Jongste aktiwiteit:

EK KAN………in my TAAL!

Uniek is my taal. Afrikaans is my taal. Ek kan verduidelik, omskryf, besluit of verskoning vra in my taal. En as ek kwaad is, kan ek stry en vuur spoeg in my taal….donner, bliksem, wetter.

Ek kan liefhê en liefde uitdeel. Ek kan jammer kry en simpatie gee. Ek kan parmantig wees en afjak in my taal. Maar een ding wat ek nie in my taal kan doen nie, is stilstuipe pleeg. My taal is luid en jolig en voorbarig en uitgesproke. Voor op die wa en veelseggend. Maar nooit ooit stil nie.

Ek kan bid in my taal, soos Chris Chameleon. Ek kan smeek en belowe en protesteer en mooi vra en ooreenkoms sluit in my taal. Ek kan loof en prys en verhef, maar ek kan ook skel en verpletter en vernietig.

Ek kan Kalfie-wals en trippe-trappe-trone. Ek kan vastrap en sokkie-sokkie. Heng, ek kan selfs Rock in my taal, sê Karen Zoid. Gee my ’n bekfluitjie en ’n konsertina en ek kan opskop en balke-toe. Tiekiedraai! Alles in my taal.

Beter as enige iets anders, kan ek eet in my taal. Souskluitjies, melktert, boerbeskuit. Bobotie, koesisters en springbokbiltong. Lamsboud, boerewors, waterblommetjiebredie en kerrie skaapafval. Appelkooskonfyt, tamatiekonfyt en moskonfyt.

Om dit af te sluk in my taal, brandewyn, mampoer, bitterbessiesous of sommer net lekker sterk moerkoffie en plaasmelk.

My taal is my asemhaal, my menswees, my uniform. My siel se verstaan, lewe vir my gees. Afrikaans is my taal.




Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak