Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: GEE VIR MY JOU HALLO

Deur Acousticsmile
Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 Aantal woorde: 172 1302 Kere gelees 18

Gee vir my jou hallo Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Reg # C3243700
(Soms wil jy hê dat iemand moet bly, tog moet hy of sy gaan.) (Capo on fret 1)

Gee vir my jou hallo
Hou eers jou totsiens
Sê vir my weer hallo
Wie hou dan van koebaai

Waar is dan jou hallo
Watter deuntjie hoor ek draai
Hoekom hierdie stilte
Waar’s die sin in ons verhaal

Bly hier met jou hallo
Onder Afrika se blou
Maar ek hoor net koebaai
Want jou tassie is gelaai

British Airways vat jou vêr
Daarom hallo jy nie nou
Sê vir my weer hallo
As dit moontlik is vir jou
Hier is ook my hallo
Gee dit altyd net vir jou

Laat die liefde wat jou hart bewaar
Jou drome nooit verlaat
Jou hallo nooit weglaat
Jou drome nooit verlaat
Jou hallo nooit ongedaan maak
Gee vir my jou hallo 

Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Registration # C3243700




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Evelyn van der Merwe

    14 Maart 2016

    Kragtige intro. Goed gepen.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 3
Kommentaar telling: 2

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 373 gaste aanlyn

Bydraes – Argief