Jongste aktiwiteit:

GEBREEKTE POP

Nes wit marmer lê ek  in n holte gebreek
die rou kreet wat jou moes stop
kom uit my siel die gebreekte pop
deur jou vingers het ek geval
nou smeek ek die doodsengel om my te kom haal
die bybel se vergewe nog n maal
Here ek het lankal ophou tel
ek is n ekskuus porseleinpop
dun geskaaf uit die vergifnis vaas
alles is versplinter gebreek
my siel se lig flikker dofweg
die krake word met my oë se dofheid gevul
wie gaan bid vir die gebreekte pop
wie sal die stukke bymekaarmaak
as die einas tussen teer en grondpaaie skipbreek lei
as vergifnis weghardloop om op grassade te rys taan ons elkeen by n kruispad nog n keuse om te vergewe of te haat

 

 

 

@loret Zwarts
Bronsgradering




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Jou gedig laat my aan die liedjie dink wat +- sê dat die krake in die kraffie laat die lig in. Dis altyd maar elkeen se eie waarnemings uitgangspunt né. Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses, so leer ons bymekaar; 1. In die opening reel sou ek siel vervang met “lê ek” die woord siel is so wyd en baie gebruik & om dit direk persoonlik te maak sal leser nouer betrek. 2. Die laaste reel verstaan ek miskien nie maar dit daar nie by nie. Laat hom weg

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed