
GELOOF WAT JY INASEM
Ons is hier. In die skaduwees van gister staan ons vandag weer hier om hoop te gee aan elke sekonde van vandag.
Hoeveel gebede lê vanoggend tussen jou hande toegevou terwyl jy haastig skarrel in die asem van nog n maandag ?.
Hoeveel kragwoorde ontsnap jou lippe om die dag te begin ?.
Ons is net mens , swakkeling wat alles nou dadelik wil hê. Dis vat, maar nie gee nie. n Eenrigting straat, doodloopstraat. Eers dan wil ons die knieë laat knak in gebed.
“Here, hoekom dan nou. Hoekom
ek ?”.
Skielike hoekoms geen belydenis nie. Jy soek empatie, simpatie. Hoekom is niemand daar vir my nie ?.
Maar net n mens met sy eie egosentriese self. Die lewe gaan nie net oor jou nie my maat. Jy is net n klein spikkeltjie wat deel uitmaak van iets baie groot en dit is die skepping.
Jy moet herkonnekteer, jy moet in die ry kom waar jy bely en jou lewe neerlê voor Hom om jou te gebruik al is jy nerfaf, doof of stom.
Dis wanneer jy inspireer wanneer jy glimlag in trane want jy sal weet dit wie jy is, is net genade . Dit wat jy is, is net geleen. Ons lewe in n tent woning in geleende tyd hoekom wil jy jou eie tent afbreek as jy vir iemand huisvesting kan gee ?.
Deel jou daaglikse brood en jy sal dubbel geseën word. Glo net. Jy weet geloof is n moeilike ding want jy sien dit as iets waaraan jy glo. Eintlik is geloof n werkwoord nes liefde en dit is iets wat jy lewe wat jy inasem. Geloof is n belewenis, geloof is my bestaan my leefstyl .
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.