Elke boom het sy eie bekoring.
Elke jaar-ring gelouter deur die jare,
elke boom het sy eie storie.
Elke jaar-ring troon oor sy eie tyd,
by elke boom staan ons gade.
Elke boom hoe ook al bekend,
is elke jaar-ring gebou uit liefde.
Elke jaar-ring vol vreugde en hoop,
elke boom kan boekdele beslaan.
Elke boom het ook sy eie tyd,
elke jaar-ring keer terug tot stof.
16/08/2015 om 20h01.
4 Kommentare
-
-
Anze
Ek is n boommens! glo elke mens moet tenminste 100 bome in sy/haar leeftyd plant. Mooi gedig Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Dit is so waar Arnold, elke boom het sy eie bekoring