Gemaak vir drome en aanpassings.
Ek’s geskape met bloed en gees,
soos die oseaan van soutwater en koraalrif.
Ek’s geskape met romp en ledemate,
soos ‘n hawe met klotsende waters en klippe.
Ek’s geskape met gloed en moed,
soos ʼn donderstorm wat blits en woed.
Ek’s geskape met rede en sin,
soos ʼn rivier met stroomversnellings en oewers.
Ek’s ʼn digter met leemtes,
gemaak vir drome en aanpassings.
4 Kommentare
-
-
neels
Dit is pragtig Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hoe mooi beskryf jy nie die digtersiel hier nie.. Pragtig!