Finland, o Finland
Verre land van ñ duisend mere,
jou naaldbosgeur sprei
uit die amandelpit van my tere
siel, haar ibis
vlerke hoog, hoog oop
ver bo jou yswitbere
se diep-duik-stiltes
en laag, laag
tot onder jou waterpriële
se reënboogvis.
En vannag, vannag my Lief,
so mooi in otterpels geklee
vanaf Helsinki die woude in,
sal jy my weer sag omhels
daar op die sagbeierslee;-
ja, as die agt blou-oog Huskies
opgewonde pas aangee
verby die loofboswoude
se sneeu-serene-tooi
na die halfbevrore toendra
waar groot kudde rendier
wit-glim-oë gooi.
En daar op die hoogste heuwel
as in akwamaryn verskyn die Noorderlig,
sal my hart van vooraf sneuwel
my hande koepelmaak om jou baardgesig,
sal ek na die geheime in jou oë soek
as ons soos houtvlotte wegdryf op die Paljanne-meer
wyl die hemel se robyne
alle boosheid van ons afweer.
Verre land van ñ duisend mere,
heilige land van die Noorderlig,
jou toendra en jou rendier
en jou yswitbere
as jy my Lief,
in saffierstroompies
oor my hart se wange
big.
©Elizabeth Greef
5 Kommentare
-
Anze
Ek staan stom-stil voor jou talent.. absoluut puik!!!
-
neels
wat n pragtige bskrywing van n verre land
-
Evelyn van der Merwe
Jou beskrywings en woordgebruik is uit die boonste rakke.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Jou hele gedig is net doodeenvoudig goed neergepen, ek hou hiervan.