ’n Dokter te gaan spreek.
“Ek is gladnie tevrede met die geboorte nie, asseblief maak ’n afsprrak by julle huis Arts.
Syself moes erken dit was nogal moeilik. Naomi was skaars twee, geld is daar nie, Pieter hou egter vol
“My Vrou, ek glo nie aan Dokters nie en jy weet dit. Ons sal vir jou bid God is groot en magtig, Hy sal ingryp.” En daarby het die gebly.
“Die dogters kan meeste van die werk doen, vat jy dit net rustig.”
Nouja sy woord is wet, en daarby bly dit. Die dofheid in haar buik ignoreer sy, tyd vir siek wees is daar nie.
***
DIS NOG DEPRESIE
Maar Donderdae:-
Half vyf op… Vinnig aantrek en maak dat jy by die Mobiele lorrie op die hoek kom. Twee van hulle kry elk een kilogram bruin suiker. Die ander twee, elk ’n blok wit margarien en Appelkooskonfyt. Die volgende een ’n pak F.G koffie en pakkie rooibos teeblare, dan twee kry elk ’n kilogram geel mieliemeel, die ander een so half kilogram rys of grys by.
Natuurlik is dit weer Hansie wat die skuld kry dat Sarel sy mieliemeel laat val.
“Jy’t my getrip, langderm,” snou hy Hansie toe.
“Se g-a-t man, tel op daai slap pote van jou!”
“Wil julle twee nou eers weer geneuk word voor skool,” maan Willie wat kom kuier het hulle, “skop daai dém meel toe en sê daar was nie genoeg nie, dis lieg en oorleef, of wil julle ’n week sonder kos bly? Kom dit word laat,” maan hy.
Vinnig terug huistoe hol, die werk word afgerammel. Die ontbyt, pap en appelkoos konfyt, bruin-suiker of swartkoffie of wat ookal beskikbaar is, word vinnig verorber, dan regmaak vir skool, skoene verpligtend vir hoërskool.
NUWE HUIS WORD GEDOOP
Fransie was so dankbaar toe sy verneem dat hulle na die groter huis verhuis. na Merwedestraat 343, op die hoek vanwaar die Laerskool geleë is. Dit het darem erg beknop geraak, in die grys huisie, na die twee kleintjies se geboortes.
Nou moet daar bus kaartjies gekoop word vir die wat Hoërskool kinders. Hansie en An Hercules Hoër is nou regtig te ver om te loop.
By die nuwe huis het hulle ’n spoel toilet in die badkamer, met ’n heerlike groot erde bad en groot wasbak, daar’s ook plek vir die wasmasjien. Daar’s ook ’n spoel toilet net buite langs die badkamer, dit is hemels. geen nagkarre en emmers wat omgekeer word, dat dit die hemel weet tot waar stink nie.
Dis jammer dat die groot kombuis met sy lieflike Ellis du Lux koolstoof aan die badkamer grens. Daar was nou net ’n deur tussen die kombuis en badkamer, bietjie ongemaklik veral as die klomp te veel appelkose geëet het, glimlag sy. Ag maar dit is heerlik groot met lopende water.
Gert het vir die seuns aan die buitekant ’n buitestort aangebou met ’n spoeltoilet, die meisies mag dit nie gebruik nie, en dan was daar natuurlik vir hulle die donkie vir warmwater. So as hulle sou vergeet om vuur te maak was dit ’n koue stort. Die huis het gelukkig sy eie warmwater in. Die badkamer was ruim genoeg sodat sy haar wasmasjien daarin kon sit. Ag wat ’n seën! Haar rug kon die bukkery nie meer hanteer nie, al help die 2 dogters haar altyd so fluks met die uitspoelery.
Genade, Mart se arm het eenslag saam met die sloop en al deur die roller gegaan. Genadiglik spring die ding toe oop. Met bietjie vryf, ys en moederlike troos was dit toe nie te erg nie. Toe word die wasgoed soms te gou gelos, geplooi of te not. Ag, dankbaar kan sy maar net glimlag.
Nou is besluit om die Bidure Donderdagaande by hulle aan huis te hou. Met die ruim sitkamer was dit baie beter. Daar was ook ’n kleinerige eetkamer tussen sitkamer en kombuis, wat sy maar vir die yskaste en naald-werk gebruik het, want vir die familie was dit te klein. Die groottafel in die ruim kombuis was ideaal.
WURM GEBED
“Mens sal vandag sweer daar’s nie ’n kerk nie,” merk Hansie op Dis net Maandagaand dat daar nie iets aan is wat met kerk te doen het nie. Dan hou Pa Gert in elk geval huisgodsdiens wat die biduur na ’n vulletjie laat lyk.
Met elke huisgodsdiens moet hulle ’n versie onthou en weë jou as jy nie iets kan onthou nie, so soek jy maar ’n sin uit, hoor niks verder nie, sê net daai woorde op, oor en oor tot dit jou beurt is. Party keer onthou drie van hulle sommer dieselfde versie, dis nogal snaaks.
Hansie is nie beïndruk nie, want laat daar nou net ’n blaar lê, ’n mens sou sweer die klomp is nie blare gewoond nie. Hy hark onvergenoeg voort. Hy moet nog huiswerk doen, môre neuk daai onnie hom weer blou, wat weet die vent van wat alles hier gedoen moet word! Hy slaan hard met die hark op die grond. “Bid maar Swift, bid maar…” sug hy.
Met die krane wat mens net kan oopdraai, hoef jy jou nie meer simpel te pomp tot die tenk vol is nie, is ook iets om voor dankbaar te wees.
Die probleem is net dat die vrugte minder is, so krimp die sakgeld ook en met ’n tiekie ’n week vir sakgeld kom mens nie vêr nie.
Dit word nou opgemaak met so nou en dan ’n paar eiers te ‘score’ en die dan te verkoop, dit vat ’n paar dae om ’n dosyn bymekaar te maak, anders kom die oukêrel dit agter, daarvoor kry mens net 1/6, so word daar allerhande planne beraam. Veral as mens die pennies los maak, dan word dit weer ’n nagemaakte 2/6.
Pa Gert is ook dan altyd Donderdae vroeër as gewoonlik tuis, alles moet op hulle plek wees. Die hoenders en ganse met hulle blerrie dam, “wens mens kan hulle leer, ’n ou shit nie in jou bad nie!” brom hy. Daai dam word vyf minute voor die Chef intrek skoongemaak, want wraggies…
Die kalkoen word versorg met gemengde kos, hy moet lekker vet gevoer word vir die groot dag. As die arme drommel weet wat vir hom wag leer hy vinnig om te vlieg, en kry sy ry. Ja, mens kou maar swaar aan die vleisie as jy hom elke dag so voer.
Dan moet daar natuurlik ’n bak uitsoek perskes gepluk word vir die gaste. Spog kon Gert Niemand spog. Met sy vrou, sy kinders en al wat hy besit.
Gelukkig hoef hulle nie die diens by te woon nie, danksy Mamma, want dit hou verewig aan. Almal moet gebad wees voor die mense kom. Die tafels moet gedek wees, en gewoonlik is oudste dan in beheer van die klomp.
Pa Gert trek die glasdeur tussen die kombuis en eetkamer toe. “Moenie dat ek my vir julle skaam nie, verstaan?”
“Ja Dad,” kom die koor.
Die kinders staan soos gewoonlik almal agter hulle stoele, hande agter die rug.
“Goed Hansie jy bid vanaand vir ons,” kom die bevel van Willie af, wat kom kuier het van Suidwes Afrika af.
Hy klink nes Dad, dink Hansie, kyk oor die tafel, na die stomende bak bruinbonesop reg in die middel van die tafel, regs langs die opskepskottel met geelmieliemeelpap.
Intussen roep pa Gert die Priester nader, wil tog so graag brág met sy goed opgevoede spannetjie en is net betyds om te hoor hoe Hansie dank:
“Séging Vader, Séging sop, Séging elke wurmkop, toegedraai in ’n boontjiedop, Amen.”
“Amen” kom die koor.
Binne minute gaan die glasdeur oop en ’n woedende pa Gert stoom die kombuis binne. Minute se stilte.
“Skep daai kos terug in die kastrolle, julle ondankbare skepsels, julle kan nou sonder kos bed toe gaan, ek sal julle leer om ’n gek van my te maak!” Pa is woedend maar hy sis die woorde uit sodat die mense nie hoor nie.
“Sorg dat die kombuis skoon is en gaan na julle kamers toe,” hy draai om en stap terug sitkamer toe.
“Vanaand neuk hy ons velle af!” Sug Hansie.
“Ek wonder wie se skuld is dit?” Sarel is al sestien maar kry nog glipse, hy word nou meer uitgevang want Willie is weg en Hansie slaap so vas en is altyd laat soggens hy is so bang vir ’n pak dat hy sommer begin huil, hy is al voos geslaan.
“Shut up!” Kom dit van Willie, “moenie die saak nog erger maak nie, maak skoon dat ons klaar kry”.
“Maar ons het niks gedoen nie!” Huil An
“Ja heilig, jy’t Amen gesê. Dis mos altyd net ek!” Hansie weet goed hy is skuldig, maar vir wat bid die grootmense nie in die sitkamer en los hulle uit nie. Nee daar moet mos altyd gebrág word.
Dis skuins voor tien toe die laaste mense ry. Almal lê in spanning en wag. Dit raak stil in die huis. Mart wonder of Pa Gert sal waag om haar te slaan sy is darem nou groter en in verpleeg kollage? Nie dat die die arme Toekoe en Tina wat soos slawe werk omdat hulle glo Pa se geld mors in die skool.
Dis byna elfuur toe die meisies se deur oopgaan. Almal verstyf, nou vir ’n ding.Fransie kom tot by die eerste bed en fluister saggies:
“Nee man julle moenie so onmoontlik wees nie julle is mos nou mooi groot?” sy praat vinnig, “hier is vir julle elkeen ’n snytjie brood, moenie die wêreld vol krummels mors nie, toe eet en slaap nou.”
“Dankie Mamma,” fluister die koor.
Fransie maak seker dat Gert nog slaap, staan ’n oomblik stil en glip dan uit na die seuns se kamer toe.
Willie wil nog iets sê:
“Toemaar dis net ek,” kom dit gerusstellend van Fransie af, “hier’s vir julle elkeen ’n sny brood, ons sal môre praat.” Sy verdwyn so stil as wat sy gekom het, en drie dankbare honger seuns verslind die dik sny brood en appelkooskonfyt. Willie skud net sy kop, die arme drommels niks het verander nie.
Fransie kruip saggies agter Gert se rug in, sy weet sy maak nie reg nie, maar om haar kinders honger bed toe te stuur…nee sy sal nie ’n oog toemaak nie. Sy sug verlig en raak tevrede aan die slaap. Môre sal vir homself sorg!
MART EN DIE KLEREBORSEL
Pierré het gou oorgekom, die kinders is nog nie tuis nie dis net mamma en die kleintjies. Naomi speel in die sand voor die buitekamer. Mart het erg koors en haar keel is weer dik geswel en seer. Dis nou elke paar maande se storie.
“Bring gou Naomi vir Mamma in asseblief my kind, dan maak Mamma solank vir jou ’n broodjie.”
“Dankie Mamma, ek wil nie nou eet nie, my keel is seer,” Mart loop uit om Naomi te gaan haal.
Sy is net betyds om Pierré te vang dat hy met die Naomi lol, en moker hom toe sommer met ’n glas koeldrankbottel oor die kop, dat die bloed loop, voor Fransie die skade kan sien, verdwyn hy soos mis voor die son, Fransie sien net die bebloede bottel en luister na ’n woedende Mart se verduideliking.
Daardie dag moes Mart haar straf vat groot of te nie, keelseer of nie, die klereborsel val ’n slag of drie. Hartseer besef Fransie dat sy die siek kind slaan en tjank sommer saam.
“Pierré kon dood gewees het, verduidelik sy. Plaas dat die kind net gewag het dat sy die skade kon sien, maar hy kry seker skaam.
“Ag Here, wat gaan van die kind word?” Mart het regtig in ’n tierwyfie ontaard, as iemand haar sou vasdruk, kom hy beslis sesde.
Johanna en Mart kan hul vroulikheid nou nie meer kon wegsteek nie, is dit ’n ewige spottery en bra’s word gekoop.
Mart het Gert nou die dag aan die boarm gebyt dat die tandmerke sit. Hy het haar speels, vasgehou en aan haar borsies gevat.
“Gits maar die bytjies het hulle werk goed gedoen né” Die volgende oomblik sak haar tande diep in sy boarm. Fransie keer vinnig.
“Jy weet sy hou nie van ’n vasdrukkery nie, was dit nou nodig?”
Willie was die slimkop. ‘Scheme’ die kon hy goed, en een van die ander kinders het hom altyd gehelp vir so ’n ekstra nikkerball. Hy het Fransie so baie aan Jim herinner dat sy soms skuldig gevoel het. Maar hy was so dierbaar, vol streke en kom altyd of meeste van die tyd heelhuids Daaruit.
Hy is ook die een wat goed presteer het, op skool met net standard agt werk op die spoorweg aansoek gedoen en dit gekry, nou is hy in SWA maar hy kan vir homself sorg, sy is opreg dankbaar. Mart het hom ook op ’n slinkse manier gehelp om sy verplaasing te kry, maar nou die twee het ook gekonkkel om Mart in Verpleeging te kry, maar nouja Gert is so onverbiddelik hy wil die kinders in sy rigting druk, so moet hulle maar planne maak solank sy niks weet nie.
Willie laat ’n groot leegte in Fransie se hart, sy is net bly dat hy ’n goeie werk gekry het. Hy het altyd tot Hansie se redding gekom, wat net niks reg kon doen in Gert se oë nie. Wat nou van die kind gaan word weet sy eerlik nie.
Pa Gert en sy jagmaat oom Jannie, se jaarlikse jagtog breek aan die kinders is in hul noppies, want dan word die jaarlikse biltong gemaak.
Gereeld moes Hansie wat die maerste was, deur die deuropening kruip, een of twee stukkies biltong met ’n fyn rasper bykom, dit dan op die grond laat val, twee ander stukke word dan ‘gescore’ om of gedeel, of verkoop te word vir sakgeld. Hoor sy baie later. Dis nou nie dat hulle nie elke Saterdag ’n stukkie kry nie, maar dit was vir eet doeleindes sien. Saans staan ’n klomp onskuldige wesens en skottelgoed was terwyl pa Gertrotte jag met die haelgeweer. “Die verdomde rotte wat sy biltong so opvreet!”
Die groot dag breek aan. Pa Gert en sy skietgeselskap vertrek. Die nuus versprei vinnig. Die Woensdag oggend ry Mamma biduur toe met die help-my-trap, soos die ou swart fiets gedoop is.
So Woensdag oggend kom die ‘squad’ weer bymekaar. Dis winter vakansie. Die de Langes sal ’n bottel ingelegde pere bring, die Van Rensburg tweeling sal sorg vir jellie, die Barnard dogters sal sorg vir koekies, Hennie en Troubels Joubert moet sorg vir koel-drank en die Nienamd ‘Clan’ moet sorg vir kondensmelk en biltong, vandag gaan daar partytjie gehou word!
Toe die klomp sien dat ma Fransie om die hoek verdwyn kom hul soos skaduwees te voorskyn, elkeen met sy deel. Soos gewoonlik word die byeenkoms geopen met gebed:
Hansie, nou heelwat groter en die langste, het nou al die ‘tricks’ in die boek geleer hoe om te oorleef. Hy het al geleer om net met sy rug teen die muur te staan en die sambokhale oor sy rug te vermy deesdae die belt, dit help hom om so lank uit te hou dat Dad net eenvoudig moet ophou, hy het geleer om nie te huil nie, hy sal die ouman nie die satisfaksie gee nie.
Mart weet dat hy agter die stal gaan sit en huil. Sy is die een wat Germolene en twee aspirine pille aandra, dit help darem vir die brand. Hy het al probeer weghol en dan sommer oor die sesvoet hek gespring, vandaar die naam Boesman, niemand kon hom inhardloop nie, want hy hardloop vir sy lewe. Maar al kom hy ook twaalfuur van die berg af terug, die ouman wag hom in.
Vandag is dit egter feestyd! Mart en Willie is altwee hier vir die week so hulle is voltallig. Die kleintjies is nou net groter en Dad se witbroodtjies so Hoop nie hulle gaan klik nie.
“Dis tyd dat ons eers die nuwe plek doop, wat dink julle?”
“Ja,” kom die koor.
Almal staan in ’n kring en vat hande, hulle is nou almal groter as met die eerste doopdiens.
“Die keer sal ons ’n mooi glas neem vir die water,” hy hol kombuis toe en bring Pa Pieter se waterglas en maak dit vol water.
“Is jy nou regtig besimpeld,” vra Willie hy wil nie sy vakansie tuis bederf nie, “netnou breek die bleddie ding dan skyt jy sowaar”.
“Het jy al ooit gesien die Pastoor smyt die doopbak stukkend as hy klaar is,” vra Hansie vies. “Ek is proffesionel onthou,” en hy gaan staan in die middel van die kring.
“Buig julle hoofde.” Hy klim op die klip in die middel. “Here.” Begin hy in alle erns. “Ons is regtig dankbaar vir die groter plek, ons is baie jammer vir al ons sondes, vergewe ons asseblief, graag doop ons die plek tot ere van U Naam. So doop ek die stuk aarde in die naam van die, Vader en die Seun en die Heilige gees, ‘GLORIE” hy gooi die water oor die klip uit. “Liewe Jesus kyk na Mamma sy loop swaar, moenie haar straf vir ons sondes nie asseblief, Amen”
“Amen,” kom die koor.
“Gee daai koeldrank aan Hendrik, vandag drink ons elk ’n slukkie uit die magtige Gert Niemand se beker.”
An wil nog beswaar maak, maar sy kry die eerste sluk.
“Nou kan jy tog nie gaan klik nie jou klein snip. As julle twee kleintjies speel julle nooit ooit weer saam nie verstaan.” Hulle is maar te bly om saam die groot kinders te speel.
Hulle weet natuurlik nie van al die geheime nie, anders was daar lan-kal moord. Mart hou liewer die beker vir hulle vas, die ding is te swaar en hulle handtjies te klein. Sy is ook nie so seker of die twee sal weet wat klik beteken nie, hulle vat maar ’n vet kans. Dis darem ’n week voor Dad terug kom, dan het hulle al vergeet.
“Kom julle ons gaan na die boonste hoek toe en nie ’n papiertjie word rondgestrooi nie, ons het net ’n uur, kom!” Roep Hansie.
“Loop bêre daai dém beker voor die ding breek,” beveel Willie.
“Wag ek sal,” Mart gryp die beker spoel dit af, vryf dit blink en gaan bêre hom op sy plek.
Die boonste hoek weet nie wat hom getref het nie, daar word geëet, gedrink, boom geklim, geswaai, en die uur vlieg om. Koos maak dit duidelik dat dit ons beurt is om ingelegde koejawels vas te lê vir die volgende okkasie.
“Sit sommer die leë bottels op jou ma se rak, my ma gaan agterkom dat daar twee bottels weg is,” kom dit van Koos af.
“Ruim op julle, Mamma is nou-nou terug,” neem Willie oor. “Almal pinkie promise niemand klik nie” en daar word pinkies getrek dat die stof so staan. Of die kleintjies weet wat hulle doen weet geen mens nie, hulle lag en trek saam asof dit ’n groot geheim is.
Daarna verdamp almal weer in die rigtings waaruit hulle gekom het, hulle moet in elkgeval voor lunch tuis wees, tannie Barrie kan maar lekker streng wees. Die ander se ma’s werk of is bid-uur toe.
Dis kort daarna dat ma Fransie tuis opdaag, die dogters is besig om toebroodjies te maak vir middagete.
“Hoekom so min, is die brood klaar?” Vra sy verbaas.
“Nee Mamma die seuns het klaar hulle brood gevat, hulle eet onder die boom, dis mos vakansie,” jok Johanna sonder om op te kyk, hulle is so versadig en vat ook elk net een snytjie.
“Wil Mamma ’n broodjie hê?” Mart sien bekommerd hoe Mamma haar rug vashou.
“Nee dankie my kind, ek het by die biduur iets geëet, ek gaan bietjie rus, ’n rukkie stilte sal waardeer word.” Sy besluit om nie die kinders vandag te druk nie, Gert is nie hier nie, so laat hulle tog bietjie speel. Haar rug is af, die pyn in haar sy wil maar nie skiet nie.
“Ai, Naomi en Fransie is ook skool toe,” dink sy, gelukkig is dit naby vir die kleintjies.
Willie gaan weer terug na sy kort breek en hy preek vir Hansie om asseblief op te hou met sy nonsens. Mart moet terug vir haar laaste jaar en n stilte sak oor die huis toe Fransie mis hulle so baie, sy is so bly Willie word terug verplaas Durban toe dis darem nader en Mart maak die eide van die jaar klaar…..
So stap die jare aan:-
Net Fransie se geloof wat haar staande. As haar hart soms skeur van verdriet. Is dit geloof wat haar weerhou van ’n totale ineeenstorting.
Gert gaan saam met een van sy jagmaats na die Spadereners, Blou-rokke soos die kinders dit noem. Mart weier volstrek. Die ander het nie ’n keuse nie.
Mamma se blou rok hang tot op haar enkels, swart lang kouse, bolla styf teen haar kop met ’n hoed op, dit lyk vir Mart te aardig.
“Mams dink jy die mense het eers so gaan opdress, as Jesus verby gekom het?”
“Ag my kind, laat ons maar die vrede bewaar,” sug.sy net.
“Jy sorg dat jy klaarmaak en reg is vir kerk,” kom die bevel van Pa Gert af.
“Dit sal die dag wees, as Dad dink ek mismaak my so, maak Dad ’n vet fout!”
“Ek sê jy maak klaar!” Is die twee weer aanmekaar.
“Ja, en die Here vat die sambok en sê loop dissipels loop!” Mart kyk oor sy skouer en reg in ’n paar hartseer groen oë, en sy swyg dadelik.
“Ek oefen koor by my kerk.” Sy draai om en weet haar ma nou weer gaan deurloop, ek is bly ek is weg.
Al die dogters se rokke is nou tot ver onder die knie. Hare lank en styf gevleg. Tot die twee kleintjies wat nog in die laerskool is. Mart staan soos ’n seer vinger uit, hare nog altyd kort. Was al ’n paar keer vertel dat die hel vir haar wag, na die kinderhuis drama lê sy sommer self die skêr in, dan het Mamma nie ’n keuse as om dit reguit te sny nie, langhare? Nooit weer nie. Daardie aand kon jy maar kyk, Mamma se oë is bloedrooi gehuil en Mart weet dat dit weer haar skuld is, sy kan al hoor:
“Daai dogter van jou is nes haar pa, koppig en eiewys.”
Mart het hom eendag al aangevat en woedend gesê het nie haar pa geken nie en is nie sy ou skoene werd nie, dis seker die eerste keer dat haar ma haar regtig met ’n klereborsel bygekom het, met ’n pak wat sy nie gou sal vergeet nie.
“Jy praat nie so met jou pa nie, verstaan ons mekaar?”
BAIE DINGE VERANDER
Baie dinge verander in die Nienaber huis. Mamma lyk siek. Ek ontdek ’n streepsak met as onder in Mamma se hangkas. Ek is heeltemal verward, gaan vra vir tannie Hennie, die pastoor se vrou wat dit nou beteken. Sy neem my hande saam en verduidelik aan my:- in die nuwe geloof wat Mamma aangeneem het, dit ’n sonde is vir ’n vrou om met ’n geskeide man te trou. Deur op sak en as te bid, is dit Mamma se manier om vergifnis af te smeek van die Here.
Nou is Mart woedend! “Tannie Hennie, watse Here dien ons? Die hele tyd wat Mamma haar afsloof vir ons kinders, sê sy dit is die wil van die Here. Hy het ons bymekaar gebring, vir ons ’n nuwe gesin gemaak, dat ons dank-baar moet wees teenoor Hom!” Nou huil ek so dat tannie Hennie my ’n glas water gee en haar styf teen haar vasdruk.
“Ek wil maak einde van die jaar klaar met verpleegopleiding…
“Here ons Vader” begin tannie Hennie bid. “Help hierdie dogter van U om te verstaan dis mens gemaakte wette, dit kom nie van U af nie. Help haar om te verstaan dat U ons lief het, help haar Here, om nie te wankel in haar nuut gevonde geloof nie, help haar om vas te hou aan U die enigste Een is wat nooit verander nie, wat ons seer en kwaad verstaan.” Sy bly ’n oomblik stil.
“Bowe alles Here, maak dit aan haar duidelik in hierdie oomblik, niks van hierdie besluite is haar toedoen nie. U weet van die tweestryd tussen haar en haar aardse vader, Here maak dit vir haar makliker om te verstaan, alles is nie haar skuld nie. Hou my ou sus Fransie styf teen U vas en maak dit vir haar duidelik, dat U haar geplaas het waar sy is en seën haar in alles wat sy doen, gee haar krag, versterk haar gees, sy is U dierbare kind, hou haar vas, hou haar vas Vader. Amen!”
Ek voel hoe ’n groot rustigheid oor my toesak. Nou praat die tannie in ’n snaakse taal en ek word hoendervleis. Tannie Hennie, druk my styf vas en ek voel kalm en rustig. “Is dit hoe Jesus regtig voel wonder ek.” Tannie Hennie laat my gaan.
“Kom ons drink gou ’n teetjie kind, dis min dat ons deesdae die kans kry né?” Ek kan die kalmte om my amper nie glo nie.
“Mart, Die liewe Heer weet dat jy die sterkste is, dit is daarom dat Hy jou kies om Mamma by te staan, bid vir krag, hou vas aan die Kruis as jy twyfel, kom sien my ons kan saam bid, die stryd word vir ons almal soms te swaar om alleen te dra, Hy het belowe dat ons kruis, nooit swaarder as Sy genade sal wees nie, gaan maak jou opleiding klaar, jy gaan dit nodig kry.”
Sy sit die heerlikste konfyttertjies voor my neer, en bedien tee in die fraaiste koppies. Na die sessie stap ek stadig terug huistoe.
Mamma kyk my vraend aan, vra niks, ek stap na haar toe en hou haar styf vas.
“My ou moeder,” is al wat ek uitkry.
***
LUISE DAG
Saterdae: Is dit nag in die Niemand huis:-
Luise dag, dan word almal se hare gewas en met ’n luiskammetjie, ’n klein swart kammetjie met fyn tandjies, uitgekam op ’n wit laken.
Mart onthou nog goed die dag in die kinderhuis, haar hare was skouerlengte toe een van die kinders ’n stuk kougom daarin druk. Sy het erg gehuil want dit was so gekoek en sy kon dit nie uitkry nie. Die tannie wat aan diens was het eenvoudig die knipper gevat en haar poenskop geskeer. Dit is die einde van lang hare, hel toe of te not.
In die nuwe kerk is dit eers erg, dis ’n doodsonde! Vrouens sny nie hul here af nie, mòèt hoede dra uit respek, rokke moet enkellengte wees met hofhakskoene of platskoene, alles toe tot by die nek en langmoue.
Fransie die kleinste van die klomp, knyp haar vinger in die deur vas en skree blou moord. Mart is tuis en weer besig om haar hare te trim, kyk op na Johanna wat besig is om die koeke uit haar lang hare te sukkel.
“Kyk na daai kleintjie jong, dis jou beurt,” snou Mart
Johanna kyk op en sê: “Vandag slaan Dad jou wraggies morsdood, vir wat sny jy weer jou hare, jy weet dis ’n sonde, jy gaan reguit hel toe.”
“Man tel daai kind op, jy is lankal klaar met hare droogmaak, jy gaan tog weer huil as dit uitgekam moet word, wê-wê! Tel haar op, jou langhaar”
“Jy gaan tog hel toe, wê, wê,” koggel Johanna terug.
Mart loop by haar verby en gee haar langboskasie ’n pluk en hol weg.
“Jy gaan @ as ek jou in die hande kry!” swets Johanna
“Ag gaan @ jy man, vang my eers.” Intussen skreë Fransie nog blou moord.
“Jou pes!” Gil Johanna toe sy haar teen die hoek van die tafel stamp “Vandag @ jy sowaar.”
Mart sien Mamma eerste en is dadelik jammer, dis te laat. Mamma se grys oë is gladnie so sag soos gewoonlik nie.
“Wat gaan hier aan?” Haar stem streng.
Mart weet Mamma sal nie op hul klik nie en sy slaan ook nie sommer nie. Sy het gou uitgevind hier baklei jy vir ’n plek in die son, om nie eers te praat van ’n plek aan Mamma se sy nie.
Mamma probeer altyd om hulle op ’n ander manier te leer, veral oor al die slae wat hulle moes verduur.
Sarel kon byvoorbeeld nie praat sonder ’n string vloekwoorde nie, hy kon nie goed spel nie, maar Mamma het hom die woord bliksem, waarvoor hy so lief is, agterstevoor laat spel tot hy kon huil, dit was die einde van sy ge-vloekery.
“Ek het gevra wat gaan hier aan,” sy staan nader en kyk Fransie seer vingertjieen soen dit teer.
“Sy het eerste begin Mamma,” huil-sê Johanna.
“Moenie lieg nie man, jy het my eerste hel toe gestuur,” skuldig vat Mart aan versnipperde hare met die veertien pond wat hulle verdien kan sy nie haarkappers toe nie.
“Kom hier,” beveel Mamma streng. “Julle weet daar word nie gevloek in hierdie huis nie.”
Sy stap deur badkamer toe en tot ons twee se verbasing, haal sy die twee pie-potte, een bloue en een groene uit, sy sit dit reg teenoor mekaar.
“Trek af julle broeke en sit vir mekaar en kyk, totdat julle klaar gedoen het wat julle mekaar so hartlik toewens.” Sy draai om en gee weer aandag aan die klein Fransie.
“Mamma ek mos nou al groot ek kuier net!”
“Mart onder wie se dak staan jy? En wat is die reëls?”
“Sien jy nou jou simpel korthaar,” snou Johanna, hulle knieë raak aan mekaar.
“Jy het eerste begin, heilige langhaar!”
“Wat gaan daar aan?” Kom dit van Mamma se kant af.
“Sy het eerste begin,” sis Mart
“Is nie jy het!”
“Gaan julle nou ophou? Pappa is nou-nou hier.”
“Maar sy begin altyd eerste Mamma,” kom dit van Mart af.
“Wel sê jy nou maar jy’s jammer, dan het jy ook iets eerste gedoen,” ma Fransie moet haarself inhou om nie te lag nie, want sy kan haar die prentjie in die badkamer net voorstel.
Sjoe! Dis oor die vloekery dat Mamma so kwaad is, dalk het sy nie die hare gesien nie. Vir wat moet mamma nou die kose so reg oor mekaar parkeer hulle is mos nou groot, hulle knieë raak aanmekaar, sy stamp die langhaar sommer af.
“Sy het eerste gevloek!” Snou Mart. “Sê jy’s jammer langhaar.” Mart se stem sis na Johanna se kant toe.
“Julle kan opstaan as julle mekaar om verskoning gevra het.” Mamma klink nes die polisie oom langsaan.
“Shurrup! Jy’t eerste my hare getrek,” kom dit van Johanna se kant af.
“Hoor ek iets?” Kom dit van die kombuis se kant af waar Mamma nog steeds besig is met Fransie.
Mart kan sweer daar is ’n lag in Mamma se stem, sy sal hulle nou-nou kom waarsku en sê hulle kan opstaan, sy is seker sy sal.
Die ring van die koos begin nou regtig in haar boude inbrand.
“Hemel sê jy’s jammer, simpel, anders sit ons heeldag hier,” die trane brand in Mart se oë.
“Ek is jammer Mamma,” kreun Mart
“Wat maak julle?” Giggel Naomie, “Mamma is die toilet stukkend,” sy verstaan niks van die storie nie.
“Moenie vir my sê jy’s jammer nie, sê dit vir jou suster,” kom dit droog van die kombuis se kant af.
“Sê jy’s jammer!” Langhaar.
Johanna wat ook na aan trane is, wil nie kopgee nie.
Mart onthou skielik asof dit gister was, die dag toe oom Jannie die Here se naam so aanhoudend gebruik het, terwyl hy Mamma van hul jagtog vertel. Mamma was besig om in die groot ou witerdeskottel die gebruiklike ses brode te knie, met haar hare netjies weggebind en bedek met ’n baba-doek. Oom Jannie was nog so aan die vertel en toe hy weer die Groot naam gebruik, sak Mamma vooroor met haar hande in die deeg…
Ek skrik my boeglam waar ek voor die wasbak staan. Oom Jannie storm vorentoe, gryp Mamma aan die skouer en vra benoud:
“Sus,” soos hy haar altyd genoem het. “Sus is jy okay?”
Vir nog ’n paar sekondes het sy so gestaan, haar kop opgelig en ewe onskuldig gesê:
“Ja man, ek dog jy bid en ek wag net dat jy moet amen sê!”
Nooit weer het oom Jannie voor Mamma gevloek nie. Toe weet ek, jammer gaan jy vandag sê Martha, of jy gaan hier sit tot Dad huistoe kom, dan is die hel los! Dit sal inelk geval erg wees hulle is nie meer klein nie
“Ek is jammer langhaar,” sis Mart.
“Ja, jammer korthaar, jy gaan tog nog hel toe.”
“Hoor ek iets,” vra Fransina, dik van die lag.
“Ons sê net ons is jammer,” sȇ hulle gelyk.
“Nou toe staan op, was jul gesigte, Pa is nou-nou hier.”
Stadig staan ons op, trane vloei vrylik, die kose sit letterlik aan ons boude vas, stadig trek ons dit af, die dik rooi rif bly en die trane vloei! Die vernedering maak seker dat daardie woord nooit-ooit weer in die teen-woordigheid van Mamma gesê sal word nie, om die waarheid te sê, dit sal gladnie eers weer genoem word nie. Daardie daad word toe nommer twee tot vandag toe.
***
WILLIE KRY VERLOF
Mart laat weet Willie vooraf sy sal by die huis wees vir twee weke hy moet kyk of hy verlof kan kry Mamma is siek dan kan hulle darem bietjie opbeur.
Dis weer Donderdagaand en natuurlik weer biduur:-
“Wat gaan hier aan?” Willie kyk verbaas na die klomp lang Blourokke wat aangestap kom, tot Mamma kom uit die kamer, getooi in ’n blou rok en swart hoed op. Die mans het almal swart pakke aan.
“Hel, Mart ek dog jy dik weer net aan, toe jy vir my skryf van die nuwe geloof, dit is wraggies wéird, hulle lyk soos lykbesorgers!”
“Okay, jy kan nou maar jou mond toemaak,” Mart moet lag vir haar ouboet se verbasing. “Ons is dit nou al gewoond en hoef gelukkig nie die biduur by te woon nie, want as jy dink die ander bidure was lank, is jy nou in vir ’n suprise.
Ek is nog maar in die AGS jong, hulle het my bygestaan destyds toe ek die hele situasie nie kon hanteer nie, ek sê jou Wim, as dit nie vir tant Hennie was nie, was ek al in ’n gestig!”
Willie is nou die grootse en moet boekevat na ete lei:-
“Luister na hom, hy gaan vir julle vrae vra, ek wil my nie weer vir julle skaam nie. Verstaan ons mekaar? Julle is nou mooi groot.” Beveel pa Gert. “Gedra julle so.” Hy wonder tog waar Pierre dwaal, amper is die getal vol-tallig, hy is dankbaar dat daar darem nog nege van sy spannetjie vanaand aan sy tafel sit. Hy trek die glasdeur toe en gaan terug na sy gaste in die sitkamer. Hy het sag geword na die geboorte van sy twee dogters, al wil hy dit nie erken nie. Na Mart gaan verpleeg het moes hy maar kopgee die kinders maak planne en sit soms vir hom ore aan.
Arme drommels, dink Willie as hy na sy broers en susters kyk. Hy wat nou al ’n smakie van die buite wêreld gehad het, voel innig jammer vir die patetiese gesigte voor hom. Niemand lag meer nie, het dit ook nou sonde geword?
Mart het hom vertel van die sak en as, waarop Mamma bid. Van die brood wat op ’n bordjie gesit moet word voor jy dit smeer, hygend dis net skottelgoed maak. Die ergste is dat die meisies soos nonne aantrek, behalwe natuurlik Mart, sy sterf liewer. Hy weet nie wat om daarvan te maak nie, sy ma het so agteruit gegaan dat hy werklik bekommerd is. As hy met haar praat is dit altyd net:
“Die Here sal voorsien my kind.”
“Mamma het nie nodig om die kerk se vloer te gaan skrop en banke te was nie!” Willie is erg ontsteld toe hy dit hoor.
“My liewe kind elkeen moet maar sy deel bydra, die Here verwag dit van ons. So laat ons nou maar die vrede bewaar.”
“Ek hoop die Edele Priester se vrou skrop ook net so hard,” mompel hy.
“Willie!” Hy kyk in die katgrys oë, sien die pyn en swyg, hy weet dat sy nie eintlik ’n keuse het nie, as Gert Niemand praat, spring jy eers en dan vra jy hoe hoog.
Wel hy is nou tuis en is van plan om bietjie lewe terug te bring in die doodse atmosfeer. Hy moet onthou om vanaand dankie te sê dat dit hom gespaar gebly is, want soos Mart en Hans sou hy wragtie ook nie soontoe gegaan het nie.
“Julle almal kan maar sit vanaand,” beveel hy. “Ek is in beheer en julle is mos nou al mooi groot, Sarel, dank jy vir ons.”
“Dankie vir die kos, Amen.” Kom dit kort en bondig van Sarel se kant af.
“Dankie Sarel,” prys Willie, “Kom ons eet.”
Die pap en melk word gedeel, nog niks het verander nie dink hy. “Elkeen kry ’n ekstra lepel suiker net om fees te vier dat ons weer saam is,” hy voeg die daad by die woord, hy’s tog nie lus vir sulke amper smaaklose kos nie. Die ander volg hom gretig na, Hansie se hand gly natuurlik weer vir ’n ekstra lepeltjie.
Na ete word die tafel afgedek, hulle neem weer hulle plekke in en wag in spanning vir boekevat. Willie maak sy keel skoon en sê:
“Ek lees vanaand vir julle uit Moses drie vers drie.” Hy slaan die groot Bybel voor hom oop en lees aandagtig,
“Moses drie vers drie, waaruit lees ek?” Maak hy seker.
“Moses drie vers drie,” kom die koor.
Willie trek nie ’n gesig nie, hoogheilig begin hy lees en sluk die lag ’n slag af. “Julle moet nou mooi luister, want ek gaan vir julle vrae vra soos gewoonlik. Moses drie vers drie.” begin hy weer en almal hang aan sy lippe.
“En Moses klim op die berg,” hy blaai versigtig om, skud sy kop ’n slag en begin
weer.
“En Moses klim op die berg,” hy lyk vreeslik verbaas en vryf die twee bladsye teen mekaar, maak seker dat dit nie aanmekaar vassit nie, blaai weer terug, en gaan baie ernstig voort:
“Moses drie vers drie,” sê hy met nadruk, “en Moses klim op die berg,” ’n oomblik stilte, daar word weer seker gemaak dat die blaaitjies nie vasklou nie, en met ’n sug sluit hy af, “en hy vlieg wragtig weg!”
Dit gons om die tafel. Die twee jongstes kyk verbaas na Willie en verstaan niks van die gelag nie.
Agter die glasdeur beleef Gert Niemand weer die vernedering van sy lewe voor sy nuwe Priester. Hy wou so graag spog met sy welopgevoede spannetjie!
Fransina maak die deur oop. Dis so goed of sy sien ’n ondeunde Jim aan die hoof van die tafel. Maar sy moet streng wees, Gert gaan die een nie gou vergeet nie.
“Willie, jy is mos nou al mooi groot man, wat vang jy nou aan?” Vra sy streng.
“Mams dis soos ’n begrafnis in die huis…” wil nog verder praat maar Mamma maak hom stil.
“Sit die koppies reg, asseblief moenie dat ons nog meer probleme kry nie,” smeek sy amper.
“Hansie gaan hoor jy en Johanna wie wil wat drink, sorg julle ander, dat die melkpotjies en suikerpotte vol is, onthou om nie te stort nie asseblief.” Sy draai om en gaan terug na haar gaste toe, sy sou liewers self die tee wou maak maar nee, die kinders moet mos nou gestraf word.
Hansie begin by die deur, groet beleefd en kry die bestellings, hy hoor net iets van kinders wat kort gevat moet word en die duiwel gaan sit dwars oor sy skouers, hy hou sy posé, by elkeen wat hy kom vra hy:
“Koffie of tee, tannie, oom?”
En almal sê net: “Ja asseblief.” Toe hy terug kom in die kombuis stel hy vroom voor:
“Ek sal skink want ek weet wie wat wil hê,” en elke koppie op daai skinkbord word geskink met ’n half koppie tee en die ander helfte koffie. “Ons is tog klaar in die moeilikheid, kan dit net sowel die moeite werd maak,” dink hy by homself.
Johanna help indra, elkeen neem sy suiker na smaak, Hansie hou hulle fyn dop, niemand sê ’n woord nie, almal drink rustig voort, net Mamma se koppie het net ’n slukkie of twee weg. Sedig word die leë koppies opge-ruim en kombuis toe geneem. Mamma staan in die deur.
“Wie se idee was dit?” Sy wys na die koppie.
“Die mense sin Mamma,” antwoord Hansie ewe onskuldig, ek het gevra tee of koffie en hulle het gesê, “ja asseblief,” toe gee ek dit vir hulle soos hulle dit bestel het, hy trek sy skouers op.
Fransina, wat gesien het Gert is nog besig om te gesels en het nog nie sy tee-koffie gedrink nie, neem gou ’n koppie koffie in en stel voor dat hy nou eers sy koffie drink voor dit weer koud is, en neem die ander koppie weg.
“Lyk my hoe groter julle word hoe erger raak julle!” Mamma klink nie eintlik so kwaad as wat sy moet wees nie. Sy is bly die klomp weet nie dat sy so verlang as hulle so met hulle poets-bakkery besig is nie.
“Sorg dat die kombuis skoon kom en maak julleself skaars,” sterk sy hulle in hul kwaad, want sy weet na daai Bybellees sessie is daar oorlog, die kinders is egter nou groter en sy is seker dis die laaste biduur wat hulle gaan uitsit, want straf gaan hulle gestraf word.
Mart gryp Willie aan die hemp en trek hom eenkant toe, henhg ons kan bly wees ons is nie meer in die huis nie sowaar die arme drommels sal nou elke biduur moet bywoon ek sal sorg dat ek nooit op ’n. Donderdag aand tuis is nie, jy’s gelukkig vêr.
“ek wens dis al Sondag dat ek kan teruggaan, ek kry net vir Mamma jammer, Mart jy moet oog hou jong.”
Sondag breek aan. Willie vertrek weer en daar sak ’n aardige stilte oor die huis neer.
So was dit dan ook, hulle moes elke biduur bywoon sodat hulle, hul sondes kon bely. Meeste van die tyd was die grootste werk om jou oë oop te hou.
***
MAMMA HET DIT NIE NODIG NIE
Na Willie terug is, praat Mamma maar min en sy lyk bleker by die dag. Mart is woedend as Mamma met daai ‘help my trap’ vloere gaan skrop. Die Here kan voorwaar nie so wreed wees, om haar so te straf? Nadat sy haar kinders plus nog ’n klomp stief-kinders en haar man met liefde versorg het? Nou gebruik hulle haar as bediende by die nuwe kerk ook, asof sy haar nie al vrek gewerk het nie!
Daardie oggend is ek en pa Gert weer aan die stry, die ou storie dril in my ore:-
“Jy sal nooit nêrens kom nie, die Here gaan jou straf, jy gaan hel toe, straf, straf, nikswerd, straf!” Ek staan op en hardloop met ’n spoed na die hoekhuis toe.
Tannie Hennie toe, ek huil, nie meer seker of dit is omdat Willie weg is, of omdat Mamma siek is, of waaroor ek tjank nie.
Die deur gaan oop, dis Pastoor self. O Vader, wat nou? Ek wil sommer omdraai. Die wyse ou grysaard neem my in sy arms, sê nie ’n woord nie, lei my na die kombuis en roep:
“Mamma jy’t ’n besoeker.”
Tannie Hennie vra nie vrae nie, “lekker,” groet sy vriendelik, “nou het ek iemand om saam mee tee te drink.” Soos gewoonlik verlaat ek haar met ’n kalmte wat net van bo af kan kom.
HANSIE HET GENOEG GEHAD
Nog ’n ramp tref die Niemand gesig. Hansie, aan die einde standerd ses. Die Maandagoggend het hy net mooi genoeg gehad van slae. Dad gee hom ’n onnodige drag slae, dit net omdat die eiers van die tannie oor die straat, nie dadelik afgelewer is nie. Meen dit was nie dringend nie.
Die skool is ver, hy verloor die bus, want die eiers is nou die belang-rikste volgens Dad. Mamma het al opgegee om te probeer keer. Hy is laat vir die skool, land in die kantoor en nog twee houe volg.
Sy huiswerk is nie klaar nie, want daar was twee sakke kurpertjies wat die heel Saterdag gekrap en gemaal moes word vir viskoekies, niemand word gespaar nie, nie eers Willie as hy kom kuier nie, met die gevolg is dat hy nie tyd gehad het om sy huiswerk te doen nie. So nog twee houe met ’n liniaal oor sy hande. Pouse word hy aangesê om by die rugbyspan in te val, toe hy probeer verduidelik dat sy pa hom verbied het om te speel, kry hy nog ’n hou of twee.
Dit was die laaste strooi! Hy gryp sy sak, met die woede van jare se opkrop, hardloop hy huistoe en hardloop kon hy. Daar aangekom vat hy Willie se ou boeksak, ’n paar stukke klere word ingepak en in die hoenderhok gaan wegsteek. In sy eie sak sit hy ’n paar pakkies jellie, kondensmelk, ’n paar stukke biltong en beskuit, en twee bottels water.
Vandat Willie weg is, is daar nie genade nie. Sarel het weer meer be-gin bed natmaak. Hy kon nie verder as standerd ses kom nie en was al ses-tien. Gelukkig kry die ou werk en word ’n rangeerder op die spoorweg. So is dit net hy Hans, en die werk word nie minder nie, die ou kêrel het nie genade nie.
Mamma se oë is altyd bloedrooi gehuil en dis als net sy skuld! Hy maak soveel geld bymekaar as wat hy kan en alles is gereed vir sy reis. Koel en kalm gaan hy aan, maak al sy werk klaar, is baie beleefd as die ou kêreld hom iets vra.
Naomi en Fransie is glo te klein vir werk, skielik het Dad vergeet van al die ander kinders wat moes werk van kleintyd af. Maar hulle is soos engle uit die hemel vir die ander, want skielik het die groot slaan minder geraak en die sambokke het verdwyn.
Fransie voel aan dat daar iets vreeslik skort.
“Wat pla ou grote?” Vra sy die volgende oggend en hou Hansie styf vas, hy byt op sy tande om nie te huil nie.
“Niks nie, my liefste moeder,” hy is omtrent net so lank soos sy en hy trek haar liggies aan haar vlegsels wat nog oor haar skouer hang, spring vinnig weg, want hy weet hoe kleinserig sy is.
“Ek moet waai netnou is ek weer laat,” sê hy en loop tot by die hek, waai en gooi vir haar ’n soentjie. Toe sy die huis in verdwyn, hardloop hy weer terug en wag agter die garage tot alles stil is. Saggies sluip hy met die fiets by die klein hekkie uit. Bestemming Rhodesië, na sy oupa Maartens en oom Pietie toe!
Dis laat daardie middag, Fransie besef Hansie, kannie nou nog by die skool wees nie. Die swart fiets is ook weg! Sy bel Pieter en sê hulle moet die polisie bel. Hansie is weg! Fransie is stukkend!
OUPA LAAT WEET
Weke gaan verby. Fransie huil, dag en nag. Toe kom die foon oproep.
“Fransie, Pappa hier.” Sy hou die foon stywer vas. “Hansie het gister-aand hier aangekom, wat gaan aan my kind?”
Nou huil sy onbedaarlik. “Hallo Pa, is hy gesond? Het hy seer gekry?” Daar is so baie vrae. “Kan ek met hom praat?”
“Mamma ek is so bitter jammer,” kom ’n baie moeë stemmetjie oor die lyn. “Ek konnie meer nie, moenie so huil nie Mamma, dis beter so, ek is baie, baie lief vir Mamma,” ’n oomblik is daar stilte. “Jammer maar ek moes Mam-ma se fiets ruil om oor die grens te kom, ek’s okay Mamma, kyk mooi na jouself en gaan asseblief dokter toe, Mamma is siek!”
Daar is ’n lang stilte. Fransie sit op die stoel en huil haar hart uit, sy kannie praat nie, sy is so verlig, haar kind veilig is.
“Kyk mooi na jouself my liefste kind, Mamma verstaan. Ek sal weer bel, groete aan oupa,” lank sit sy net so, met die foon op haar skoot.
“Dankie my Here, my kind is veilig!”
DIS NAG VIR SAREL
Nou is dit nag vir Sarel, hy word telkens uitgevang deur Dad as sy bed nat is. Soms kruip Mamma drie-uur soggens by die deur in en help hom gou droogmaak. Maar weë haar as Dad dit moet uitvind.
Daardie oggend kry hy so ’n pak met daai leerbelt, dat hy nie kan gaan werk nie. Hy kannie meer nie, hy hoor hoe Dad met Mamma raas omdat sy so kwaad is oor die pak.
“Tot hiertoe en nie verder nie,” besluit hy by homself.
Stadig maak hy die buitekamer, wat nou leeg geloop het, aan die kant. Pierre het lankal weggeloop, hy het hom so lanklaas gesien. Nou werk Willie in Suidwes en kom kuier net so een maal in ses maande vir ’n paar dae. Hansie wat hom altyd gehelp het soggens, partykeer tweeuur in die oggend, diè is ook nou weg. Hy neem hom wragtig nie kwalik nie. Nou het Mart nog gaan verpleeg. Nee hy sien nie lig in die tonnel nie!
Hy gooi sy sak oor sy rug, groet Mamma vriendelik, gee haar ’n stywe drukkie en sê:
“Mooi bly Mamma, dankie vir alles…”
“Lekker werk my kind, hardloop jy’s amper laat,” liggies vee sy oor die los kyf op sy voorkop.
DIE NIEMAND HUIS LOOP LEEG
Laat daardie middag stop die Spoorweg polisie, voor die Nienaber se huis in Merwede straat.
’n Yskoue hand gaan om Fransie se hart. “Here wat nou?”
“Mev. Nienaber?” Vra die man beleefd. “Is u man tuis, of is u alleen?”
“Meneer waaroor gaan die besoek?” Vra sy sag, benoud.
“Sit mevrou,” beveel die man. “Is julle seun Sarel Niemand?” Hy bly ’n oomblik stil, toe sy haar kop knik, gaan hy voort.
“Ek is so jammer Mevrou, hy het vanoggend ’n ongeluk gehad…”
“Here nee!” Kreun sy. “Wat het gebeur Meneer, waar is hy?”
“Hy het uit die trein gespring, ek is so jammer Mevrou, ek is so jammer! Hy het dit nie gemaak nie. Kan ek iemand vir u bel Mevrou? Ek kan u nie nou alleen hier laat nie, wat is u man se nommer?” Hy voeg die daad by die woord en stap foon toe, neem die swart boekie op, sien Gert se nommer heel voor en skakel hom.
Daar is ’n dringende klop aan die voordeur. Sy probeer opstaan.
“Sit mevrou, ek sal gaan kyk.” Veraf hoor Fransie stemme en die volgende oomblik staan tannie Hennie voor haar, sy kniel voor Fransie.
“Die Here het my na jou toe gestuur.” Sy draai om na die man en vra:
“Is daar nog enige inligting wat ek aan meneer Niemand kan oordra?”
“Ons sal bly wees as hy dadelik met ons inverbinding kan tree.” Met die neem hy sy hoed op en sê weer aan Fransie wat roerloos bly sit.
“Ek is verskriklik jammer Mevrou, mag die Here met julle wees.” Daarmee draai hy om en stap met geboë skouers die trappe af.
“Wat het ek verkeerd gedoen Hennie?” Snik ’n stukkende vrou teen haar vriendin se skouer. “Wat?”
“Nee Sus, stop daardie gedagte net daar! Ek bestraf die Satan op die hierdie oomblik, hy het nie die reg om jou so aan te val nie, want die Here alleen weet, jy was daai kind se enigste vashou plek in hierdie lewe, onthou dit!”
Hennie kniel langs haar vriendin, en bid soos net ’n vrou wat weet waardeur haar vriendin gaan kan bid, het hulle dan nie ’n jaar terug hulle seun verloor nie.
Gert sit met die foon in sy hand, hy’s besig met ’n kontrak in Brits, hulle het hom ’n rukkie gelede na die kantoortjie op site kom roep. Nadat hy die nuus ontvang het, sit hy vir ’n lang ruk in sy bakkie en staar.
“Here ek het U en my familie gefaal!” Hy kreun soos iemand wat erge pyn verduur. “Vergewe my Here, vergewe my!” Onder die groot boom in die bakkie sit ’n verslae gebroke man en snik sy hart uit…
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek