Jongste aktiwiteit:

EK SOEK JOU

Ek soek jou waar my asem oor grasvlaktes wandel
die leegheid wat vas ego teen niks
dis niks wat terug asemhaal
daar waar jou spore windverwaai vertel jy was daar

Ek soek jou in die woede van die branders
waar hul selfmoord teen die rotse pleeg
terwyl die see se stem
in sandkorrels wit skuimpie sy asem intrek

Ek soek jou in die bosveld
waar die wind sy asem ophou
terwyl die droë rivierloop my trane opslurp
terwyl die sonbesies ween oor my verlies
die kwêvoël haastig verkas
alles was lank gelede net nog ‘n dag
Bronsgradering




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed