Geknakte siel Silwer Mei Projek
swart satyn en silwer blom
die Here weet, sy is lief vir hom!
Met galgegrap
haar hart vertrap –
die silwerblom se steel is krom
silwerblom en gekraakte vaas
die lewe is soos venstergaas
dowwe oë wat aanhou glo
die gekraakte vaas…
sê sy is dwaas.
dowwe satyn en gedroogte blom
DIE HERE WEET – Hoe haat sy hom!
Hart verhard
vrou verward
die gedroogte blom…
se siel is stom
2 Kommentare
-
Elizabeth
Wow, ongelooflik mooi Amanda!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek