Jongste aktiwiteit:

ELKE KIND IS SPESIAAL

Elke kindjie is spesiaal. Dan is daar spesiale behoefte kindertjies wat deur n arbeidsterapeut gediagnoseer is met n sindroom. Ek is die ouma van n pragtige seuntjie met “sensoriese verwerkings sindroom”.
Hoe hanteer n mens dit , waar kom hulp vandaan ?.
Eerstens leer en ken die siekte. Jou kind is n geskenk nie n probleem nie. Wanneer ouers n arbeidsterapeut sien en behandeling begin onthou jy is jou kind se veilige hawe en deel van die terapie. Wat is n sensoriese probleem, wel dit kan oor aktief of onderaktief wees en vat hande met ADHD en outisme. Dit is wanneer n kind alle klanke op dieselfde frekwensie hoor.
Ek kan myself net indink hoe traumaties dit moet wees. Hulle is gevoelig vir lawaai, en hul ogies is sensitief vir lig. Dis n neurologiese probleem.
Hoe hanteer mens iets waarmee jy nog nooit te doen gekry het nie , hoe verwerk mens hierdie skok ?
Volwassenes hanteer skok anders , maar moenie verwerping deel van jou daaglikse roetine maak nie. Kry hulpmiddels en as jy weet en ten volle ingelig is dan is dit vir jou kind ook maklik om te weet en te voel jy verstaan. As daar ouer of kleiner kinders in die huishouding is dan is dit belangrik om hul by aktiwiteite te betrek om ook te weet hoe hulle moet reageer en optree. Ken jou kind se sensoriese behoefte en stimuleer haar of hom daarvolgens.
Wat maak ons so uniek in n stukkende wêreld ?.
Dat ons liefde en geloof het, dit maak ons spesiaal.
Net omdat n kind anders is maak dit hom of haar nie gebreklik nie. Leer jou kinders om ander te respekteer en altyd te behandel soos hulle behandel wil word.
Ons almal het n plekkie in die son al het van ons meer aandag as ander nodig.
Ek gee vandag n gebed aan elke ouer wat n spesiale kindjie het. Jy mamma en pappa is spesiale mense wat baie liefhet mag my gebede elkeen bereik vir krag emmers vol geduld en liefde vir mekaar.
Onthou dit wat n mens uitdeel kom terug in meervoud.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed