Jongste aktiwiteit:

Gedreineer van jou lewenslus.

Niks is per toeval
wie sou dan die universum
se tafereel pittoresk kan skilder,
ʼn hoogstaande kunswerk.

Kwas en ʼn kan-vas
hees neurie jy ʼn jeremiade
gedreineer van jou lewenslus
is dit die masker van ʼn lang lewe.

Verblind deur etikette
wat ander en jyself om jou hang,
veg jy geïntimideerd
teen trane van mislukkings.

Tog het jy al die kleure van die reënboog.
Staan op uit die stof van kleure
met ʼn gevoel van stabiliteit
daarin lê die kuns om te leer.

Wees heilig in jou wese.
Vertrou op God
en ʼn geïnspireerde “Ek,”
Die toekoms is tog kleurvol.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed