Ek’s jou enigste ewebeeld.
Vasgevang in die weerkaatsing van die spieël,
ken ek jou, óf ken jy my?
Waar skuil jy ― waar ek ook wil vlug?
Dan vlug jy saam so getrou
Die snelle vlug waarheen nou?
Ek is jou getroue metgesel,
jou enigste ewebeeld.
Sou ek jou deur my eie oë kon aanskou,
ek is nie beeldskoon of aaklig!
So dra jy my mee waar jy draal, weet jy genoeg:
Wat God verenig, hoort saamgevoeg.
Al is jy beeldskoon en slank,
moenie dink dat jy my dood sal kry,
of my ondergeskikte gang,
op jou spoor sal stoor.
Al is ek ondergeskik,
ek hou die spoor,
al kan ek nie rigting hou!
Ken jy my nou, óf ken ek jou?
Het jy in die spieël gesien,
erken nou; jy ken my nou!
19/06/2014.
4 Kommentare
-
-
neels
Altyd n plesier om Arnold se werke te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie goed gedoen