Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Druppelgenies vrou (Brons)

Deur GEDAGTES
Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 Aantal woorde: 54 101 Kere gelees 3

druppelgenies vrou

elegant in vloed
vloeibaar in veranderlike
stort sy deur verlange
kommer en drange

rein
mosverdiend
in varingprag en praal
ietwat riskant sterk

seisonaal geraam
in granietrots en epos
miskerade van maagddruppels
juviaal flambojant in jou arsenaal

kroos kroos broos
onder wakende oog
steeds bewus van
missoom en sterke rots

© Francois Meyer Mei 2021




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    13 Mei 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 21
Kommentaar telling: 6

My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die lewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 191 gaste aanlyn

Bydraes – Argief