Ek is verlok deur jou skoonheid.
Verkyk ek my aan jou fynheid
Ek is verlok deur jou odeurflessie
Gefassineerd deur jou broosheid
Kon nie verhelp om aan jou boesem te leun nie
Ek is verlok deur jou odeurflessie
Met venyn van jou arm wat my lek
Kon nie verhelp om aan jou boesem te leun nie
Vol van my bloed bedek
Met venyn van jou arm wat my lek
Hoe gemaak om jou te tem
Vol van my bloed bedek
Dat ons vir mekaar bestem
Hoe gemaak om jou te tem
Wie laat jy nie in ekstase
Dat ons vir mekaar bestem
O, my mooie rose
Wie laat jy nie in ekstase
Gefassineerd deur jou broosheid
O, my mooie rose
Verkyk ek my aan jou fynheid.
6 Kommentare
-
-
Anze
Baie mooi Arnold ek hou van die herhaling
-
Koekekranka
welgedaan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis baie goed gedoen! goeie werk :-)