Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Droomtrein(silwer)

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 13 Julie 2021 Aantal woorde: 148 92 Kere gelees 3

Droomtrein
Die nag bring sy storms
en winde wat waan,
vanuit ‘n donker spoor
kom hy al rollend aan

Hy dra in sy kajuite
al die dae sé mense dinge mee,
van vêr verlate tye tot met die hede
so’laat bly hul nie vergete

Elke kajuit het ‘n masker
elke masker ‘n maker
elke maker ‘n betaster;
maar die trein rol net aan en aan

Maar wagtend op ‘n perron
wag ek vreedsaam vir hom,
lomer is die jonge dag
vreemd en al vrae wat wag

Soms sluimer ‘n woeste nag
en angstige skrikbeelde wat lag,
uit die vertes kom sy vaagweg liggie aan
en fluit sy fluitjie vaag.

©Morné du Preez
#Droomtrein, het ek al tevore geskryf maar die nota boek was gesteel saam al die res, ek gaan weereens hierdie reis begin met hom en hopenlik kan ek of verbetering bring of selfs dit ewe.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    13 Julie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 143
Kommentaar telling: 97

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 55 gaste aanlyn

Bydraes – Argief