Geheue-vlaktes
Geheue-vlaktes
*
Oor ses duisend jaar op dor-geheue-vlaktes
word gestreef na vooruitgang sonder grense
alles word getoets en beproef deur tyd
opgebou tot ʼn goud stad van geen gelyke
¨
wilde idees bly aan die beweeg oor tyd
gewis, alles wat bewe loer na die dood
tog, is daar iets sporadies verbasend
in ʼn mensgemaakte lewenswoestyn
¨
leeg, ongasvry … sonder mense…
ʼn worstelstryd tussen leef en dood
as dit is hoe die lewe om my ontluik
kan dit bloei met kleurlose harmonie
¨
baie leef in die weë van dogmas
met ʼn waarheidsin sonder waarheid.
*
©Arnold
11 Des. 2023 om 7:45
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek