Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dorre takke

Deur Palet
Datum gepubliseer: 10 Mei 2021 Aantal woorde: 82 243 Kere gelees 5

Strooihalm’vingers streel sag oor my hart
die sneeuwit’wolke hang laag in die lug
teen die huis se muur
tik die horlosie se wysers stadig om elke koue uur

Die herinneringe van die jare
voel soos krummels in my hande
vir ‘n oomblik voel ek weer die onthou
wat soos stippels skaduwees, die verlange omvou

Wolf-pluk gister soos ‘n doring in my vlees
Huil my hart in die goud-geel maan
Flikkerskaats onweerstaanbaar mooi ‘n vurige pleidooi
deur die kaaldroë takke in my gees




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    10 Mei 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek

  2. Didi

    11 Mei 2021

    Wat ‘n pragtige beskrywing, vol diepe hartseer.

  3. Palet

    11 Mei 2021

    Baie dankie😊

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 421
Kommentaar telling: 357

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief