Eintlik moet dit onbeskryflik wees.
Liefde vereis ʼn verheffende vorm krag
dit moet my iets in gemeen ag
in ʼn beeld van liefde
ʼn gedagte of fluisterende woorde
om my liefde ryker
voller en mooier tot verdrag.
Alles in beskrywende samesyn
ek soek nie na spreekwoord fabrikasie
maar ʼn bindige sinryklike bedwelming
iets waar ek in trou aan heg
wat die innerlike verbly
en nie wegvlieg soos ʼn warrelwind nie.
Eintlik moet dit onbeskryflik wees.
3 Kommentare
-
neels
Ek stem saam met Anze. woorde kan nie ware liefde beskryf nie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ware liefde is onbeskryflik... pragtig gepen!